Saterdag 18 Sept’10
Tyd vlieg!
Goeie dag allemaal, familie en vriende!
Dit het letterlik die ganse dag gereën, Gemiddelde temperatuur vir vandag 9-11 grade! Dit was nie ‘n slegte week nie maar het al beter beleef dit is nou weersgewys!
Die kinders is so uur gelede weg en al die skottelgoed is gewas en weggepak nadat ons alle grense van ordentlikheid oorskrei het! Dit is nou wat eet betref!
‘n Biefstuk, groot, goed kg + ½,(weet nie watter deel van die bees nie want hier is die opsny van ‘n bees totaal verskillend van SA se slagters!) want kyk, Barry glo nie daaraan om afteskeep as die kinders kom nie! Dus eenmaal in 4-5 weke word alle reëls vergeet en smul ons gulsig aan alles wat op die tafel verskyn! Ek probeer om alles vantevore voorteberei sodat ek nie tyd in die kombuis hoef deurtebring as hulle hier is nie, want elke oomblik is baie kosbaar! het ook 'n sjokolade koek gebak eerste in 5 jaar! vir die 2 mans in my huis wat in September verjaar!
So het ons dan ‘n heerlike dag met Lukas en sy ouers deurgebring , fotos 47 van hulle geneem, kan byna film maak so goed volg hulle opmekaar!
Lukas is ‘n oulike seuntjie en daar is geen gebrek aan grysstof nie, Kan D a d a sê( seker per ongeluk maar jy hoor dit tog duidelik!) en glimlag breed as hy sy pa sien- volgende week 5 mnde! Lag uit sy maag as jy ‘n storie vertel! Wys met sy vinger na die lig! Dis nou nie vir enig iemand anders belangrik nie maar vir ons as groot ouers is alles wonderlik!
Die plante is daarmee heen! Dae van reën en sterk winde het alles verweer en ons het skaars herfs gehad toe winter sommer ongenooid by die deur inval!
Die dae is aansienlik korter en die nagte heelwat langer.Groei tyd is verby en ek was net betyds om alles wat buite was in my voorportaal te huisves vir die winter! Dit word wel koud daar in die nag maar daar is darem geen ryp nie en bedags is dit goed belig en as die son skyn is dit ‘n bonus!
My orgidee het 3 stingels met blomme aan! Ongewoon want die plant blom gewoonlik net 1x ‘n jaar en dit sal die 2de keer wees dié jaar! Ek kry ook van my SA Vriendin Marthie wat by Home Base werk die byna weggooi plante en het al ‘n hele klompie mooi dinge bymekaar. My 5 lemoen bome kom mooi aan en ek is baie trots op hulle(van pitte op watte gegroei). Hierdie keer bly hulle binne tot hulle vrugte dra!,al neem dit 10 jaar!
Ons werk hard as die teater aan die gang is maar maak nog steeds elke 2de naweek toe! Sal in die loop van volgende week meer hoor van die moontlike kopers wanneer ek met my instrukteurs vennoot Dublin toe moet gaan vir opleiding in die wetlike aspekte van Irish Heart Foundation vereistes vir die lisensie wat uiteindelik aan ons toegestaan is om CPR aantebied! Haar pa is die voorstitter van die ‘Board’ en woon 6 mnde van die jaar in hul vakansie huis naby Knysna.( goeie aanknopingspunt)
Die gans familie loop nou almal saam 15 van hulle en is pragtig! Wonder nou net wat ons met hulle gaan doen!
Nuus is maar bitter min en môre is Sondag, vir my die beste dag van die week, alle Psalme en Gesange reeds goed ge-oefen en ons sien baie uit na ons geestelike voedsel!
Volgende Sondag is Oes gedenk diens, ek werk, maar hoop om genoeg slaap intekry tussen deur! Die diens is eers 3.30nm wat beteken ek kan vanaf 8.30vm (as ek betyds uit die saal kom en sonder verkeer kan huistoe ry) - 2.30nm slaap , Sondag aande is nie gewoonlik baie besig nie en die moontlikheid dat die saal op no 99 toegemaak sal word is baie hoog!
Verjaardae, as ek dit reg het is dit Adelbert se verjaardag die 20ste Veels Geluk en mag jou jaar baie voorspoedig wees!
Die 22ste dink ons aan Nine en gesin met oorlede Br paul se verjaardag herdenking!
Daar is sommige van die broers kinders wat lank laas geskryf het en ons hoop maar dit gaan goed met hulle, hoop ook dat Arnolda en Kie se terug reis na Calgary sonder probleme sal afloop!Nine sal ook seker nou tuis wees!
Groete van huis tot huis!
Barry & Christina vanuit ‘n sopnat Cranleymore!
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment