Vrydag 9 Oktober 09
Goeiedag allemaal, familie en vriende!!!
Net so ‘n rukkie terug vanmy geestelike byeenkoms met 3 ander Suid Afrikaanse vroue, Dit was my tweede bywoning ,en soos die vorige keer ‘n wonderlike ervaring. Weereens nog ‘n mede verpleegster ontmoet wie se man vir Midoc werk en nou hul 6 weke hier in Ierland deurbring.
Hulle woon In Irene, en vanoggend se trietsige weer het haar byna onder gekry maar gelukkig en ek hoop dat dit die geval is ,is sy terug Mullingar toe op ‘n meer positiewe noot!
Ons kan regtig nie kla nie die weer was sedert September wonderlik, ‘n pragtige herfs, sonnige dae blou lug en min wind. Daar moet ook dae wees wat dit reen ander sraak die boere op ‘n ander manier benoud. As dit teveel reen kan hul nie die oes inbring nie en alles vrot op die land en aan die ander kant as die son te lank skyn word dit weer te droog.
Gister of eergisteraand was daar ‘n program wat wys hoe die boere hier in Ierland hulle kontant oeste terugploeg in die land in want die pryse is so swak en die die groot super market betaal minder vir ingevoerde groente as om hul eie produk te koop. Melk word by die gellings in dreine afgegooi en seldery, ens word weer teruggeploeg!
Eintlik het ons heelwat beleef die afgelope week. Sondag was Rustig en die preke uit Jona wonderlik insiggewend! Gedurende die middag het ons Victor Mee ,die antieke veiling naby Belturbet gaan gesigtig. Sy plek was stampvol byna moeilik omtebeweeg maar in die ‘bargain corner’ was daar ‘n heel party stukkies van waarde as die prys reg is!
Met ‘n lee yskas en niks op die land nie moes ons eers Maandag gaan inkopies doen, Die gras was lank en net na ete het die gras die snyer geproe , dit het vinnig gegaan want dit was droog en en daar is nie meer so baie groei in die gras oor as toe die dae lank was nie. Teen ½ 5 is ons hier weg,veiling toe.
Nadat ons suksesvol op 6 items gebie het is ons uit en weer op pad terug huis toe. Die pad was rustig en ons het sonder moeite die rit afgele. Heerlik in ons eie bed geslaap en Dinsdag moes die organisasie vir transport begin. Koerant nader getrek en gou vir Jonny’s Express Transport gekry wat toe blyk ‘n swart man van Ghana te wees. Hy stop toe hier , laai Barry op en teen 2nm was al die verkope hier. Vroeer die oggend het Barney wat ‘n ou 97 kar en sleepwa het die antike grassnyer by Gowna gaan haal die plek was gesluit en die yskas binne maar hulle kon darem die snyer laai.
Nadat alles goed besigtig is en waardeer is , het ‘n rustigheid oor Barry gekom en hy het nou genoeg om hom besig te hou vir die winter maande.
Woensdagoggend ons eerste ryp -2, maar ‘n pragtige blou lug windlose dag en ons besluit om BAllinasloe toe te ry. Naby Westport aan die weskus. Waar die wereld se grootste ‘Horse Fair’ jaarliks plaas vind, Gedeelte van die pad is ‘n pragtige motorweg en gaan vinig maar die res is maar gewoon, kronkel paaidjies en hier en daar ‘n stukkie plesier tussenin. Die natuurskoon ,herfs kleure orals en baie blare as roesbruin tapyte! Maar daargekom .kon jy sien daar moes perde gewees het maar ons sien niks dag toe ons is te vroeg en sal maar iewers ander ‘n draai gaan gooi . Ry toe Birr toe en gaan kyk na ‘n ander antieke veiling wat komende Saterdag plaas vind, net omte sien , en om tyd teverwyl.
Nou nie die mooiste dorp nie en effe deurmekaar met geen straat name nie en jy moet wonder en vra , anders loop jy in sirkels.
Het baie beter verwag na aanleiding van die advertensie in die koerant maar sienende dat Barry iets weet van Antieke meubels , het ons niejuis opgewonde gewees oor wat ons besigitg het nie en ry toe terug Ballinasloe toe om die perde te gaan besigitig!
Baie honger teen die tyd ,word ons verwen met ‘n Ierse bord kos teen goeie prys en laat die kar waar hy is en stap na die ‘Fair’ terrein, maar steeds geen paard in sig nie..ons drentel toe so bietjie rond en besef dat daar niks gaan gebeur nie in elke geval nie Woensdag nie en neem toe teen 4nm weer die pad terug. Andersoort landskap baie plat met min bome, klip muurtjies as heinings en min plantegroei naby die pad! Gras nog steeds groen!Wonder nou maar oor die ‘Fair’ seker net Saterdag en Sondag!!!!
OOOooooo!!!!!!!!!!!!!! Maar dis lekker om na ‘n lang dag in jou eie bed te slaap!
Gister was ontspan dag en vroeg vroeg is ons werkswinkel toe om die ou gras snyer uitmekaar te haal. Die ding is nou soort van regtig oud en het net die rimme van die oorspronklike wiele oor en die laaste eienaar het 2 gewone wiele met ‘n ekstra wieldrom aan die ou wiele vasgeskroef. Dit was alles geroes en het brute vors gesoek omte beweeg maar ek is trots om te se dat om ½ 2 vandag was alles uitmekaar. Moet ook se Barry het die spul goed gedous met olie voor ons begin het om dinge effe safter te maak! Ou enjintjie en al. Nou begin die hertsel werk en soek na onderdele uit die vorige 2 eeue!
Ek werk die naweek en was reeds meegedeel dat ek my pasient in die ouetehuis gedeelte sal oppas, en dit meen dat ek dubbele diens doen, gee glad nie om nie want dan vlieg die nag!Dit gaan maar vrot en ek het soveel oortyd date k volgende week die heel week af is, soos verlof!!!!
Sal nou Sondag se orgel speel vir die eerste keer in 18 maande mis en ook die erediens.
Nou ja verjaardae in my boek is Hildegard die 12de reeds genoem verlede week en Jaco(Jhb) die 14de. Ek sal wel vir Jaco ‘n kaartjie epos!
Dit was heerlik om van almal te hoor Zambie, Nottingham, Hoedspruit, Nine, Haya en natuurlikk die gereelde skrywe uit Kanada en Exeter ens ...Baie dankie vir die lekker lees!
Ek groet en hoop dat die wat eksamen voorbereiding doen en die wat reeds begin skryf het hulle goed van hul taak sal kwyt. Lees die vraag versigtig deur en maak seker dat jy weet wat julle vra!!!!
Vir die wat gereed maak om te trou alles van die beste met die voorgereidings!
Ry asb veilig, sluit die deure, wees altyd op jul hoede.
Mag daar reen val waar dit droog is en ek hoop die Jakarandas lyk mooi!
Goeie oeste vir die boere!!!!
Opregte groete vanuit Cranleymore!
Barry&Christina(Stieneke) ens..............
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment