Sondag 15 Nov 09
Goeie dag almal, familie en vriende,
Eerstens ,groot ekskuus vir die ongevraagde gemors “8th wonder” wat met my onkunde per ongeluk na elke siel op my gmail adres lys gestuur was. Ek was in die proses om van die ding ontslae te raak toe dit gebeur het, ek het dit ook per ongeluk oopgemaak , niewetende wat dit behels nie. Jammer!!!!
Net terug van ‘n ritjie na Old Castle waar ons na die antieke veiling besigtigingsdag toe was. Dit is so 45 km van ons af en die pad daarheen pragtig. In die somer maak die bome ‘n koepel oor die pad en vandag was dit minder dig en instede van al die groene was dit al die gele denkbaar, die verkeer laat jou nie toe om altyd fotos te neem nie ,veral nie as daar ‘n GAA wedstryd aan die gang is nie, en op die manier stop ek toe met die eerste kleurvolle boom en kon nie droom om gedurende die koepel gedeelte te stop nie.Maar dit was nogtans baie mooi!. Die son het geskyn toe ons hier weg is met heerlike 12 gr maar terwyl ons binne was val die temp met 3 gr en die wolke vergader toe met mening en die pragtige dag kom snel tot ‘n einde!
Ierland het net ‘n 3 gedruk of is dit ‘n 5, maak nie saak nie, nou moet o’ Garah die bal oor die dwarslat skop! Dis oor en 20/20 Ireland/ Aus. Daar was net van te vore ?doel maar kon nie bevestig word met kamera fotos nie en nou is dit gelyk op!.
Dit is nou regtig winter hier in Ierland en die vuurtjie brand elke dag , die huis is heerlik warm en die kort dae word al korter en die lang nagte nog langer!
Tussendeur reen dit aanmekaar en orals staan damme water in die velde!
Verlede Maaandag ry ons Belturbet toe om daar ‘n veiling te besigitig toe ons die ganse langs die pad sien, op pad terug sien ons die boer buite en stop , hy stem toe in om van die ganse aan ons te verkoop, Die hele week soek ons strooi maar nêrens , maar nêrens kan ons strooi kry nie ,die klomp Iere is goed met adverteer maar antwoord geen foon of bel terug nie,geweldig frustrerend.
Nou dink die man ons wil seker nie meer die ganse hê nie terwyl ons moedeloos is, nou gaan ons sonder strooi môre die ganse oplaai, waarin? Die kattebak!
Ons voeltjie populasie is soos altyd baie lewendig en interesant! Die voedsel word nou met grondboontjies aangevul en dadelik kom ander voeltjies besoek aflê, hulle gee ons groot plesier.
Ek verlang so vreeslik na ‘n kat dat Barry uiteindelik saamgestem het dat ons maar weer, ten spyte van die ellnde van die pad, ‘n kat mag kry. Nou soek ek naarstiglik na ‘n Tabby kat! As die kat saam met die ganse groot word is dit nie ‘n problem nie en die ganse laat hulle nie maklik deur ‘n kat afskrik nie.
By die werk is die nuwe korting van 18% nou in werking, alhoewel ons 75 ure per 2 week periode, werk maar word net betaal vir 61.5 ure per 2 weke, die res van die tyd word aan ons teruggegee as ‘oortyd’ wanneer dit stil is in die saal.
Heel party van die personeel kon die verskriklike onsekerheid nie meer hanteer nie en het bedank, een is op na New Zealand, ‘n ander het met sy wêreld in die botter geval en ‘n pos gekry by ‘n ‘elite’ Oue tehuis ‘ in Dublin, maar dit beteken dat hy elke dag 170km moet ry.
‘Songs Of Praise’ is aan die gang en ons geniet hierdie program baie en die saam sing is wonderlik! 3 Priesters wat pragtig sing maak deel uit van die program!
Aan almal wat verjaar het, gsiter, Annalize en die wat die komende week ouer word, ons beste wense!
Aan die wat hul laaste skool eksamen skryf, net die beste en die wat enige ander jaar end eksamens skryf , alles van die beste, dan ons geluk wensinge aan Sam (Thabo) in Brisbane, lekker dat jou ma met jou kan spog!!!en ons ook!!!!veels Geluk!
Die trou fotos wat deurgekom het van Stefan en Nine is pragtig en ek het gewens dat hul groot oupa Gerrie die gene pot verryking kon sien! Hy sou alles wat hy sien so graag wou ontleed,die ‘mooi!’was altyd vir hom ekstra mooi!
Nine in Kokanje, ons hoop jou kar is goed herstel en dat jy weer op pad is, dat alles goed onder beheer is, Paul en Hanlie , hoop dat die trek na nuwe bly plek goed sal afloop!
‘n Suid Afrikaner het hier in Galway betrokke gewees in ‘n rooftog van ‘n poskantoor, Quintin Smith, mens voel maar sleg as so-iets bebeur ,’n afgetrede boer is deur sy kleinseun vermoor, hy was seker op soek na geld vir ‘drugs’ en ‘n ander jong man het vroeg more met sy motor(seker smoor dronk) die sypaadjie bestyg en in ‘n groep mense ingery , waarvan 1 dood is, een in intensief is met erge hoofbeserings, orals op aarde lyk dit of dinge buite beheer is. Ons lees maar die berigte elke dag van al die moorde in SA met seer harte. Dit wil voorkom of daar geen respek vir lewe oor is nie.
Baie dankie aan almal wat so gereeld laat weet hoe dit met julle gaan en ‘n fototjie word baie waardeer! Die Australie fotos was pragtig en omdat ons self daar was beteken dit baie!
Maak seker dat julle veilig ry , dat die deure van jul huise gesluit is, wees altyd versigtig, maak nie saak waar jy woon nie!
Mag dit reen waar dit droog is, en mag dit nie te warm wees in die somer gebiede nie, en vir die in die Noordelike halfrond,geniet die winter, dit is ook mooi! Waar daar ge-oes moet word , mag alles volop wees en die mark pryse goed!
Groete van ons in Cranleymore waar winter ons omhels!
Barry & Christina
NS. Wou net noem dat die 'strike' hier in Edgeworthtown nou iets van die verlede is, 6 maande het dit geneem om tot 'n vergelyk te kom! Die hele dorp is dankbaar!
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment