Saturday, September 7, 2013

Nat herfs groete

7 September 2013 Goeie dag allemaal, familie en vriende! ...en toe kom die herfs en winter sommer tegerlykertyd hier aan! Bibber skoon van die koue- gister het die son nog geskyn al was daar ‘n koue wind maar vandag reen dit sedert ons ons oë oopgemaak het en dit is 8° om 4nm. Gister was daar grond ryp orals –karre se vensters toege-ys! Ook net terug na ‘n uitstappie na Old Castle om ‘n veiling te gaan besien, Isabel sal weet waar dit is! Die pad is soos ‘n feeland -jy ry deur lang tonnels van ruig plante groei jy moet jou ligte op vol aansit! Ongelooflik mooi! Die plaas waar die veiling gehou word was ‘n perde plaas, met ry-skool en Gymkana afdeling baie oulik maar met die Celtic Tiger ellende het almal bo hul vuurmaak plek geleef en ons dink hulle het hul vlerke geskroei in die proses. Daar is seker nog 30 perde wat ons kon tel wat oor die groen heuwels loop- die stal geriewe was buitegewoon modern vir die baie ou plaashuis wat uit die laat 18de eeu dateer. Hulle het nuwe ‘double glaze’ vensters ingesit en ‘n verwarming stelsel wat nie van te vore in die huis was nie en alles het natuurlik baie gekos en nou word alles verkoop! 3 Verdieping huis met baie styl trappe na bo- ek met my flenter heup spiere en knie moes elke trappie afsonderlik klim !Pragtige antieke meubels- jy weet natuurlik dat die ‘auctioneer’ sommige goed van sy winkel ingebring het veral as daar geen tkekens op die mat is dat dit al jare daar staan nie!Nietemin pratige silver,baie boeke wat in die museum hoort , oulike goed tussendeur, duur goed, en vele ander- Barry het alles goed deurgekyk en ons sal binne ½ uur weet of dit ‘n goeie veiling is of nie! 2nm môre middag! Intussen is ek nou ingeteken op die lewende register van ‘nie-werkende’ Iere en sal vanaf Woensdag my eerste betaling oor die toonbank in die poskantoor ontvang! Barry sal ook nou uiteindelik sy pensieon kry na 10 jaar van baklei! Ek geniet nog die gevoel van ‘met verlof wees’ weet nie hoe lank dit aan hou nie maar ons is vir een of ander rede vreeslik besig- loodgieter werk, tuin werk , katte versorgers,en natuurlik probeer ek die huis skoon hou maar sodra ek alles’ spick & span’ het dan loop meneer met sy stewels vol sopnat gras die huis in – ten spyte van die matjie voor die deur en binne die deur – Die simpel stewels met die groewe hou die nat gras terug as jy jou voete afvee en na ‘n rukkie word dit droog en val af in die huis en oral op die mat! Maar ek het mos nou baie tyd – kan die huis nou paar maal ‘n week skoon maak!. Die ellende in Syrie laat jou maag kramp en arme Obama wat so hard probeer om mense te oorreed om einde aan die spul te bring word nou versmoor! Hier by ons is die spul Iere terug in hul banke in die Dial Eiran.?(met strepies oral) G’n mens weet wat gaan word nie want die gene wat die land in ellende gedompel het loop nog steeds buite rond en spog met wat hulle reggekry het en hoe dit nou met hulle in die buiteland gaan – hulle het gevlug toe dit te warm hier geraak het! Intussen ploeter ons maar steeds voort – Pa Gerrie het altyd gesê mense sonder kroontjies het geen ‘common sense’ nie maar hierdie spul Iere het baie kroontjies maar van logika is daar geen sprake! Kan ontmoontlik nie ‘n probleem uitdink nie –as dit nie in die boek is nie – dan is dit uit! Van plan maak weet hulle niks! Ons katkinders moes inderhaas nuwe huisvesting kry toe dit so skielik gisteraand om 6.30 begin reen het- Hulle skuil toe die hele nag onder die kar- maar dis darem nou nie plek vir die winter nie- hulle plekkie tussen die plante was nie beskut genoeg nie en hulle was maar goed nat vanmore! Hier kom die plan maker toe= ‘n stukl van die turf skuur se deur word afgesaag sodat dit net groot genoeg is vir hulle om in en uittekruip. Hul mandjie veilig in die beskutte skuur met hul kos en water-! Ons is weg en met ons terugkoms wonder ons waar is die katte dan! Vas aandie slaap in hul nuwe bly plek baie gelukkig! Hulle het self, nadat ons weg is hul pad gevind na hitte en kos! Die kleiner kat Patches is baie brutaal en jaag Jet die swart kat met lang hale die gronde uit tot ver in Jimmy se veld- te oulik om te sien hoe die klein katte hul woon area beskerm- Die Jet kat bly net weg tot hy sien hulle het gaan slaap dan sluip hy maar weet nader en kom eet die ander kos wat ons uitsit, baie skelpies en erg op sy hoede! Ons 2 katte is mal oor ‘n stukkie brood met botter op –eet die korsies en al! Ons blomtuin lyk nog baie goed met pragtige swaard-lelies en allerhande kleure leeubekkies , en ons wag dat die krisante gaan begin blom! Pragtige begonias diep rooi pink en wit –dit laat my so baie aan my pa en die tuinhuise dink waar hy sy veredelings werk gedoen het! Die groete tuin is leeg en omgedolwe- ons eie kunsmis is nou reg vir deurwerk en dit is volgende op die lysie van dinge wat gedoen moet word. 2 weke het verby gegaan waarin ons nie die gras gesny het nie en Donderdag was dit harde werk 6 kruiwaens vol gras na die kunsmis hoop! Ek het vry gespring want ek sit toe en wag in die welsyns kantore om gefotografeer te word vir my kaart! Verjaardae! Finbarr verjaar Vrydag die 13de en Ron Starnes , Jennifer de Lange, en Gwynneth Stapels almal die 14de! Veels Geluk en mag daar nog menige mooi dae vir jul almal voorlê! Baie baie dankie aan almal wat briefies geskryf het- Arnolda, Nine Hessie en Haya- O ek geniet dit so om van julle te hoor- Joy in Brisbane, Nanette, Karen, Marjorie, Isabel, Gerlof, Sue wat briljant gedoen het met haar sang . Ons dink ook aan almal wat nie gesond is nie Dr Wessel Herbst- hoop van harte dat dit al beter begin gaan! Rina sy vrou, Cilna se pa wat by haar woon, Brandon en Nanette en baie speisaal aan Attie, mag hierdie herstel periode baie dinge vir jou duidelik maak en mag jy geduld en deursettingsvermoë van Bo ontvang! As daar nog mense is wat nie gesond is nie , ons bid en hoop dat julle almal wel gesond of beter sal word! Hoop ook Devlin is weer op die been na sy operasie – dink ook baie spesiaal aan Jaco in Roodepoort! Ons gedagtes bly by Broer Mendel – gister was die teraarde bestelling van oorlede skoonsus Anke en ons dra hom baie spesiaal aan die genade van ons hemelse Vader op! Het met die klein kinders geSKYPE en soos altyd was dit‘n belewenis! Lukas het amptelik die week sy eerste dag in ‘Pre-School’ gehad en ‘n pragtige sertifikaat gekry! Eli groei soos ‘n koolkop! Pragtige kinders! Fluit-fluit my sorie is uit! Wees altyd versigtig- onthou die gek om die hoek, sluit julle deure en wees altyd gereed vir die onverwagte! Sop nat groete van Cranleymore Barry & Christina

No comments: