Wednesday, August 25, 2010

Ierse groete!

Saterdag 14 Aug’10



Goeie dag allemaal, familie en vriende,

( 19h20 en die hemele is blou en die son skyn! Tyd van versending!)

Bewolk maar geen reen ,dit het eintlik lank laas gereen ,ons sit net onder hierdie kombers, met baie lae en kleure, van wolk massas, wat soms vinnig deur die wind aangejaag word en soms hang hulle net.

Temperature het definitief in die teenoorgestelde rigting begin beweeg. Oggend temp is nou 12-14 en dit word selde warmer as 16, miskien 17 as die son per ongeluk ‘n gaatjie kry om deur te skyn, snags kan dit tot 7 val, dit voorspel net een ding, herfs is om die draai!

Net terug van LIDL dit is ons Supermark waar ons 99% van ons proviant koop, en ons het in die vrugte bakke vanoggend:-!

Navel lemoene uit SA

Gala Appels uit SA

Pomelos uit SA

Bananas uit Columbia

Druiwe(swartkorrels) uit Italie

Gladde perkskes-Nectarines uit Spanje

Ek leef mos van vrugte en groente weet ongelukkig nie waar die groentes vandaan kom nie, Hulle het die klawer teken op dus neem ek aan dit is Iers! Met die dat ek soos ‘n brandsiek runderpest sieke gelyk het , het ek nie ‘n voet buite die hek gesit as dit nie brood nodig was nie! Mense wat my nie ken nie sou maar net gedink het, ‘ag siestog sy lyk nie te goed nie’ maar almal wat my ken het hul asems opgetrek en met groot oë gestaar!

Ek lyk aansienlik beter en kan darem weer my neus tussen my wange bespeur, maar ek was totaal toegeswel 2 dae kon ek nie my regter oog eers oopkry nie! Gelukkig het die Dr se medisyne gehelp en ook my smeek gebede dat ek ek weer gesond sal word sodat ek kan gaan werk, en nie letsels op my gesig moet oorhou nie.

Ons is erg bevoorregt om die voëllewe van naby te bekyk.

Vanoggend hardloop die ‘blackbird’ wyfie vinnig heen en weer op die gras wat gister gesny is en draai haar koppie en sy luister en sodra die wurpie sy verskyning maak gryp sy hom gou-gou, dis te wonderlik om te sien hoe sy telke male luister! Daar is gereeld ‘n geveg aan die gang oor wie se grasperk dit nou eintlik is! Die arme ‘red robin’ word soms wreed deur die ander groter voëls verjaag. Ons het ook ‘n piep klein voëltjie opgemerk, so klein dat hy, toe hy nie die einde van einde van die heining kon kry, nie deur die ogiesdraad gewurm het,dit het na ‘n ‘fly catcher’ gelyk maar ons is nie seker nie!Letterlik 100e voeltjies besoek ons daagliks want ons het die gans kuiken kos en die oats wat hulle trek, Baie bessies is aan die ryp word en hulle het ook ons appels begin pik en ons moes noodgedwonge die 5 appels wat toe oor was pluk en ek sal hulle maar vir Barry kook en met vla opdien môre as poeding! Die swaeltjies het ‘n 2de broeisel van 4 eiers in die donkiehuis en sal eersdaags uitgebroei wees! Hoop hulle word groot voor die koue kom!

Die boere is besig om gras vir ‘n 2de keer te sny en bale te maak dus is al die paaie vol trekters en sleep waens en baal masjiene,baie gevaarlik!

Ons het hierdie jaar ons hitte verskaffende materiaal, turf, gekoop, ons het baie somme gemaak en uiteindelik het Barry ge-kwibbel tot hy die prys gehad het waar hy dit met vrymoedigheid kon betaal en ons skuur is vol! Om warm te kan bly in die winter is seker byna meer belangrik as om te eet!

Die man van wie ons die turf gekoop het, het 11 kinders waarvan 7 seuns is en hulle is almal op die ‘Doil’ Hy het nie ‘n tand in sy mond nie en is stok doof, Jy moet so hard skree dat die mense in die dorp hoor wat ons sê! Hy bring gereeld 4 van die seuns saam en omdat dit nie meer in Barry se lyf sit om 2 tons turf te pak nie doen die 4 seuns dit dan vir ‘n eksta fooitjie! Hulle is ook almal bo 35!

Sou ons dit self gedoen het word dit ‘n erge beslommernis want ons het nie ‘n sleepwaentjie nie en moet dan betaal om dit hier te kry ,alhoewel dit goedkoper is om dit van die bog(G uitgespreek soos vir ‘gold’ in Engels) te koop, te stapel en te laat droog word, styg die koste geweldig vir die vervoer daarvan! As ek nou eendag geld het koop ek ‘n trekter en ‘n groot sleep wa om alles wat ek wil verskuif of vervoer self te doen! Hahaha...

Ons het heerlik koffie gedrink by een van die Suid Afrikaanse vroue in Mullingar. Hulle wag dat hul huis klaar gebou word en intussen huur hulle ‘n enorme groot huis in ‘n baie mooi buurt! Ons het ook ‘n hekel les gehad, ek het net gekyk want ek had toe nie ‘n hekelpen nie! Heerlike melktert en sjokolade koek ge-eet wat die dogters gebak het! Nogmaals baie dankie Marna vir die gasvryheid! Ons wens ook Mathie ‘n voorspoedige reis na SA toe en dat sy die tydjie saam met haar ma baie sal geniet!

Ons gans familie is op die oomblik pragtig, die tieners is parmantig gemaklik met ons, Barry is hul bron van voedsel en hulle is baie lief vir hom, Gister het ek ‘n hele gesprek met die klomp gevoer terwyl hulle net so hard antwoord. Hul piep-piep het nou verander na wap-wap-wap net die k wat nog vermis word. Hul ogies het almal ligte rooi kringe om en die oog kleur is vinnig besig om van swart na lig blou te veranter! Hulle is nou byna so groot soos hul ma’s en tantes! Toulouse, die een tiener wat meer vreemde eieskappe as die res het is nou nie ‘n mooi gans nie maar ons het net so lief!

Die kleintjies is nou 2 weke oud en doen al die dinge wat hul boeties ,sussies ens gedoen het! Wonderlik hoe vinnig hulle groei en onafhanklik begin wei en kosbak toe hardloop! Hulle sit net soos die tieners ook in die waterbak! Die tieners is baie lief vir die water en soms is daar 4-5 in die tenk op dieselfde tyd! As hulle uitklouter moet ons omtrent die tenk weer opvul, so het die watervlak gesak!

Ons het ten spyte van die bewolkte weer tog ‘n paar heerlike ure buite deurgebring vandag! Die wind het nie gewaai nie en dit maak die wêreld se verskil!

Môre is Sondag en die beste dag van die week! Psalme en Gesange reeds goed ge-oefen en ons hoop dat ons more lekker sal sing! Ons besoekende prediker verlede week was van Monaghan en het ‘n uitstekende preek gelewer! ‘n mens loop so sielsverrykkend uit die kerk en het sommer hoop vir die ellendes wat die week mag bring! Ons Hemelse Vader is goed vir ons!

Ons dink baie spesiaal aan Isabel en kinders met oorlede broer Gerhard se verjaardag herdenking!

Paul in Australie verjaar die 20ste! Hoop jou verjaardag verloop met dawerende gejuig! Ryke seeninge jou toegebid jongman!

Ons kleinseun word ook 4 mnde oud, tog eienaardig hoe hy reeds 16weke oud is maar nog nie 4 mnde nie! Hy is ‘n oulike ,vriendelike en hoogs intellegente knapie! Ons sien hulle volgende week en kan nie wag nie!

Ons lees met weemoed van die moorde en bid vir almal se veiligheid! Ek weet daar is duisende mooi dinge wat ook in die land gebeur maar ‘n mens se hart voel tog maar baie seer!

Hoop van harte dat Nine en kleindogter hul reis geniet, Haya , hoop dat jou voete goed herstel en dat Cobus se rug beter is! Gerlof ,Sandra en MarieJanke- geniet leke moment julle tyd in SA vlieg verby!

Intussen is die dag verby en ek moet gaan opskep!

Almal wat werk soek was vandag by die deur! En die elektrisiën het nooit teruggekom nie nou moet ons maar ‘n ander een soek! Nog geen eleltrisiteit in die skuur nie!

Hiermee dan bewolte groete met die son strale wat so elke nou en dan skitterend deur breek!

Liefde groete van ons hier in Cranleymore

Barry & Christina

No comments: