Saturday, May 3, 2014
Bewolkte nat groete
Saterdag 2 Mei 2014
Goeie dag allemaal, Familie en vriende,
Hier gaan dit goed- dit reen nie( dit wat in die begin van die brief-daar val nou wel ‘n sagte bui reen!) en die wind waai nie en temperatuur van more was 9 en het nou gestyg tot 12℃ Ongelukkig is die son verdoesel agter massas wolke wat dik en wollerig nie baie hoog bo ons koppe rond dryf nie!
Ons is tevrede en die boere glimlag- hier is die boere ‘n groot hap van die bevolking want natuurlik woon ons in die middel van die eiland en is omring deur boere klein en groot –vet en maer,gierig , ander ryk en ander arm!
Ons tuin – die affodille is klaar geblom en ons wag nou dat die blare bruin word voor ons met die grassnyer korte miete van hulle gaan maak tot volgende jaar! Die tulpe lyk nog goed alhoewel die reen van die afgelope week hulle bietjie geteister het. Die aartappels en ertjies staan goed hoog- die is nou Duitse ertjies want ons het hulle by LIDL gekoop en instruksies was in Duits, Hollands en Engels
Die blom saadtjie was ons by die hardeware winkel gekoop het was alles net stof- Gelukkig het ons verlede jaar goed sade ge-oes en die staan nou mooi reg vir uitplant Ons weet nie wat dit is nie want Barry het nie ‘n naam plaatjie ingesteek nie dus is dit iets om na uit te sien!
Die gras was nou reeds 3x gensy en elke keer word dit makliker want dit het nou die regte hoogte en die onderveld lyk ook goed- Ons het verlede week, toe die wind oos-wes gewaai het die hoop takke in die middel van die veld gebrand nadat ons seker gemaak het daar is geen nessies of lewende wesentjies woonagtig daarin nie en dit was ‘n pragtige vuur maar alles het nie gebrand nie dus ons sal ‘n 2de poging moet aanwend maar eers in Oktober.
Die gras buite in die pad het regtig manne moed geverg en Barry moes 3x die ding doen voordat ons eers kon sien dat hy die gras gesny het maar dit lyk nou baie beter- ongelukkig beteken dit nou dat jy al die rommel wat mense uit hulle karre gooi kan raak sien- toe die gras so hoog gestaan het was dit onsigbaar! Jammer dat mense sulke morsjorse is! Hulle het geen respek vir iets nie!
Ja die katte is pragtig en help orals- maak nie saak wat jy doen nie hul neuse is diep daarby betrokke! Patches loop al beter maar die littekens is duidelik sigbaar waar die voertuig hom getref het! Hoop hy het iets daaruit geleer! Ons gee hulle gereeld padgevaar lesings maar of hulle dit toepas is ‘n ander saak!
Die verkiesing in SA gaan hierdie week plaas vind en Baie Suid Afrikaners het by die Ambasade gaan stem – Ons het nie Dublin toe gegaan vir die gestemmery nie want ek werk heeldag en aldag!
Hier by ons is ook verkiesings op hande en as jy die strate op en af ry lyk die soos ‘n karnival wat aan die kom is-elke moontlike kleur as agtergrond met al die gesigte daarop!
Daar het ‘n lelike ding hier gebeur- almal ontken dit maar ons weet dat dit ‘n politieke besluit was – die leier van Sinn Fein wat nou reeds sedert Dinsdag in aaanhouding is vir ‘n moord, wat in die onrus tye van die Noorde plaasgevind het- van ‘n ma met 10 kinders- sy was ontvoer en doodgeskiet en iewers begrawe =-haar geraamte is op ‘n srtand opgegrawe en nou word hy, as toen-tydse leier van die IRA ondervra- en dit net voor die verkiesing waarin die ‘POLLS’ gewys het dat Sinn Fein met rasse skrede by die ander partye verby beweeg!
Nou ja ons hoop vir die beste maar die optrede van die Polisie in die Noorde mag groot skade bring aan die ‘Good Friday Peace Accord’
Want as die klomp omge-elliede Iere kwaad gemaak word sal daar weer groot skaalse oorlog los breek en dié keer sal die bomme in Dublin ontplof!! Kan ‘n lelike ding word!
By die hospitaal vind ons- onsself in ‘n tuimel droeёr! Die teater is toegemaak en al die instrumente en masjienerie (dit klink soos ‘n garage) is gediens – dit was wonderbaarlik net die genade van Bo dat daar niks verkeerd geloop het die afgelope 2 jaar nie!
Die mense van Centric Health waar deur die ‘Receiver ‘ aangestel is om die hospitaal weer op sy voete te kry is duidelik mense wat weet wat gedoen moet word!
Gister het ek ‘n paar benoude oomblikke deurgemaak toe een van die skinderbekke die storie die omgang laat maak het dat die akkreditasie op sy geskuif is- wat sou beteken dat ek nie meer werk sal hê nie!
Ek skraap toe al my moed bymekaar en gaan klop aan die deur van die Baie ervare en uitstekende organiseerder wat Radioloog en radiografis is- se deur!
Ek was verseker dat ek wel nog my werk het en miskien vir veel langer as wat oorspronklik die ooreenkoms was! Ek het met groot dankbaarheid uur en half later daar uitgestap! Ja die akkrerdiatsie
M A G uitgestel word van weё die geweldige gevaar wat die hospitaal bedreig vir onaanvaarbare wekstoestandeen praktyk!
Die X Strale department is toegemaak en net dag gevalle katerak operasies en gastrologiese-Endoskopie ondersoeke het plaasgevind vanaf Woensdag! Gelukkig verstaan al die dokters wat deel uitmaak van ons werkspan –hulle het gladnie besef wat aan die gang was nie en dat hulle ook gevaar geloop het van wan praktyk!
Verjaardae- vandag! Gerda van Hessie en Attie en lieflike jong vrou van Louis albei dokters wat hul gradeplegtigheid gehad het! Veels geluk eers vir die verjaardag Gerda en dan vir die groot prestasie van geneesvrou!
4Mei!
Lee Kruger van Florida- veels geluk met jou verjaardag, Lee – sou graag by die braaivleis gewees het wat ek weet julle gaan geniet met kinders en kleinkind!
Mieana Bosman van Randfontein! Veels Geluk jonge dame –geniet die die dag en die verwen!
Christaan Potgieter –student in Bloemfontein! Veels geluk Jong man hoop jou ouers dra ons gelukwensinge oor!
My nuwe stoof- ‘n lelike ding- want die nuwe stowe het nie meer ‘n ‘splash board’ agter teen die stoof nie- dit lyk asof hulle vergeet het om die ding klaar te maak!-Dit is nou glo om by moderne kombuise te pas en ons het ‘n plaas kombuis en die stoof lyk sleg- goeie stoof Zannussi maar glad nie iets vir die oog nie! Dis met groot heimwee in my hart dat die ander stoof die deur moet uit! Hy lyk nog splinternuut- Vanwee my beroep en onderrig tuis –verlaat hierdie stoof my huis byna skooner as die dag wat ons hom gekoop het!
Mǒre ( die simbole het nie die regte kappie beskikbaar nie)is die beste dag van die week en na verlede week se wonderlike geseёnde ervaring van die koor en orkes wat van Cookstown gekom het om ons ‘Songs of Praise’ diens waarteneem sal dit maar stil wees met net die orgel as beleiding! Dis my beurt om die lofsange te lei en ek sien altyd uit daarna! Ook na die siels voedsel!
Ons dink baie aan almal wat bemoediging nodig het- die wat alreeds so baie deurgemaak het en nog steeds moedig voort gaan!
Die wat nie lekker voel nie – die wat moeg is – moeg vir sommer alles- maar veral die wat geestelik moeg is! Ons hemelse Vader ken jou naam Hy weet waarmee jy sukkel en Hy sal uitkoms gee- vra in gebed en verootmoediging ,glo en vertrou!
Baie dankie vir al die briefies- die pragtige fotos en die broer van my wat nou so goed regkom met die komper – ek kan byna nou by hom lesse gaan neem! Elke foto en skrywe word met groot entosiasme bekyk en weer bekyk!
Nou ja dit is nou genoeg vir eers! Die swaeltjies kom en gaan, vlieg en swiep oor ons koppe maar hulle het nog nie tot rus gekom nie! Miskien het hulle die monsters gewaar en is baie versigtig!
Wees asseblief versigtig- hou vas aan jou oortuigins is veral by die stembus!
Wees gedurig op jul hoede vir die onverwagte- ry versigtig- sluit jul deure en moenie nalatig wees nie!
Bewolkte maar droeё, nou nat groete vanuit Cranleymore!
Barry & Christina
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment