Maandagaand 4 Jan ‘10
hierdie briefie het nie uitgegaan nie en ek probeer weer!
Goeie naand/dag allemaal!
Hoop van harte dat julle almal veilig tuis is en die wat nog moet reis met welslae na huis sal vaar!
Hier bibber ons nog steeds , mensig maar dit was koud, is koud en gaan nog koud bly!
Die sneeu van 2 weke gelede het nog nie alles gesmelt nie en die -8 temperature veroorsaak dat alles oor vries en baie gevaarlik is!
Gerlof en Sandra veels geluk met die heerlike nuus van ‘Oupa/Ouma’skap!
Ook bly dat julle na alles tog wel weggekom het en weer veilig tuis is!
Weet niks van niemand af nie. Hester se pos komterug en die ander het omtrent almal van die aarde afgeval wat my betref!
Nine ,ek wonder so baie of jy ooit ‘n brief van my kry of lees, ek vra vrae maar kry nooit ‘n antwoord nie, hoe gaan dit met jou?
Ons het baie rustig verkeer gedurende die feesgety vanwee die erge weersomstandighede! Dit is baie gevaarlik om hier sonder die regte wiele en gereedskap die gladde paaie aantepak!
Die ganse is pragtig, hulle is groot en oulik en hou van geselskap!
Die res van Ierland se voёls woon in ons agterplaas en die rotte familie is sekerlik uitgedelg na hulle spesiale gekonsentreerde rotkos gekry het.
Hulle moes hulle knuppeldik geёet het en toe verkluim het!
Die vuur brand die hele dag en ons loop soms buite ‘n draai vir bloed sirkulasie kom totaal verkluimd terug in die huis,ten spyte van dik jasse, maar anders beweeg ons maar min, Speel baie scrabble ,lees en kyk na die boksie o ja brei ook!!
Ek sien die GP môre en sal hoor wat die resultaat van die laaste x-strale was en hoor of ek werk toe sal kan gaan of moet wag om die sjirurg te sien!
In hierdie land wat daar meer water is as breins sit ons toe sonder water vir 2 dae want die waterpype het gebars en die reservoir leeggeloop! Hahaha! Gelukkig is alles nou herstel en ons kan weer stort!
Die is werklik net ‘n kort briefie en ek hoop van harte dat jul almal die feesgety geniet het, die samesyn van familie en vriende!
Mag dit reen waar dit droog is, mag al die oeste van die lande goed wees!
Wees altyd versigitg en sluit die deure!
Baie groete aan almal.
Bibberende groete vanuit Cranleymore!
Die Dunnes
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment