Saturday, May 10, 2008

Groete van Ierland

Naweek

10 Mei 2008


Goeie dag almal,

Na ‘n week van wonderlike sonskyn en heerlike somerweer is ons effens in depressie gedompel vanmore want daar is ‘n bank dik vogbelaaide wolke wat laag oor die eiland se middel streke(letterlik en figuurlik…want ons woon noord suid oos wes 98% in die middle van die eiland) hulle bevind ..gereed om ontslae te raak van hul gewig!!!!
Ons het selfs ‘n kleurtjie bygekry van ure in die tuin wees ,gras sny en ongewensde grongbesitters uittrek ….want netso vinnig as wat die groente of blomplantjies groei so ywerig groei die onkruid!
Magtige taak bevredegend afgehandel deur die baas teël legger ..die 2de kamer is geteel en lyk goed .sommer die helfte groter as met mat en muurpapier! Nou moet ons die ‘skirting boards’(groot ekskuus ..kan glad nie die woord onthou nie) weer terugplaas maar die moet eers geverf word so-ook die deur en koesyn .Ons het self die telefoon konneksie punt verskuif en die moet nou teen die muur bevestig word…dan is die klein kamertjie reg!! Die badkamer het ook ‘n beurt gekry..ons het nie van die teëls gehou wat ons verlede jaar ingesit het nie en dit was ook die eerste poging ..Barry weet nou veel meer en het besluit dat die teel wat nou orals is ook goed in die badkamer sal lyk maar tog nog gebrek aan kennins het veroorsaak dat ons vanmore al die teëls weer moes lig want daar is ‘n spesiale sement wanneer jy teëls op teëls lê en …daar ons nog in die 2dejaar van onderrig is moet ons nou duur betaal vir die gebrek aan kennis en kundigheid…maar alles is weer op dreef en die eerste teëls is alweer gelê …ons moet vir die dag die gras area agter die donkiehuis gebruik vir privaat doeleindes daar die badkamer nou buite aksie is en ongelukkig het ons net een badkamer en toilet ..hopelik sal ons nog ‘n toilet aanbou in die toekoms!!!..en terloops die sement set so gou ..dit is ongelooflik hoe dinge verander as jy die regte bestandele gebruik!
Ek het 3 dae heen en weer gery na Athlone waar ek ‘n leierskap kursus bygewoon het en dit baie geniet het …die aanbiedster ken haar werk .is entosiasties en begeesterend en dit maak so ‘n groot verskil in hoe die luisteraar die kennis inneem…en daarna gebruik..toepas..wonder nou maar net wat ek op aarde daarmee gaan maak ..die ‘nurste’ së al klaar ek is nie aangestel om hulle klas te gee nie en ek moet my heeltyd in bedwang hou…nou gaan dit nog moeiliker wees…maar …wie weet miskien het ek dit tog eendag nodig!
Die Rhododendrons donker donker rooi in kleur het hulle verskyning die week gemaak die takke hang swaar met blomme en dit is pragtig….ook nou tyd om die hangmandjies vir die somer te plant en die winter gewas iewers teen die bank in die onderveld te deponeer in die hoop dat dit volgende jaar weer sal uitloop>>>gepraat van die onderveld die gras staan knie hoogte daar en Barry moes ‘n loop paadjie sny al om die heining sodat ons daar kan stap en nie verlore raak nie…indie middel is ‘n enorme hoop dooie takke wat gebrand moet word en ons sit weer in dieselfde pinarrie as verlede jaar …jy mag nie brand nie maar almal doen dit tog..dus Sondag aand met die wind in die regte rigting word sulke dinge gewoonlik aangepak…maar ons is nog nie heeltemaal gereed nie ..ook het ons |Dinsdag weer besoek aan die tuin en plant verskaffers gebring en is met nog 2 appelbome weer daar weg….all die vrugte bome staan in bloei en dit is alte pragtig!!!Die ‘Cherry blossom’ wat by uitstek die mooiste blom boom is wat ek lanklaas gesien het…ons praat nie van SA bome nie…net hierdie eiland bome …is heelaas aan die sterk wind blootgestel en na 3 weke le die pad pink van bloeisel blare..sommige plekke ‘n tapyt! Ek he took my eerste kooksel rubarber in bottles en in ‘n vredespoging een vir die buurman Jimmy O Shaugnessey gegee en hy was al t e bly!!!

More is die beste dag van die week en ek het reeds die Gesange en Psalme goed geoefen en kannie wag vir more se boodskap en verheerliking van onse Vader nie.
Mag dit vir almal more ‘n baie geseende dag vol siele voedsel wees….!
Op een of ander manier het ek my linker heup verongeluk..verkeerd in die kar gesit ..verkeerd getrap met die flenter knie..of iets maar ek kon gladnie slaap van die pyn in die heup nie ..arme Barry hy werk so hard en dan nog om snags na ‘n kermende vrou te luister is baie gevra…later kon ek nie meer nie en met 4 PAracetamols ‘n Valium en 1500mgGlucosemine poeier en ‘n kussing tussen die twee kniee weer ‘n poging aangewend om te slaap…ek drink nooit ooit ‘n pil nie en gelukkig werk dit toe goed ..die pyn is meer draaglik vandag…sittende… en voel nie erg as ek loop nie maar ek durf nie le nie…byna bang vir die nag wat voorle…moet ook so versigtig wees wat ek drink want enige simpel pyn pil met codeine of aspirine in laat my borskas toetrek…dan het ek 2 probleme….Isabel …ek het nie eers geval nie en het byna omgekom van pyn ….ek het toe ekstra medelye met jou na jou harde val..hoop jy voel beter!
Ek het Marie-Janke se brief baie interesant gevind…taal gebruik iets uit ‘n ander wereld en die gedagte gang erg deurmekaar …hoop van harte dat sy orde het in die weergee van kennis ..dit is duidelik dat daar geen gebrek aan grysstof is nie maar…miskien tog effe self dissipline….ek hoop in iedergeval dat al hierdie |Universiteite jammer gaan wees dat hulle nie jou breinkrag wil ontwikkel nie en dat daar uit die bloute ‘n wonderlike antwoord iewers op jou wag!!! Lekker leer! ..en mans is gevaarlik veral die ‘Don Juan’s..bly weg van hulle!!!
Al die ander wat in die Noordelike halfrond eksamen op hande het …begin vroeg studeer ..moenie tot die laaste wag nie en geniet elke oomblik van jonk wees en dank die Vader vir jul goeie herkoms!!!!
My nuus is klaar …die son probeer elke nou en dan deur die bank wolke skyn maar word gou weer teruggedruk…maar dit reen nie en dit is nie koud nie!!!!!en dit word eers so teen ½ elf saans donker ..En Vieruur soggens breek die lig!!!!
Baie liefde groete vanuit ‘n baie aangenamer Ierland
Barry & Stien(Christina ‘ma’ ‘ouma’ & Sr Dunne)

No comments: