Sunday, August 23, 2009

Reis verhaal

Lees hierdie voor Engelse brief!
Laat publikasie


Saterdag 15 Augustus


Goeie more almal, familie en vriende,


Hoop dit goed met almal!

Ons was toe vir so 3 dae weg maar het dit erg sleg met die weer getref, nie dat dit nou eintlik 'n verrassing was nie maar ons het tog gehoop dat daar bietjie sonskyn sou wees.
Ten spyte van baie reen was die natuurskoon verrukkend mooi!
Ek sal nie so goed soos Isabel kan beskryf nie maar in kort het ons die volgende beleef!
Van die huis af effe noord wes rigting in geslaan en tot by Carrick on Shannon gery wat julle al baie van gehoor het. Barry was rasend honger want Sondae eet ons regtig vroeg en as hy nou nie so elke 6 ure iets eet nie begin hy bewe van lae bloedsuiker , dus word daar toe reeds vroeg in die tog voedsel ingeneem by die Bush Hotel. 'n Alla mintige bord kos , hulle skep altyd hier op asof jy nooit ooit weer kos gaan sien nie! met vol maens is ons toe weer op pad en die keer 'n roete wat ons nog nie van tevore geneem het nie. Reguit Noord na Leitrim wat werklik net 'n gehuggie is ,gou daardeur en verder noord al langs die meer Louch Allen na Drumkeeran. Deur die Lave Forest na Killarga , al hierdie plekkies is maar klein , poskantoor wat deel is van die winkel wat alles verkoop , 'n vulstasie, en 'n kerk. Die ierse huise lyk maar almal dieslefde behalwe soms.Deur die berge na Manorhamilton, die was darem nou 'n redelik groot dorp met pragtige paaie , lieflike hoofstraat tipies met baie blomme op al die versterbanke en hangmandjies, tuine pragtig en die grasperke groen en welig, baie kerke, en talle klein winkeltjies. hier was wel 'n groot Super Value , gelykstaande aan SA Spar winkels grootte Die Spar winkels hier is meer 'n 'convenient store' as 'n groot supermark!

Vandaar na Glenade, 'n pragtige omgewing met andersoort hoee bome ,dit vole soos 'n laning van die bome omtrent 4 vanaf die pad na binne en myl na myl soos 'n reenwoud. dig en ryk aan blare maar nie 'n aangeplante bos nie net langs die pad.Largidonnel is die volgende klein plekkie met net 'n Vulstasie, poskantoor en winkel wat alles verkoop en natuurlik 'n Kerk.

Kinlough was die laaste plekkie voor ons bestemming en ons kon ook deel van Melvin Louch aanskou.
Vanaf Kinlough ry jy deur hoe berge , baie pragtig, en skielik lyk dit of daar 'n breek in die berg is en dan sien jy die see! Ongelukkig het hierdie Iere nie baie stilhou plekke vir uitkyk en fotos neem nie en moes die hele pragtige gesig toe net in my gedagte lewe verewig word want ons kon nerens stop nie!

Bundoran, is toe bo ons verwagting 'n baie grooter plek as wat ons gedink het en dit het omtrent gewrimel van mense.later verneem van Finbarr dat dit 'n 'Nacker's town' is baie 'travellers' Doe 'tinkers met 'n mooi naam.
Die son het skaam deur die wonke na ons geloer en dit was baie pratig , die hele rit met ete ingesluit het 3 ure geneem!
Die Hotel was gelukkig net buite die besigheidsdeel van die dorp en baie rustig. Wesende Sondag was daar busse vol besoekers en al wat ouer en kind in stoot waentjie was op die pragtig uitgelegde promenade wat myle langs die kus strek. EU geld het dit glo gebou! Ons het 'n lieflike kamer in die Fitsgerald Hotel gehad en na ons uitgepak het het die groot loop begin.
Verkenningstog bewondering vir die groot massa water en al die dinge wat op die strand vir kinders is om te doen!
Op die horison is daar toe 'n' links' golf baan met 'n 5* hotel. en al om die baan is die wandelpad uitgeplavei, Erg mooi! na 3 ure se loop was ons byna kapot en is terug hotel toe , na 'n baie deftige , ligte aandete het ons weer gaan stap maar die keer darem nie so ver nie en heerlik geslaap met die seelug as slaap pil!
Maandagoggend word ons toe vriendelik gegroet met mot reen, na ontbyt weer die pad gevat, die keer om te sien wat die hoofstraat behels en na 'n uur of wat was ons goed nat weer terug by die |Hotel om te verklee en maar liewer die omgewing met die motor te ondersoek!
Met die lieflike N15 hoofweg is ons toe verby Balloyshannon na Donegal. Die omgewing is pragtig die berge uit 'n ander wereld, kan nooit so hoog en majestieus soos die SA berge wees nie maar nogtans baie mooi!
Die pad maak telkens 'n draai naby die see en ek is mal oor die see! Ons het nie in Donegal gestop nie en deurgery regs verby Mount Charles Milltown, deur Inver na Killybegs,'n bekende natuurlike diepsee hawe wat die noordelike lande se vissery hanteer en waar enorme groot vissersbote aandoen, Vroeer jare het die groot passesiers bote ook daar gestop maar nou nie meer nie, Die noordelike deel van die Atlantiese oseaan is maar 'n wilde plek.Hier het ons gestop en ons verkyk aan die bote en die hawe, die see en alles wat daarin is! Die dorpie self is maar 'n vissersdorpie en het so 3 groot hotelle vir besoekers maar die dorpie self is omtrent net so groot soos Edgeworthstown klein straatjies waar net een kar op 'n slag in kan ry, klein winkeltjies en baie mense, groot vis mark!Alles teen die helling van die berg,

Ons het hier die heerlikste stukkie vis ge-eet in 'n lank tyd, by die Sea View Hotel.
Die dorp van hoek tot kant deurgestap en weer in die kar geklim en verder gery.
Al langs die kus na Largy baie mooi, die ope oseaan hier so naby jou en die berge agter jou! Beeste wat rustig teen die hellings wei, sonder sorge,
Van hieraf is alle naam borde in Gaelic en as jy nie kaart voor jou het nie sal jy nie weet waar jy is nie. An Carrick aan die mond van 'n diep inham en vandaar deur die berge na Gleann Cholm Cillie. Hier was die paaitjie nouer as die 4 wiele van 'n vrag motor en 'n kar het netnet gepas. die see reg onder jou en vir iemand met hoogte en engte vrees nie 'n goeie plek om hom te bevind nie. Hier was dit omtrent die einde van Ierland in baie opsigte.

Vandaar deur nog berge en dale na Ardara alles so baie mooi en groen en die veld blomme langs die pad!
Nou weet julle hoe die Noord westelike deel van Ierland lyk! in Kort alles baie groen en leiflike met blomme in elke gehuggie! en dorpie.

Dis byna 6 uur en ek moet netnou maar begin werk , dit giet reen en dis nou nie dat ons dit nodig het nie!
[ Hier is 'n hele stul weg sal eers moet gaan soek! gekry , ek hoop julle verstaan dat die brief in gedeeltes op die werk se komputer ge skryf is dan deur gestuur is na my epos adres en sodoende dan die stuk stuk brief!]

Volgende episode:

Vandaar deur nog berge en dale na Ardara alles so baie mooi en groen en die veld blomme langs die pad!Geen heinings of drADE NIE EN DIE SKAPE WANDEL HEERLIK OOR EN WEER DIE STUKKIE TEER OM WEERSKANTE VAN DIE PAD DIE SOET GRAS BYTEKOM DUS IS DIE GEMIDDELDE SPOeD NIKS MEER AS 25KM/P/U NIE WANT JY WEET NIE WAT WAG OM DIE VOLGENDE DRAAI NIE
Van Ardara, wat 'n redelike groot plek was omtrent so groot soos Longford met interesante bree strate vind ons toe weer die N15 wat ons per hoofpad weer terug neem na Bundoran!
Nou weet julle hoe die Noord westelike deel van Ierland lyk!

Dis byna 6 uur en ek moet netnou maar begin werk , dit giet reen en dis nou nie dat ons dit nodig het nie!

Sondag oggend net na 1vm.

Dinsdag het ons eers vir 'n stappie gegaan en maar weer terug gekeer kar toe , nie regtig gereen nie maar jou bril mis op en jy moet 'n reen jak aan he anders word jy tog nat.
Die keer ry ons direk Donegal toe en parkeer met €3 vir die dag in die parkeer area lans die rivier mond , Barry sien toe 'n groep seeleeus swem en by die tyd wat ek by die tralliewerk kom duik hulle die water in en is weg! het nog net kans gehad om die ou begrafplaas te bekyk van 1760 en daarna toe die hemele oopmaak sommer skielik en ek het altyd gedink dat my baadjie waterdig is maar binne minute was ek deurnat, terug kar toe en wag dat die bui oorwaai . Uiteindelik is dit weer droog en ons uit, Ek met Barry se enorme baadjie aan en hy net met sy trui en die sambreel probeer ons toe weer.
Busse vol besoekers het ook intussen die dorp begin verken en die sypaadjies wat nie baie breed is nie is nou vol mense met sambrele, en tipies Ierse weer open die hemele toe weer en almal is papsop nat. Ons het maar so onder die sambreel probeer kyk na die kerke en die kasteel maar dit was regtig nie aangenaam nie en worstel toe ons pad oop ,terug kar toe!


Alles was nat, die sambreel Barry se wind jak, my windjak ,my hare het behoorlik gedrip!
Bietjie gesit en die met die motor hardlopende ,die verwarmer op hoog weer tot ontdooie gekom , Dit was nie koud nie maar die elke keer se nat word laat jou naderhard koud word. Volgende stop was weer middag ete in Killybegs, dit was net so 'n aantreklike vissersdorpie dat jy net weer wil gaan kyk en die keer sien ons toe weer seeleeus in die hawe, Die reen het effe gestop en ons kon weer bietjie rond loop. Na nog 'n stukkie heerlike vis is ons terug met die kuspad na Bruckless en ongeveer 3 km van Bruckless is 'n afdraai na St John's Point. Weer 'n nou paadjie maar die keer darem met inhammetjies waar jy kan wag as 'n ander voertuig aankom. Die stukkie land is soos 'n tentikel wat uitloop in die see miskien 'n kilometer wyd. Die see klots aan beide kante dan links dan regs teen die rotse ongelooflik mooi en 'n wonderlike ervaring. Tot op die uiteinde van hierdie pad gery en toe verder geloop , na die laaste punt van die eiland , weereens uitgekyk oor die magtige Atlantiese oseaan , 'n paar skulpies opgetel, ongerepte strand met 'n verlate bootjie geanker aan 'n paal 2 karre , geen mense nie en merkwaardige geel sand. Op die laaste duine loop ons toe die Fauna Flora man raak wat seker maak daar is nie mense wat ongeoorloofd daar tent opgeslaan het of weg kruip nie,vuur maak en so die veld beskadig nie. Die beeste en skape loop vry daar rond!
Op pad was daar heel party huise sommige kastele met die mooiste tuine ook 'n handweef ateljee. Ek sou nie omgegee het om daar my laaste dae deurtebring nie- die rustigheid en vrede wat daar heers is ongekend

Terug in die kar en begeestered van die mooi ervaring en omgewing is ons toe weer terug Bundoran toe waar die son een oomblik deur die wolke gebreek het en ons vir oulaas nog op die promenade gaan stap het!

Volgende oggend na ontbyt met hoofweg N15 via Sligo terug huis toe en soos ons die binneland inry so lig die wolke hulle kombers en by die tyd dat ons by die huis stop skyn die son 'n hond uit 'n bos 21grade!!!! Moes vir sonskyn liewer tuisgebly het maar dan het ons nie die mooi omgewing van Donegal ervaar nie!

Intussen het die swaeltjie wat haar eiers in die nuwe nes in die garage gele het die nes verlaat , of sy is dood want die mannetjie het so met BArry gepraat toe ons terug is dat dit byna gevoel het asof hy ons iets wou vertel. Die kleintjies in die Donkiehuis sal seker vroeg die week die nes verlaat!
Die aarbeie gee my nog daagliks so 15-20 vrugte, en die appels hang nog!

Ek speel die orrel vanmore en dan gaan ek slaap want ek werk weer vanaand. Daar is 5 mans wat prostaat sjirurgie gehad het en daar moet dan of 'n dokter op die perseel wees , of 2 verpleegsters en 'n dokter op roep. en dit kos minder om my op diens te he as om 'n dokter op die perseel te he.

Die boere kry baie swaar want die lande is te nat om die gras te sny en te baal , die koring het plat geval en dit is nou die 3de somer van ellendes.

Ons predikant is terug van verlof en ek is bly want die besoekende predikers het nie 'n besef van ons klein gemeentetjie nie en verwag iets wat nie gaan gebeur nie, nie vandag nie en ook nie in die jare wat kom nie,

Nou ja , dit is sekerlik die langste brief wat ek nog ooit geskryf het!!!! Hoop julle het die reis geniet!
Aan almal wat eksamens skryf alles van die beste!
Aan die wat moet terugkeer na die Noorde na hul vakansie, veilige reis!
Ons onthou dat dit Br Gerhard se verjaardag was , die 15de!
Wees altyd versigtig,
KArin , ons is saam met jou dankbaar dat die Here julle so deur die vreeslike ellendes gedra het, en dat Stephan nou weer op na herstel is met goeie vooruitsigte!
Baie liefde groete
Van die Dunnes in Cranleymore en 'n vinnig naderende herfs.

No comments: