Saturday, December 19, 2009

Winter groete uit Ierland

Saterdag 19 Desember 2009


Goeie dag familie en vriende!
Vandag blaas ons nie wasem nie want dit het van -2 reeds na 3 grade gestyg. Daar was selfs a lagie sneeu op die grond en gras vanmore! Gister was ‘n ander storie, 10vm temperatuur was -6 alles was gevries, alle pype, die tuinslang het nooit ontdooi nie en Barry moes met ‘n emmer water uit die huis na die ganse bring! Teen 3nm was die temp -2 en die ys het nog net so dig op die gras gele as vroeer in die oggend. Die son het geskyn maar met bitter min effek op die Ierse aarde.
Dit wil voorkom asof die Copenhagen storie nie ‘n sukses was nie alhoewel die meer gegoede lande hard prober het om Afrika op hul kniee te kry. Hulle weet ook maar min van hordes kontrole, want daar was sommige dae chaos!
Ek is nog steeds tuis maar nou voel ek nie so sleg daaroor nie want die hospital het gister vir die Kers en Nuwe Jaar toegemaak! Net die oue te huis is oop!
Die werk word ook bybetaal deur die welsyn sodat ek ‘vol’ salaries ontvang , dit is nou met 18% minder as verlede jaar die tyd! Ons is dankbaar dat ek ‘n werk het en al is die inkomste drasties gesny hou ons kop bo water en ons is dankbaar vir al die seёninge wat ons Hemelse Vader oor ons gebied!
Ek neem aan dat niemand werklik eposse lees die tyd van die jaar nie en dat almal veels te besig is met ander dinge. Dus sal ek die wat wel per ongeluk die komper aangeskakel het, nie verveel met ‘n elle lange brief nie!
Ons was 8 Suid Afrikaanse vroue wat Woensdag oggend tee gedrink het, dit was heerlik! Dit gons soos ons praat, elkeen het iets om te vertel en ander luister aandagtig!Die samesyn so, van jou eie mense ,is tog baie kosbaar!
Ons is byna by die langste nag en die kortse dag en dan is daar weer hoop!
Ek is terug op orrel diens by die kerk en sal more se diens waarneem, dit is ons Kersliedere diens en vir die heel eerste keer gaan die kindertjies ook sing!
Tee en koek word na die diens bedien en dan verkeer ons almal baie gesellig, die enigste tyd wat Barry kans kry om met ander mans te praat!
Ek het my eerste vrugte koek gebak en was maar skraps met suiker en botter ook bietjie met die eiers afgeskeep, dit was lekker maar effe droog, Gister het ek toe die 2de een gebak, moet die byna regte hoeveelheid van alles , suiker met die 1/2te verminder en die margarine/botter ook met die helfte en die keer smaak dit nou regtig lekker , ek het stukkie van die korsie geproe en is erg trots op myself! Om nie eletrisiteit te mors nie ek het ook ‘n growwe broodjie gebak wat ook baie goed smaak! Enig iemand wat gewig wil verloor hoef net op ‘n vet vrye diet te gaan , dit werk soos niks anders nie!!! Ek het nou 7kg in 1 maand verloor, Maar nou moet ek bieg ek eet net uit ‘n klein bordjie en niks wat soet is nie! Ek is nie honger nie en het ook nie ‘lus’ nie en dit help natuurlik baie ,ook doodsbenoud die pyn kom terug en ek weet nie of ek dit vir ‘n tweede keer sal oorleef nie!
Dis tog te lekker om briefies te ontvang en te hoor van almal se doen en late en ek hoop van harte dat Hessie ons iets sal laat weet van die Attie se troue!!! en ook dat daar tog sommiges is, wat die briefie sal lees.
Verjaardae in my boekie is maar min, Paul en Jacob verjaar die 24ste Desember en gister het Oubaas en Gerda se Helene verjaar! op dieselfde dag as wat Oupa Gerrie se verjaardag altyd was.Ons beste wense word gestuur vir ‘n pragtige dag en God’s seen vir die jaar wat voorle!
Baie spesiale wense aan onse Tante Poppie ! ek het ‘n pragtige foto van haar ontvang en sy lyk nog besonder goed!

MAG HIERDIE KERSFEES ‘N TYD VAN GROOT VREUGDE WEES VIR ALMAL WAT JESUS CHRISTUS AS HUL VERLOSSER AANVAAR HET! MAG ‘HY’ JULLE RYKLIK SEёN IN DIE NUWE JAAR EN JULLE BEHOED EN BEWAAR!
Ek groet vanuit ‘n Cranleymore,’n lekker wintersdag met helder sonskyn en blou lug.
Barry en Christina(Stien....)

No comments: