Monday, February 25, 2008

Laas week

Groete vanuit 'n ontwakende Ierland,
Ons week het goed begin -toe ek Maandag oggend tuis kom moes ek alleeen uit die motor klim -niemand om my te groet nie.....en iewers vandaan hierdie sagte gedruis.
Ek stel toe ondersoek in en vind die enorme masjien- JCB - skopgraaf en nogwat besig om die 'French Drain' te grawe Ek dink ek het vantevore genoem dat die riool stelsel van die huis 2 eeue oud is is laat 1800's and vroeg 1900 in die lewe geroep en effe opgegradeer in 1928 en vantoe af aan die genade van erge weers toestande oorgelaat want as dit reen vloei al die oortollige reen water ondergronds in die gat in en oorstroom gereeld- Barry moet steeds die uitlaat oop grawe om oortollige water uittelaat en sodoende het ons meer van 'n moeras in die onder veld as droee grond. Al die bou rommel toilet wasbak ou sement blokke en dies meer sou ons moes laat wegry met 'n 'skip' wat €280 sou kos en moes dit self laai maar met die idee van 'n french drain sou die rommel uitstekende dreinerings materiaal voorsien en die masjien vir die dag €300! Die masjien was hier net na 8vm en om 11vm was die drein gegrawe opgevul en toegemaak en elke stukkie moontlike rommel in die gat.en die onderveld pragtig skoon en die moeras is reeds besig om optedroog-dus 'n goeie begin die masjien doen die werk van 20 werkers vir 3 dae in 3ure, elke sent werd!
Barry het die 2 bome 'Lime' ook afgesaag hulle het sulke groot blare wat erge skadu gooi oor die gras veld en dit was ook altyd sop nat onder die bome want die son word nooit werklik so warm dat alles opgroog nie veral nie onder die 2 bome se blare in die somer nie- ook het hulle so hoog gegroei en was 'n veiligheidsrisiko met die elektriese drade wat deur die takke hul pad moes vind- die gevaar is nou nie meer daar nie en ons het hout vir 2 -3 winters plus al die turf -ons sal vir 'n hele paar jaar nie koud kry nie-dit is seker.
Vandaar het dinge vinnig beweeg want Finbarr sou besoek kom afle en ons word toe so soort van gedwing om die nuwe sitkamer inorde te kry want hy kom kwansuis kyk hoe dit lyk met die nuwe meubels - Nou daar was ook 'n probleem- toe Barry die dak ligte aangesit het wou die een lig nie werk ie en en moes die elektrisien wat ook die dak teler was en ook die skrynwerker kom - om die fout te herstel en hulle kom toe agter dat die negatiewe draad weg is en die probleem is dat alles gedoen was voor die plafon ingesit is en die deel van die dak is baie klein en nou kan net 'n muis daar rond harloop sonder probleme en daarom chip hulle toe die plafon 'n groef in en neem die draad van die een lig na die ander ons het nou beide ligte wat werk maar 'n groef in die plafon en niks wat ons daarin -daaroor of indruk wil die groef laat verdwyn nie - ons het werklik alles probeer en ten laaste het Barry 'n rubberige soort vulsel daarin en alles moes toe weer geverf word - dit alles gedoen die vloer geskrop en toe is die meubels uit hul oortreksels gehaal so goed verpak dit is ongelooflik- die mat wat in die winter sitkamer op die teels was skoon gesuig en in die nuwe sonsit kamer gele en siedaar die plek lyk pragtig !!!!!!!!!!!!!!!! Moet nog iets bedink vir die vensters!
Die sitkamer stel is buitegewoon mooi van Italiaanse leer so sag soos 'n baba se velletjie in donkerbruin met ligte bestiksel die deur moet toe bly want kat mag nie op die bank slaap nie en netnou besluit hy om sy naels teen die leer skerp te maak al het hy die wereld buite om dit te doen alles word uitgetoets.
Ons hoop om eendag op 'n veiling 'n goeie 2de hande persiese tapyt te koop en dan die ou tapyt terug teplaas in die winter sitkamer - maar vir nou sal ons maar so aangaan!

Ons was omtrent net klaar toe die jongman die erf binne ry! en dit was so lekker om hom te sien hy bly 100km van ons af maar dit is asof dit duisende km is. Barry wil nie Dublin toe gaan nie en Finbarr is so besig hy kannie net ry nie -sy werk verg van hom dat hy saans funksies moet bywoon soos die Irish Film Awards waar hy as sponsor 'n eregas was en so gaan dit aan.Hy is nou mede direkteur in die maatskppy en dit gaan goed!
Ons het 'n paar dae lekker koud gekry -4 tot -6 dit was so wit geryp dit het gelyk asof ons onder die sneeu sit- met heerlike sonnige dae maar die ellendige wind maak dat dit nie lekker buite is nie en jy soek maar die sonnetjie op in die huis!

Baie dankie Paul dat jy jou pa se brief deurgestuur het - dit was heerlik om nuus van hulle te kry en dit blyk asof hulle nooit my briewe gekry het nie ek wou 'n brief saam met die dokter stuur en daar het ek toe nie die adres by my nie - ten spyte van die feit dat dit die heel dag my voorneme was om seker te maak dat die brief SA toe gaan...

Garth het verjaar en ons hoop dat hy 'n goeie dag gehad het ten spyte van slegte nuus van sy oom maar ook goeie nuus dat sy ma goed aan die herstel is na die operasie .
Ek weet nie of hy 'n kaartjie sou waardeer nie en dus liewer nie sy siel versondig met lawigheid nie- hoop in ieder geval dat die jaar voorspoedig vorentoe sal wees!

Gerlof en Sandra bly dat julle die ekstra vakansietjie geniet het en dankie vir die mooi geskrywings! Wanneer hoor Mari-Janke haar uitslae!?
Nine jy is so besig -ek bewonder jou -daar is tog briewe wat ek nie ontvang nie miskien vir 'n rede of andersins net omdat ek nie op die lysie van familie verskyn nie- die brief uit Dar Es met fotos en die Sondag storie uit Zambie.......Elsje se neun moet nou oud en getroud wees en wat van 'n foto van die huweliks paar! Julle is erg suinig daar in Heidelberg met nuus en dinge!!!

Leopold - jou briewe is soos 'n lig straal in donker Europa en moet sekerlik die hele SA met lig voorsien!
Ek het so lekker aan die engelse vriende se briewe gelees -sommige het ek baie lanklaas van gehoor Susan in Kanada en Trish in JHB
baie dankie!!!!

Kom ook net uit die kerk en soos altyd is dit die aller beste tyd in my week!!! ons het heerlik gesing ek lala want ek kannie die note bespeel en die woorde ook lees nie en al sing ek nou al dekades engelse psalme en gesange die woorde wil nog nie vassit nie.die kerk gebou in Mullingar waar ons eers gewoon het is die week as onveilig verklaar -gebou in 1825 of vroeer en nou moet die gemeente uit - en waarheen nou??? hulle sit dus in 'n pinarie en ons hoop en bid dat daar gou 'n oplossing kom-die gemeente bestaan 50% uit S Afrikaners en groei steeds.

Nou is my nuus op en ek hoop dat die Eloff's in Helderkruin hierdie brief wel kry!!!!
Baie liefde groete
Barry & Christina ..........ook bekend as....Stien, Ouma vir sommiges en Sr Dunne vir ander!

No comments: