Saturday, August 1, 2009

Groete vanuit 'n versuipende Ierland

31 Julie 09


Goeie dag allemaal, familie en vriende,
Eers wou ek nie ‘n brief skryf nie , motivering het in die reen beland en is nou papsopwaternat!!! En nou drip drip dit so hier in my kop!
Toe onthou ek van die pragtige foto wat neef Adelbert gestuur het van onse Tante Poppie wat 23 Julie 101 jaar oud geword het. Wonder wie het onthou en goeie wnese gestuur.....in ieder geval op die foto saam met tante Poppie verskyn toe 2 pragtige jong mense en by nadere ondersoek vind ek toe uit dat dit klein niggie en neef is. Miskien sal julle die jonge dame herken ,maar het julle geweet dat sy ‘n klein niggie is , ek het nie ! ? 7de Laan???en die jong man is Adelbert se seun, ‘n nefie, pragtige mense, en natuurlik ‘n groot prestasie ons oudste familie lid!
Ek voel soos Arnolda se seuns my briewe is altyd dieselfde en daar het lanklaas iets interesants in my lewe plaasgevind. Ek moet maar self dinge interesant maak anders kan dinge vinnig vervelig raak veral as ons presies 2 volle dae sonskyn gedurende Julie gehad het.... net 2!
Die nuwe kamer is goed op pad na klaar, onderlaag is aan die muur ,ons wag dat die bouers klaar vakansie hou om deur en venster te koop! Die Pool wat gehelp het besluit toe om ‘n ander werk te gaan doen en kondig toe Sondag middag laat aan dat hy nie Maandag sal opdaag nie . Nog eens weer moes Barry dinge bymekaar skraap ‘en sy gesegde hier kom goed van pas’ ‘n boer maak ‘n plan’ hy het die ‘skimming’ klaar gemaak die muur gepleistrer en die hoeke van die deur mooi netjies gemaak en die mure se onderlaag geverf. Arnolda , jy kan hom huur maar hy kom met ‘n prys... maar jong hy is ‘n voorslag! Die swaeltjies is besig om ‘n snaakse ding te doen hulle nessie watt e pletter geval is op ‘n nuwe plek in die werkswinkel van nuwe modder genou en gevoer met sagte material maar dit lyk nie of hulle gaan eiers le nie , omdat hulle bietjie morsig is het Barry ‘n p[latform aangebring vir hul WC en hulle het omtret te kere gegaan oofr die stuk p[lank, maar dit sal darem die werksarea beskerm van boel gedrup! dus ‘n nessie reg vir hulterugkeer in April volgende jaar , die 2de stel voeltjies in donkie huis moet seker uitbroei oor die naweek! Hulle neem regtig hulle tyd!
Groentes is daarmee heen , die blomme is daarmee heen , geen rose oor nie geniet wel aarbeie elke dag omtrent 5 heerlike soet en groot vrugte!
Ons was genooi , ‘n jaar gelede om tee te gaan drink by een van die verpleegsters saam met wie ek gewerk het , sy bly nou tuis want sy het 70 geword en gevoel sy het nou genoeg vir verpleging gedoen. Sy woon in ’n ou here huis 150 jr gelede gebou , hoё
plafonne , groot met baie kamerstjies maar net 1 badkamer en byna geen kombuis. Sy het 7 kinders daar groot gemaak! Alleen , haar man skielik oorlede aan hartaanval toe die jonste 4 jr was. Ek moet nog gewoond raak aan die Iere se “tee” ons sou ‘n koppie tee met soetigheid aanbied maar hier is “tee” ‘n ligte maaltyd en hier word toe vir ons by ‘n deftige gedekte tafel ‘n maaltyd aanbied, dit was lekker genoeg maar baie ongewoon vir ons! Half vier in die middag ‘n warm etetjie.. ai, ai, ai!
Op pad terug het ‘n JCB ‘ n skopgraaf van sy sleepwa afgegly en le toe op sy dak langs die pad gelukkig het niemand seergekry nie!maar almal vergaap hulle aan die omgekeerde skopgraaf en die verkeer is opgedam vir myle!!!!mense oral oor die wereld doen dieselfde dinge eienaardig, lees in die Ou Testament van Og , koning van Basan wie se bed 13 voet lank en 6 vt wyd was, Hulle moes ‘n groot klomp mense gewees het , ons sal seker ook na so iemand staar, wonder wat van hulle geword het?
More is ‘n goeie dag in my lewe want Finbarr kom kuier, hy begin offisieel by ‘n nuwe maatskappy werk as” Business Promotion Manager” miskien het ek dit al genoem , is maar seker omdat ek ‘n trotse ma is! Hy kom met sy nuwe Volvo kuier, wil seker bietjie spog... maatskappy kar, en hy kon kies!
Die hospitaal sluit vir ‘n week en ons is almal met verlof behalwe kiepie wat ‘n regte ‘sucker’ vir werk is want terwyl byna almal Spanje toe gaan bly ek tuis en werk in die Oue te huis vir 2 nagte om uittehelp my verlof begin dus eers Woensdag tot die volgende Woensdag! Ek ken nou die roetine , die medikasie , en die inwoners en hoop dat dit makliker sal gaan my helper is ook ‘n uitstekende werker en ons is goeie werks vriendinne en vul mekaar goed aan!
Die dokumentêre film oor Rusland in die 2de wêreld oorlog begin oor ‘n paar minute en ek het Barry my teenwoordigheid belowe dus aan almal wat verjaar en daar is baie :
31 Julie
Frikkie soos reeds genoem verlede week!
1 Augustus:
Gerlof, op besoek in SA
Renate, van Br Mendel
en Laurel se Nicole!
Veels Geluk aan jul almal!
Baie dankie aan almal wat so gereeld laat weet hoe dit met hulle gaan , dis tog te lekker om van julle te hoor!
Enig iemand wat graag die foto van Tant Poppie en klein nefie en niggie wil sien laat weet en ek stuur aan!
Wees tog altyd versigtig, sluit die deure , maak toe die vensters, wees beraad en gereed!
Bly warm en gesellig! Hoop dat die groentes wat gemaai/gepluk moet word goeie pryse sal kry , dat almal wat voorberei vir ekasamens dit goed sal doen en die wat regmaak om te trou geniet elke moment! Ouers insgelyk!
Baie liefde groete
Die Dunnes in Cranleymore

No comments: