Saterdag 4 Julie 09
Goeie dag aan al die familie en vriende,
Nou net die oorwinning van die 2 Williams susters op TV aanskou, ek noem dit nou 'Black empowerment' maak nie saak dat die jonger een gewen het nie hulle was albei daar.
Die nuus en resessie is hier ook oorweldig deur die rampsalige Michael JAckson.
By die werk is baie gerugte dat die hospitaal Augu8stus toemaak, Ek gaan rustig voort tot die dag wat hulle my inroep en se: ' Bye and Good Luck' want dis al wat hulle hier in glo is 'luck' Intussen werk ek lekker. Die nagmerrie van verpleeginrigting is vir eers weer van die baan tot volgende keer.
Dit het gedonderweer en geblits vir 'n vale, baie snaaks en ons het die kerk se 2 jaarlikse Braaivleis vanaand. Kan maar net hoop en bid die wind kom op en waai die wolke weg!
My tuin het 'n slegte knou weg met al die reen in 3 dae...het opgemaak vir die 6 weke sonskyn!
Uit die groente tuin eet ons ertjies , spinasie, klein uitjies en aarbeie, die wortels en tamaties kom mooi aan,
Blomtuin skitter met tier lelies, petunias, kappertjies, dahlias, swaardlelies,leeubekkeis en pronk ertjies, Die rose se eerste drag is nou af en ons wag nou vir die nuwe groei om weer knoppe te maak! het werkliki groot plesier van die tuin hierdie jaar. Die onder veld is gehark en kliploos gelaat en wonder gras is gesaai en sal in 7 dae hul verskyning maak as hulle nie jok op die sak nie.
Die swaeltjies in die donkiehuis, gedoop die'squaters' het toe uiteindelik die nes op Woensdag oggend verlaat net om weer 1.30nm gou 'n slapie te vang, het so aangegaan tot vandag en nou is hulle finaal in die lug. die ander in die skuur is nou 10 dae oud en baie parmantig, loer oor die rant as ons inkom!
Baie dankie Paul in Tanzanie, ek het toe uiteindelik ook jou brief ontvang ,dink dit het iewers in die kuber ruimte rondgeswerf op soek na Ierland! baie dankie!
Vandag se skrywe is kort en kragtig,
Briewe van ooral is baie welkom fotos heerlik om na te kyk!
More , die beste dag in my week en ook Haya se verjaardag gevolg met Hessie op die plaas, baie geluk julle 2 met julle verjaardae! Leopold het ook vroeer in die week verjaar! Veels geluk!
Baie groete aan tante Poppie!
Ons is in gedagte by die Eloff familie, broer Mendel en Anke. baie spesiaal.
Wees altyd versigitg, Gerlof is seker byna op pad, geniet julle vakansie!
Liefde groete
Die Dunnes van Ierland
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment