Saturday, March 19, 2011

Lente groete uit Ierland!

19 Maart’11

Goeie dag allemaal, familie en vriende,
Veels Geluk aan Arnolda met haar verjaardag! Hoop dit is ‘n pragtige lente dag is vir jou! Dat al die kinders in kontak sal wees en dan jy ‘n pragtige bos blomme van jou wederhelfte gekry het!
Ons is ten minste 2-3 weke agter England met bloeisels en blomme! Die affodille begin mooi lyk maar van die 200 blom net omtrent 25! Daar is nog geen kersie bloeisels nie en gewoonlik is die bome oortrek teen hierdie tyd!
Ek skryf nou jare-6 in al die temperature van elke dag en die weersomstandighede neer en in vergelyking met verlede jaar is ons tenminste 3 weke agter!!!! In 2005 was dit so warm 15 grade dat ons daardie dag met T-hempde en kortbroeke buite in die tuin was! Gelukkig skyn die son vandag –daar is net ‘n ligte suidelike briesie en die lug is helder blou! Die sneeu van verlede Saterdag iets van die verlede!
Ons loop ten minste 2x elke dag deur die tuin en bewonder die ontwaking van die natuur,die wilde pruim boom begin blom,pink en wit en sal seker eersdaags oortrek wees, die appel en peerbome behoort ook gedurende die week hulle bloeisels te vertoon! Het nie gedink die appelbome sal die ontbarking oorleef nie, die ganse het die bark heerlik gevind en sover as wat hulle nekke kon strek, dit verwyder!
Vanoggend hoor Barry die gekwetter van voëls in sy nuwe skuur en eers dag hy dit dit ‘jackdows’ was maar met nadere ondersoek vind hy 2 spreeue wat nes net onder die sinkplaat teen die muur gemaak het – ek dink hulle sal daar wees tot die kleintjies uitgebroei is en ons sal maar verlief moet neem! Ek is nou nie mal oor die spreeue nie alhoewel hulle pragtige kleure in die somer het!. Ons het opgehou om die voëls grondboontjies te voer – ons doen dit vir die koudste maande van die jaar en het self die jaar dit tot in die 2 de week van Maart gedoen – maar nou is dit op ‘n einde en die voeltjies moet nou hul eie kos soek!.Hulle kry darem nog elke dag hulle hawermout!
Ons besoekende katte kry my elke keer aan die bekommer kant ,veral die ‘Tabby ‘ kat, ‘n groot grys kat met ekstra groen oë, hy het so ‘n paar weke gelede erg mank geloop maar met sy laaste besoek het hy heel flink op al 4 pote gehardloop! Ons weet nie of hy aan iemand behoort nie en of hulle hom soms toe hou nie – maar hy was verlede week gladnie op besoek nie maar het uiteindelik Donderaand rustig gewag vir sy kos!
Ons het ook ‘n kitpikswart kat met ‘n klein wit kolletjie op sy bors wat kom kuier , ons dink hy behoort wel aan iemand want hy is nie so wild nie- maar as die 2 katte tegerlyk by die kos opdaag is die kattetaal en houding van albei katte onbeskryflik interesant- hulle bleik albei bang vir mekaar te wees en trek hul sterte ver onder hulle in die hare op die rif van hul rug staan pennetjie orent en hul ore lê effe platgetrek en hulle draai hulle koppe weg vanmekaar! Uiteindelik gee een dan op en hardloop weg en die ander verlustig hom in die kos! Ons hou hulle maklik dop vanuit die kombuis venster- en die muurtjie waar die kos dan geplaas word. dit is net 3 meter weg! Ek bring weggooi kos van die hospitaal af as ek die nag werk maar anders kry hulle die oorskiet van die hoender en soms net ‘n bakkie melk! Ons koop wel ten duurste geblikte Tuna vis as ons voel dat hulle bietjie afgeskeep lyk! Baie bevoorregte katte en hulle is nie eers ons sin nie!
Ek het min gewerk die afgelope 2 weke. Verlede week moes ek Saterdag en Sondag werk maar Sondag was die Hospitaal toe en my nag gekansseleer- ek was eitlik woedend want dit sou dubbel betaling gewees het maar aan die ander kant kon Finbarr en klein Lukas toe kom kuier en ons het ons kleinseun terdee geniet! Hy kruip vinniger as wat ons kan loop en is lief om die kaste in die kombuis uittepak – het ook ‘n groot liefde vir die wasmasjien’ weet presies hoe om die deur daarvan oop en toe te maak! Die laai met die dinge in wat ‘n mens maar altyd in jou kombuis het het ook goed deurgeloop. Sy pa, wat toe al sedert Dinsdag na hom omsien het slaap deprewiteit gehad en ons het hom in die bed gestop en na meneer gekyk! Sy groot liefde vir die dag was ‘n enorme appel wat ons ‘n stukkie van afgesny het en hy dan plek kon kry om daardie 1 tand inte hak en lekker te smul! Hy eet alles op aarde en is baie lief vir broccolli en wortels- weet nie van soetgoed af nie want hy word erg organies groot gemaak! Hy loop byna en sal seker voor hy ‘n jaar oud is sy eerste stappies neem!
Hulle is weer huis toe nadat Finbarr ‘n goeie paar uur se slaap ingehaal het! Gelukkig is sy ma terug uit die Phillipines en hy straal en Finbarr kry weer tyd om sy werk te doen! En ook bietjie te slaap!
Ek het nooit kon dink dat hy so geduldig en verdraagsaam sou wees met ‘n kind nie! Wys jou nou net!
By die werk is dit stil want met al die vakansie dae tussen deur neem die Dr’s ook verlof en teater lyste is kort of gekanselleer! Die nuwe baas het ander idees as wat anders is as wat ons aan gewoond is en hy kry swaar om die Suidelike Iere te begryp- hy is self van Noord Ierland en het meer Engels in hom as Iers- en die Iere hou nie van verandering nie en hy krap elke nou en dan die wêreld totaal deurmekaar! Die verpleegsters het nie gehou van wat hy doen nie en het die Unie ingeroep nou is hy woedend—soos hulle sê ‘ My way or the High way!’ as jy nie hou van wat hy doen nie is daar altyd die deur! Ek bly rustug stil en doen wat hulle my beveel- ek het nie baie jare oor nie en wil net oorleef tot daardie dag wat hulle my hand skud en ek stap!
Ons het gister darem goeie nuus gekry- die kar sou gister 3nm arriveer. Dit is Ierland en hier word dinge anders gedoen! Ons moes 10 dae wag vir my nuwe kar want hulle ry net as die ‘car carrier’ vol is en nie voor die tyd nie en dis is nou maar jammer maar jy moet maar wag! Ons neem dus die nuwe kar 12md Maandag in ontvangs! Byna 2 weke na ons handgeskud het en ek alreeds die eerste paaiement van die kar wat ek nie het nie, betaal het!
Ek is erg bekommerd oor die veiligheid van die Eloff’s in Roodepoort en hoop van harte dat Gerhardus ekstra veiligheid kan aanbring wat nie baie kos nie maar wel effektief sal wees! Die swartmense praat seker gereeld met die honde as niemand tuis is nie en daarom ken die honde hulle en dit maak mens nog meer benoud!
Ons leef so veilig hier dat ons , ons nie kan indink hoe dit in SA moet voel nie- ons het al bietjie vergeet, ons is nou net meer as 6 jaar in ons eie huis en in ons 8ste jaar in Ierland!
Soos Gerlof se dit voel of ons al ‘n leeftyd hier is!
Môre is die beste dag van die week en dit is my beurt om die orrel te speel en op 10 April om 3nm het ons ‘n Sang diens ter inhuldiging van die orrel en ons nooi al wat leef en beef uit!- Stephen ons predikant is so begaafd en ek kan nie wag vir my sielskos nie! –
Op die politieke front het die nuwe regering hul stryd om die land uit sy ellende te red goed begin met ‘n besoek aan Amerika op St Patrick’s day om die pot Shamrock deur ons Taoiseach aan die president van VSA Barak te oorhandig!!!!
Hy kom nou glad op besoek in Mei en ons kry ook die Koningin van Engeland op besoek!!! Hoop dit doen iets vir die land as toerisme inkomste!
Japan se ellende is oorweldigend-en ons kan net elke dag op ons knieë gaan in dankbaarheid dat dit nie ons is nie!
3 Dinge wat hulle tegerlyk getref het en hulle hou nog moed!
Baie dankie vir al die briefies, wonder net wat by Hessie aangaan want haar posbus is vol en haar pos komterug. Wil jy nie maar ook ‘n GMAIL adres oopmaak wat dan sal verseker dat jy al ons pos kry nie!?. Retha het jy al ‘n ashoop gekry vir jou komputer- of hou nog aan regmaak? Mis jou?!
Ons is ook baie dankbaar dat Marthie Potgieter se ma weer tuis is en goed deur die groot operasie gekom het!
Nicholas wat die brein bloeding gehad kom ook goed aan, Hy word nog gou moeg en die vermoeë om te loop word elke dag beter! hy is vinnig aan die herstel en hoop om weer eersdaags terug tegaan skool toe!
Daar is geen verdere verjaardae op my lysie nie en as ek iemand nie geluk gewens het nie – jammer- hoop dat dit ‘n mooi dag was!
Ek groet vanuit Cranleymore waar ons weereens terug is in lente! sonder die sneeu!!!!
Liefde groete
Barry en Christina

No comments: