Saturday, July 18, 2009

Groete vanuit Ierland

Saterdag 18 Julie 09


Goeie dag familie en vriende,
Sit met die skoot rekenaar op sy plek voor die TV en hoop en bid dat Retief Goosen kop hou en die spul wys dat hy wel kan want verlede week het hy die klits kwyt geraak en total weggeval terwyl hy vir lank aan die eerste plek gelek het asof dit ‘n heerlike toffee roomys is gedip in neute en sjokolade en die volgende keer wat jy lek is die hele roomys weg ,te pletter geval bo-oor jou tone!
Ons het effe sonskyn ervaar eergister middag en groot deel van gister maar verder was dit die onguurste 2 weke in ‘n lank tyd, gepraat van petunias ek het 3 groot potte met rank petunias gehad wat so pragtig gelyk het maar daar is een ding wat die einde van hulle kan veroorsaak sonder dat jy ‘n vinger gelig het en dit is 2 ½ weke se reen. Ek het begin om die vrot blommetjie uittepluk in die hoop dat ek die spul kan red maar na ‘n ½ uur was ek so taai en my rug kapot van die buk net om weer vandag aanhoudende reen te sien neer daal sonder einde!heerlik om te hoor dat Kanada so ‘n pragtige somer ervaar , dit is byna die moeite werd om so koud te kry in die winter as jy weet die somer maak op maar in hierdie pragtige stukkie land geleё tussen die see en see ,blootgestel aan al wat hoё of lae lugdruk, wind en ellende, is daar geen sekerheid wat die dag van môre gaan inhou nie, jy moet maar net tevrede wees en niks verwag nie en bly wees as die son vir byna 6 weke geskyn het en dan te weet dat jou somer net begin het maar ook op ‘n einde is. Die bome se blare het begin kleur en ons het reeds ‘n kombers van blare opgemuls toe ons gister vinnig die gras moes sny voor dit in ‘n oerwoud verander.
Die onderveld waar die grond verskuiwings plaasgevind het het wondergras as bedekking ontvang en staan reeds 3 duim hoog, 10 dae nadat dit gesaai is.
Die wortels het nooit gegroei nie en ons eet nou ekstra miniatuur worteltjies 1” lank saam met die ertjies. Ek het 4 baie goeie pluksels van die ertjies gekry maar die is nou ook klaar, die tamaties se blare is geel en ek nie sien hoe die 10 tamaties gaan ryp word sonder son nie.weereens ‘n fiasko! Die enigste groente wat welig groei is my spinasie, ek pluk en pluk en pluk. Die rubarber het soos getrou aan hulle natuur met menig gegroei nadat die slakke plaag verwyder was, en lyk goed, het reeds 2x daarvan gepluk maar weggegee aangesien ek gewerk het en nie tyd gehad het om te kook nie.
Ons het heerlike nuwe aartappeltjies vir 2 weke ge-eet, en daar is nog spring uitjies in die grond. Die raspberries word so vinnig deur die voels verorber dat ek nie eers een geproe kry kry nie . My 32 aarbei plantjies van verlede jaar , het ten spyte van blootstelling aan sneeu, ryp, reen , wind en droogte ‘n wonderlike drag aarbeie aan beter as verlede jaar en nie ‘n slak in sig nie Barry verwoes die slakke met jik water en dit werk soos ‘n bom!
Daar is darem nog ander pragtige blomme, pronkertjies, leeubekkies, kapapertjies, sward lelies, dalias, tier leleis rank rosies, en Clementis met yslike $groot pers blomme. Die rose teen die muur kry swaar maar ek troetel en praat mooi, die 2 geel rose is besig om weer uitteloop terwyl die pink roses vrolik aanhou blom. Al die rooi rose is ook begin om nuut uiteloop, die krismis rose prober ook ‘n plekkie in my hart verower!
Die baie voёl kinders gee ons groot plesier , die robins is besig om hul kenmerkende kleure te kry en bykans elke baba is deur die proses van voer en nou daartoe instaat om self te eet, die Peopne pot met heerlike grond in dien as badplek vir die voeltjies en hulle geniet die blare van die peonie as skuilploek teen die reen. Die swaeltjies wie se nes met die gehamer in die garage ter aarde neergedaal het, het die vlug oorleef en slaap elke nag op ‘n balk in die turf skuur. Die ander ‘kamer ‘is byna klaar, wat ‘n magtige werk maar dit gaan ‘n heerlike ekstra kamer wees maar baie uitputtende werk vir Barry want byna al die werk moet met jou arms bo jou kop gedoen word.
Die verskriklike koue van die garage is nou gebreek en sy werksarea met 2/3 verminder. Die ander deel moet nou ‘n venster en deur inkry in die plek van garage deure en dan is dit ook byna klaar. Die vals muur moet nou ge’skim’ word en dan ‘n lagie verf. Die vloer moet nog oorweeg word!
By die werk gaan dit op die oog af nie te sleg nie maar met soveel as 70% van pasiente wat nie meer oornag nie is daar groot verlies van inkomste en dit kom vanwee die HSE se beleid dat hulle nie vir langer as ‘n dag betaal nie en dit is ook die geval met privaat mediese assuransie. Daar is ‘n unie vergadering volgende Dinsdag en ek is van plan om dit bytewoon en te hoor wat die vooruitsigte is vir die res van die jaar.daar is soveel gerugte wat die rondtes doen en omdat ons in die nag werk hoor ons regtig net die stert ent van al die gerugte en teen daardie tyd het die hele storie ‘n ander rigting ingeslaan!
Die eiland is in ellende gedompel vanwee die ‘Celtig Tiger’ wat vir decade hier geseevier het en die banke sonder versekering enorme bedrae aan ontwikkelaars geleen het en nou is daar niks behalwe lee huise en onklaar geboue en derduisende wat welsyn betalings ontvang en die van ons wat nog werk gee 21% aan die goewerment sodat hulle die eiland kan red. Maatskappye sluit daagliks hul deure en so vermeerder die getalle voor die welsyn deure! Met ons gaan dit goed en ek is dankbaar dat ek nog werk het! Murmereer so nou en dan .veral as ek in kennis gestel word dat ek volgende week weer in die verpleeginrigting(ouetehuis) moet werk waar daar nou 42 kliente is en 4/5des volle aandag moet geniet!
Nou ja dit was heerlik om al die briefies te lees, nog ‘n paar uitstaande maar ons hoop dat die wat hulle in die boskamp bevind ,dit baie geniet en dat die wat nou op besoek is in SA elke moment geniet! Haya ek wag op ‘n epos adres vir jou ma
Onse tante Poppie word op 23 Julie 101 jaar oud en ons hier in Ierland hoop dat sy ‘n pragtige dag sal he, sonder pyn en omring deur liefde! Ek stuur wel ‘n briefie nader an die tyd!
Dit is ook met groot dankbaarheid dat ons kan meld dat Anke besig is om tuis te herstel na ‘n suksesvolle operasie, alle eer aan ons Hemelse Vader. Sterkte en volkome herstel haar toegebid!
More soos altyd , die beste dag van my week, sielsvoedsel en heugelike prysgesang reeds goed geoefen!
Dit is reeds ‘n maand gelede dat ons Isabel lughawe toegeneem het , Tyd vlieg!
Aan almal wat studeer vir eksamens, alles van die beste, veels geluk aan die wat geslaag het en groot opgewonderheid aan almal wat trou voorbereidings het!
Baie bly dat Joy weer veilig tuis is en haar besoek aan SA geniet het!
Briefies en fotos altyd baie welkom!
Wees altyd versigtig, verwag niks van niemand en wees bly oor wat na jou kant toe kom!
Groete en beste wense
Vanuit ‘n papsopnat Cranleymore!
Barry & Christina(Stien...etc)

No comments: