Sunday, July 21, 2013

Warm Ierse groete

Sondag 21 Julie 13 Goeie dag aan almal, Familie en vriende, Vandag is bewolkd seker omdat ons eergister amptelik as ‘n ‘droogte’ gebied verklaar is! Volgens Ierse weerburo standaarde moet daar reen elke 15 dae val en sou dit nie gebeur nie dan heers daar ‘n tyd van droogte! Intussen floreer ons en geniet elke oomblik van sonskyn, hitte en blou hemel! Ons het S O M E R! Ons was laas warm in 2006 sedertdien was daar miskien ‘n paar dae wanneer die son geskyn het maar hierdie weelde van sonskyn as jy opstaan tot jy gaan slaap is briljant! Die dae word egter nou vinnig korter en die lang aande krimp! Alles het ingehaal na die lang winter en het opgemaak in groei en ruigheid! Ons moes vir die 2de keer die heining buite sny want ek kon nie die aankomende verkeer sien as ek by die hek wag nie! Die tuin staan groen, geel en pink, baie vrolik en die pronkertjies het begin blom en lyk pragtig! Die rose is besonder mooi en soms kan ek hulle ruik wat verruklik is! Ongelukkig is daar ‘n baie onaangename ‘klank’ wat bly hang nadat die yslike groot vragmotor met karkasse hier verby gery het en die stank klou aan die klein haartjies in jou neus vas vir ure! Gelukkig gebeur dit net so elke 3de dag! Ons neem ontvangs van Patches en Spottie Dinsdag en ons sien baie daarna uit om weer ‘n dietrjie of 2 in die huis te hê. Die klomp wilde katte wat nou aangegroei het tot 3 sal moet plek maak vir die 2 wat kom! Jet is al baie mak en parmantig- Stompie is nog baie skrikkerig en die ander wilde kat ‘n grote kat kom net nou en dan ek dink dit is die ma van al die ander hulle lyk op ‘n druppel soos elkander. Die voeltjies is pragtig en al die swaeltjies is reeds besig om vet te word vir die vlug terug! Een verdwaalde swaeltjie sit op die draad sonder maat en ons voel jammer vir hom- weet nie waar sy familie is nie! Die Aborsie besigheid het maar ‘n bitter smaak in baie mense se monde gelaat om verskeie redes en as ek moes stem was dit ‘n defenetiewe ‘NEE’ Al die ellendes in die Ooste en die lewensverlies is ‘n groot jammerte- In Ezekiel lees ons van God se wraak teenoor Sy mense wat hom verlaat het en mens wonder of daardie wraak nog steeds aan die gang is? ‘n Mens sou dink dat die mense van die land meer versigtig sou wees wanneer dit by water kom maar ons het meer sterftes sedert die warm weer begin het van verdrinkings as motor ongelukke, moorde of kanker. Elke dag hoor ons van ‘n jong persoon wat of in die see in die moeilikheid geraak het of ‘n kwarrie gat wat swemmers eis! Riviere met strome is net so gevaarlik en die ellende is alkohol speel so ‘n groot rol in al die verdrinkings! Die groente tuin is ‘n plesier en ons eet al die afglope 3 weke ons eie aartappels- uie en die ertjies groei wild! Ons appels het begin val van die hitte en die druiwe stok floreer met 20 trossies aan! Die tamatie plante staan soos reuse bome langs die skuur en ons hoop dat die tamaties net so weling gaan wees. Barry is vasgenaal voor die TV met die Britse ‘OPE’ die enigste tyd van die jaar wat hy hom so rustig gedra! Ons predikant is met vakansie en besoekende predikers kry ‘n kans –so vér so goed- die man wat my tot in die murg van my bene gegrief het is uitgelaat hierdie jaar nadat ek opjeksie gemaak het- Volgende Sondag het ons ‘n SA predikant Rassie Erasmus en die hele SA gemeenskap sal seker opdaag om te luister! Ek het die voorreg gehad om die orrel te speel en het met groot vreugde die Here geloof vir sy goedheid! By die werk gaan dit beroert! Meeste van die Dr’s is met verlof en inkomstes is laag, ons CEO het Tiroiied kanker en is gladnie gesond nie- hy weier ergter om vir Chemo behandeling te gaan – hoekom weet ons nie maar ons het nou ‘n –Co Owner en ek glo dat die hospitaal weer eendag op sy voete sal kom! Ek het presies 30 dae oor voor ek veronderstel is om te stap maar ek is ook die enigste een wat altyd gereed is om uittehelp –dus wonder ons of hulle my tog as ekstra sal aanhou en sal roep as die nood hoog is.Vind Donderdag uit as ek met die HR hoof ‘n afspraak het! Ek het my Pensioen brief gekry en omdat ek 4 mnde te laat was ( moes voor my 55ste jaar begin PRSI betaal het) kwalifiseer ek nie vir die ‘Contributory’ pensioen nie maar sal wel iets kry en hopelik sal Barry ook nou kwalifiseer-Die Here was nog altyd goed en ek glo dat ons wel ‘n goeie aftrede sal kan handhaaf! Ek moet uitvind van pensioen in SA! Die klein kinders is pragtig en Eli groei soos ‘n koolkop! Lukas gaan Sept voorskoolse klas toe sal dan 5 dae van die week ‘skool’ toe gaan! Ongelooflik! Verjaardae!Ons onthou Tant Poppie op die23ste en Werner wat gister sou verjaar het>Leandri Du Toit verjaar vandag,Herrie Cooper die 24ste,Oubaas die 26ste Veels Geluk aan julle almal! Ons dra gereeld vir Attie aan die Here op vir volkome herstel , ook vir Hester vir genade , moed en volharding! Ons dink ook aan Hennie en aan almal wat siek is, Brandon wat weer ‘n probeer kans geklry het en vir Nanette vir krag en geloof! Vir die wat uitsien na hul SA besoek –geniet dit en wees tog baie versigtig op die paaie! Vir die wat tuis bly wees altyd gereed vir die gevaar wat om die hoek skuil – ry versigtig en hou veiligheid bo-aan jul lysie! Ons groet vanuit ‘n heerlike warm Ierland! Barry & Christina

No comments: