Maandag 18 Augustus
Goeie dag almal,
Ek sal maar liewer niks se van die weer nie want dit gaan nie die beste nie…elke oomblik byna sekondes wat die son deurkom word as ‘n wonderwerk beskou. Verspoelings is aan die orde van die dag en baie plekke is baie swaar getref.
Ek het my eie reenmeter geprakseer en weet nou ten minste hoeveel reen val in 24 uur. Nie dat van enige waarde is nie maar ek het nog altyd aarvan gehou om te weet hoeveel dit reen en hier is geen reen meters nie.
Ek skree my hees as daar ‘n SA op die skerm is en aan iets deelneem maar heelaas kan hulle my nie hoor nie en maak ook geen verskil nie. Wonder soms hoe van hulle gekwalifiseer het. Met die Iere gaan dit nie veel beter nie. Die Britte vaar goed en uitstekend in die roei items wat vir my baie mooi is…die veld items is goed die paal spring baie spannend. 5 meter nou net deur Russiese vroue atleet as nuwe hoogte aan geteken na 3 pogings.
Verder is my vakansie byna op ‘n einde en ons het die eiland plat gery en pragtige natuurskoon gesien Was ook heel noord .Ragley, Mullaghmore, Bundoran en uitgekyk oor die baai van Donegal en in die verte die Atlantiese oseaan ervaar. Ek wou so graag my tone in die water kry maar moes in die end dit maar opgee..het netnie naby genoeg aan die water gekom nie.
As die son skyn ry ons en hulle voorspel bietjie beter weer vir more en Woensdag…sal sien watter rigting ons inslaan!
Gister was ‘n pragtige dag! Kerk toe met gas prediker ‘n afgetrede Belfast predikant wat duidelik en in die mikrofoon gepraat het en al die oue van dae het goed gehoor en ‘n goeie boodskap met hul saam geneem.daar was besoekers en hulle kon almal goed sing en met dawerende gejubel het ons die diens afgesluit. Florrie wat so3 maande gelede op sterwe na dood was is net ‘n geraamte maar tuis en vier hul 50ste huweliksherdenking die 20ste.maar omdat dit in die week is het die kinders toe alles gereel vir Gister . Dit was ons eerste uitstappie na ‘n Ierse fesie. Ek het ‘n voorlesing gedoen uit die Bybel en die singery aan die gang gesit. Die kos was heerlik en die poeding uit die boonste rakke ek het net geproe want ek word dikker as ek net aan kos dink!!!!!!! Barry ,mens sku en heel benoud het darem 3 ou mense van die kerk as gesleskap gehad en het dit toe darem nie so vreeslik gevind nie.
Vir ‘n paar weke het ek gevoel dat daar fout is in die onderkaak maar kon niks sien nie –teen Woensdag het die pyn my ergter getref en ‘n afspraak by die tandarts is toe vanoggend nagekom. Woeste ontstekeing in die tandkas..omdat ek te lank gewag het en sal nou vir wortelkanaak behandeling gaan volgende Woensdag as die ontsteking opgeklaar het ..Moet nou Erythromycin drink want met die Penicillen allergie en en asma en die hart moet alles goed oorweeg word voor dit voorgeskryf en gedrink kan word . Dus moet ek maar met my seer mond loop tot dit beter word..en die antibiotoka drink teen my sin.
Die tuin bestaan haas nie meer nie. Ons het die appels gepluk 4 ge-eet en die ander gestowe met vla en dit was heerlik. Die aarbeie is daarmee heen en die ertjies uitgetrek en die laaste pluksel gekook. Die spinasie staan nog maar dit so nat jy sak omtrent weg! Die tamaties het ‘n fungus en lyk baie eienaardig ..weet wat gaan word van die groen tamaties wat hang nie daar is nie son om dit te laat ryp word nie.
Die hangmandjies is total vermorsel deur die reen en die kappertjies het mooi gelyk vir 4 weke maar staan ook nou end se kant toe.
Ek glo ons somer is op ‘n einde die blare begin verkleur en die koue is in die lug ..September kikker die weer gewoonlik effe op maar ek dink ons het die beste weer in Mei beleef!
Ek is terug in die tuig Donderdag en sal weer gewoond moet raak aan my omgekeerde lewe.
Die Engelse uitslae is uit en ons weet niks van Marie Janke se uitslag nie…
Hoop gerlof en Sandra het ‘n lekker gevakansie gehad.
Leopold ons sou graag wou hoor hoe tant Poppie se 100ste verjaardag verloop het
Verjaardae vir die week sluit Paul in Kanada in en my vriendin Racelle in Dublin. Goeie wense vir julle!!!!
Elke briefie, maak nie saak van watter kant dit kom nie word gulsig gelees en baie gewaardeer.Isabel …baie baie lanklaas van jou gehoor!!!!
Ek groet
Met ‘n dapper wuif vanuit ‘n deurdrenkte Ierland(dit stort reen tans buite)
Liefde
Barry en Christina(Stien ens)
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment