Tuesday, November 3, 2009

Nat en wind in Ierland

30 Oktober 09

Goeie dag allemaal, familie en vriende,

Die kothuis se mure is baie dik en ‘n groot gedeelte van die dak dubbel ,maar selfs met al hierdie eienskappe kan jy die wind hoor loei om die hoeke van die $huis en die reen met geweld weerstand vind teen die ruite! Wat wel skrikwekkend is ,is dat dit byna warm is buite, 15 grade vanoggned toe ek uit die hospital stap. Dit was selde so warm gedurende die somer middae wat nog van vroeg oggend ,dit is erg verwarrend vir die bol plante en baie ander plante! Die tulpe en affodille het begin uitloop wat drie maande te vroeg is, dit maak my baie benoud! Ek kyk by die venster uit en skielik is daar ‘n breek in die wolke en die son is besig om onder tegaan en ‘n pragtige donker pink kleur het in die weste veskyn,dit wil voorkom asof die wind ‘n groot gedeelte van die wolk massa begin beweeg het ,ek het gou die mooi gaan afneem maar het die pink verpas! Dinge gebeur hier teen ‘n geweldige sped en jy kaan nie half aan die slaap wees as jy hier iets op film will verewig nie.
Ek glo dat die 2de huwelik van ,wat sou vir my ma ,agterkleinkinders sou wees,
vind môre plaas! Wonderlik! Alle seёn hulle toegewens vanuit Ierland!
Hier het die personeel en die bestuur tot ‘n vergelyk gekom en hul voorgestelde 30 % is nou afgeskaal na 18% verkorting op salaries.Hierdie nuus maak die vooruitsig van werk tot 2010 ‘n bietjie meer rooskleurig! Daar is praat in die dorp dat die hospital te koop is of reeds verkoop is maar van ‘transparency’ is daar geen beduies met die klomp nie. Die hele hospital is geverf en pragtige kennisgewing borde in die voorportaal aangebring en arme Dr Tersius Venter het ‘n nuwe van,(ek het verskeie kere hulle op die spel fout gewys maar was geignoreer) VENTNER!
Ek sou met verlof gewees het hiedie week maar Dinsdag oggend lui die foon en ek werk toe 3 nagte. Enigiets is beter as dae by die huis met oortyd ,jy raak vervreemd van die werk situasie!
Dit was ‘n rustige week en niks interesant het ons lewens opgekikker nie.
Julle word dus ‘n lang brief gespaar!
Ons beste wense is met almal wat eksamen skryf, in welke vorm ookal!
Die jong dokters wat klaar gestudeer het –Veels geluk!
Ek het geen verjaardae in my boek nie en hoop van harte dat as ek iemand gemis het dat hulle ‘n mooi dag sal he!
Ek dink gereeld aan die wat siekte toestande het en dra jule aan die Here op in gebed! Ek weet tante Poppie se seuns bring gereeld my groete en beste wense oor.Baie dankie! Nine ek hoop dat die diabetes gou onder beheer sal kom!
Ons het ‘n stukkie Suid Afrikaanse geskiedenis gesien in die dokumentere film ‘The making of a modern Brittian’ Die Boere Oorlog en die verskriklike dinge wat die Britte aan die Boere families aangerig het en die vroue en kinders in die konsentrasie kampe , ellende en dood. Hulle verlede is nie so rooskleurig nie en moet maar versigtig trap!
Dit is eienaardig om saans reeds net na 5.30 in donkerte te sit en dit word gewoonlik geassosieer met koue weer, maar nou is dit eienaardig warm, die kouw kom glo volgens die weer buro maar hier neem jy alles wat hulle se met
’n knippie sout!
Maak seker dat julle die deure sluit, Wees altyd versigtig! Kyk waar jy jou voet neersit!
Ry veilig!
Ons wag op die trou nuus ! DVD kan by Dr Martin Kelly in Sunninghill afgelaai word vir direkte aflewering ,ek het gevra of hy omgee om klein goedjies te bring en hy sê, dit is ‘n plesier!Hy sal die 3de week van Nov weer hierna toe kom! Selfs hulle werk het met 60% afgeneem.
Nine ken jy die mense van wie ek skryf? Kan jy hulle onthou? Cilna en Koos Maritz toe van Siloam?
Natuurlik is die ontvangs van briefies en fotos een groot plesier en ek kyk verlangend uit na al die briefies! Baie dankie aan die wat laat weet het hoe dit met hulle gaan! Althea, Dorothy dit was heerlik om jul nusies te lees! Karin ,jou dogter is pragtig!
Die vuur brand hoog in die kaggel en dit is erg gesellig hier by ons. Dit is Halloween vanaand, ek weet nie regtig waaroor dit gaan nie maar spoke ens is aan die orde van die dag!
Byna vergeet ek, Ek bestel gereeld my homeopatiese medikasie per krediet kaart vanaf Engeland het nog nooit ‘n probelem gehad nie maar gedurend die week arriveer ongevraagde tablette en ‘n rekening vir byna R1000, ek was woedend, Barry weet nie want hy het gewaarsku daar is groot bedrog aan die gang met internet aankope.Ek het toe die maatskappy op die net probeer soek maar hulle is weg, nerens te vinde nie, Kontak toe die bank en kanseller die kaart vir veiligheid en op hul aanbeveling stuur die tablette terug geregistreerde pos en ‘n brief om my misnoee met hulle uittespreek .Die bank sal prober om die geld terug tekry. Dus moenie dink dit sal nie met jou gebeur nie want dit kan en sal!
Ek groet vanuit ‘n wind verwaaide sopnat Ierland!
Die Dunnes

No comments: