Saterdag 22 Okt’11
Goeie dag allemaal, Familie en vriende,
Dit is egte Ierse weer-en vir die wat dalk vergeet het, dit reën,ag... al vir dae lank maar dit beteken ook dat ons soggens met 8-10° wakker word. Dit is heerlik wanneer die son skyn maar jy bibber van die koue! ‘n paar oggende was dit 4° en dan weet jy daar is geen keer nie –die winter is hier! Die blaredos soos altyd, briljant in hul kleure van songeel tot warm roesbruin en dan die snaakste struik waarvan die stingels in die somer met blare oortrek is en groen is, staan kiertsregop nou sonder blare en skarlaken rooi,ongelooflik mooi ,al langs die pad van Mullingar na Edgeworthstown.
Omdat dit so eienaardig warm was die dae tussen in het die blomme en plante die klits kwyt- alles loop van vooraf uit en nou staan my stokroos te pragtig in sy pot en die pers dalias pryk met trots in hul ½ vaatjie! Die groente tuin lyk beter as in die somer want ek hoor dit is omdat die grond nou uiteindelik warm geword het,het maar lank gevat -ek moet sê- en ons hoop om hierdie pragtige blomkole , groen kole en brussels se spruite vir Kers op die tafel te hê.Weet nou nie so mooi van die kool vir Kers nie maar die ander twee defenitief.
Dis maar ‘n deurmekaar spul hier met die IMF wat gereeld besoek aflê,soms word ons opgebeur en ander kere raak ons erg depresief oor die land se geldelike verknorssing. Inwoners van ‘n blok woonstelle is deur die gesondheids en gevare raad uit hul gebou verban want die is so swak gebou dat daar enige oomblik ‘n vuur kan uitbreek. Die mense het die plekke gekoop en betaal verbande en nou sit hulle in ‘n hotel met kinders en al-plaas dat hulle dankbaar is dat hulle ‘n dak oor hulle koppe het murmereer hulle want hulle moet nou in die hotel bly wat alles moontlik doen om die kinders te akkomodeer en boonop hoef hulle nie eers te kook nie! Die gebou is nog nie 10 jaar oud nie en is op die randjie van duik! Geen bou-inspekteur het ooit die plek gesien toe die stene opgemaak geplaas is nie en later nog minder!’n produk van die Celtic Tiger!
...en dan natuurlik die President’s verkiesing wat meer na ‘n wasgoed draad lyk! Alles veral die vuil wasgoed is behoortlik
ten toongestel, eintlik baie sielig is.Die met ‘n bietjie integriteit
kry maar swaar!. Donderdag is die dag en dan moet jy ook nog ‘n kruisie trek om te sê hoe jy voel oor die howe en die regters- of hulle maar kan doen wat hulle wil wanneer hulle wil en hoe hulle wil of moet die regering die gesag oorneem! Dit gaan vrot soos dit is,en wat die referendum gaan meebring is duister!
Ons het gister ‘n heerlike ‘Brunch’ geniet saam met die SAfrikaanse vroue-sommige kon dit nie maak nie en julle was gewis gemis! Welkom ook aan Debbie wat ek vir die eerstekeer gister ontmoet het! Sy hanteer koekbakkery!!!
By die werk gaan dit rof verby- almal werk dat hulle tonge op die grond hang , betaling bly dieselfde en van voordele kan jy maar vergeet. Die nuwe ongevalle departement wat nie ‘ongelukke’ hanteer nie doen goed want elke ou mens wat nie kans sien om dae op ‘n trollie in die County hospitaal te lê nie kom nou na ons toe- hulle word dadelik deur die ongevalle dokter gesien,en verwys na of die internis of die kardioloog of na ‘n sjirurg toe, Cat scans word so gou moontlik gedoen en kankers word binne dae gediagnoseer met die nodige ondersoeke wat volg en biopsies wat weggestuur word!
Dit is moeilik om sjirurgiese pasiente en mediese gevalle met ‘n gemiddelde ouderdom van 80 jr saam te verpleeg!...maar met die Genade van Bo kom ons deur die nagte. Ek moes 6 nagte aaneen werk maar ek het erg stof( meer modder) opgeskop en nou werk ek 2 nagte 3x met ‘n nag af tussenin,dit help darem bietjie!
Die mees wonderlikste ding bebeur toe Donderdagaand Barry soos sy gewonnte skakel die buitelig aan om te sien of die jakkalsies al opgedaag het en wie sit toe daar onder die heining in die reën? Niemand anders as Professor nie! Hy is dadelik met groot vreugde verwelkom en het sommer ‘n blikkie Tuna vis gekry! Toe hy naderkom sien ons dat hy duidelik getrap was deur ‘n voertuig, sy linker agter poot is opgetrek en dit mag ‘n gebreekte heup wees! Hy is terug en kan oor die weg kom en ons is erg bly daaroor! Blackie –blink van al die heerlike kos wat hy nou die afgelope 3 weke alleen verorber het en die jakkalsies kom nou vroeg want die dae is mos nou baie korter as lankal toe hulle vir die eerste keer opgedaag het! Hulle jassies glinster in die lig!
Ons geniet ons dieretuin baie! Die voeltjies daag nou in troppe op en ons wag nog vir die groot maat grondboontjies 25kg sak want die kleiner hoeveelhede kos bitter duur! Hulle kry saadbolle en hawermout op die oomblik! As dit erg koud word gee ons ook kalkoen byvoeding! Hulle hou baie van die kalkoen/gans kos en dit kan enige iemand bekostig! 25kg @€11.
Verjaardae: Geen een op my lysie nie en as dit verkeerd is is dit nie my skuld nie! Lekker verjaar!aan almal! Ons dink ook baie spesiaal aan al die jong dames en jongmanne wat met hul eind-eksamens in SA begin- Matriek! Leer lekker en geniet dit!
Baie dankie vir die briefies en fotos van tiervisse en visarende! Veels geluk aan die Zambiërs! Haya en familie op die plaas- ek dink dit moet ‘n wonderlike ervaring wees! Trotse Ouma en Oupa wat gaan spog! Ons weet tog alles daarvan af! Nine wat so besig is , ek hoop jou bure en vriende waardeer jou bedagsaamheid!
Hessie ek dink julle moet Kongo toe trek daar is baie reën en goeie grond! Ek dank baie aan julle met die droogte en die son wat so ongenadiglik op julle neer skyn terwyl dit hier aaneen reën!
Nou ja ek rus van orgel speel môre maar sal die singkant ondersteun! Ons het ‘n besoekende predikant en sal gewis ons eie predikant baie mis!
Ook baie jammer oor die atlete wat vanmôre naby Midrand doodgery is! ‘n Ongeluk gebeur so gou! Wees tog altyd versigtig veral die wat vêr ente moet ry!
Hou jul deure gesluit en wees beraad!
Ons groet vanuit ‘n druipnat Cranleymore!
Liefde groete
Barry & Christina
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment