Saterdag 4 Sept’10
Liewe Familie en vriende,
Helaas het die briljante weer op ‘n einde gekom toe ons vanoggend teen 06h30 vanoggend die reen druppels op die dak van die hospitaal hoor val!
Dae van ongekende warm sonskyn min wind en blou lug het ons elke oggend gegroet! Ongelooflik heerlik.Julle dink en wonder seker hoekom is ons so beheb met die weer. Julle wat in die suidelike halfrond bly en ook die Kanadese inwoners ervaar meestal sonskyn en heerlike ekstra warm somers daarteenoor beleef ons hier in Europa ,die middelpunt van elke moontlike ongure weerstelsels denkbaar. As die ADHORES nie iets bytedrae het nie kom die Noordpoolse stertwinde hier ‘n draai maak en soms ,skuif daar ‘n lae-druk stelsels in net om ons net bietjie meer jaloers te maak! Sonskyn is hier van meer waarde as goud!
As die son skyn en ek slaap nie, kry jy my buite, almal wil weet of ek in Spanje was,maar leedvermakering lig ek hulle in dat ek my pragtige kleur in my estate te Cranleymore verkry het! Hahahaha!
Barry gaan deur’n” surge” van enorme energie uitbarstings en sedert my laaste skrywe het hy met die hulp van die Poolse werker en sy seun die skuur vergroting binne 3 dae gebou en toe begin hy die foute regmaak om die huis , foute wat gemaak is toe ons die verandering aan die huis gedoen het 4 jaar gelede. Water het gereeld aan die noorde kant van die huis opgedam het want die idiote wat die sement gegooi het, vir die wat nog kon onthou, 2 ton sement in 4 ure het die helling van die sement verkeerde kant toe laat neig ,instede van die water weghou van die huis, het dit opgedam. Barry het ‘n gat gemaak in die muurtjie maar as dit reen , mense, dan reen dit en die gat kon nie die water hanteer nie en ons het meer kere ons eie swembad gehad aan die koue kant van die huis!Nou is die muur weggebreek en die water kan nou vrylik wegvloei. Alles is weer netjies gepleister en sal mettertyd geverf word!
Die heining om die huis se houtpale het nooit ‘n beurt gekry toe ons hier gekom het nie en het met die jare totaal gevrot en die is nou hernu 24 pale geplant en die draad heining styf getrek en ons is nou weer netjies in ons plek! In die onderveld verhoed die heining, deur jare oue bome, dat die son daar skyn en nou het hy ook een van die groot bome afgesaag, opgesaag, opgekap en in die skuur gepak alles in 7 werksdae! Die pole het elke sent wat hulle betaal is dubbel en dwars verdien!
Ek sit in die binne sitkamer en kyk tussendeur na ‘n film wat nog nie van te vore gewys is van 2/9 ‘n Mens vergeet van sulke dinge met tye en om weer daarna te kyk in ongereddigeerde films van verslaggewers en gewone mense is verskriklik! Ons leef so veilig in ons klein plekkie dat sulke verskriklke terroristiese dinge byna ondenklik is.
Ons 5 swaeltjies in die nes is nou te groot vir die nes en sit op die balke maar het nognie gevlieg nie maar daar is omtrent ‘n vergadering van ouer swaeltjies hier seker 5 pare!ons vermoed dat hulle die nuwe skuur kom inspekteur, vir volgende April! Die ander voeltjies is vet want hulle eet net so vinnig aan die gans kos as wat die ganse eet!
Ons het ook die klein gans kamp opgebreek en vir die eerste keer in 2 maande die gras daar kon sny. Die nuwe deel van die skuur huisves die 3 kleintjies en hul ma terwyl die res nog in die donkie huis slaap! Ons het 2x probeer om die kleuters by die tieners te voeg maar dit byna op ellende uitgeloop en die gans met die meeste swart “Toulouse” is die geniepstigste van almal en pik die ou kleintjies tot hulle skree! Haastig moes ons hulle red, maar nou skei ‘n ogiesdraad heining die 2 groepe. Die tieners en 3 van die ma’s en Prins Scruffie kry nou gereelde swem ure en wei andersins in die veld terwyl Mary en haar 3 kuikens die water besigtig en bietjie ongehinderd kan wei!
Van blomme praat ons nie want alles maak gereed vir hul winter slaap . Elke nou en dan besluit Barry om alles water te gee en dan begin die pronkertjies weer opnuut blom! Wag geduldig vir die swaard-lelies,en die 2de drag rose!
Die blare van die “ash” bome het begin val en dit sal seker nie meer lank wees nie dan sal ons begin koud kry!
By die werk is ‘n gerug dat die hospitaal in die proses van eienaar verwisselling is , maar daar is ook die ondersoek van die groot baas wat aangekla is vir ‘bullying’ en die vrou van die EU werk baie harder as wat die ‘board’ gedink het, en sommige werkers se onderhoude strek van 4-6 ure! Die nuwe eienaars wil eers sien en hoor wat die uitkoms is voor hulle ‘n finale offer maak!
Die nonne se kasarm van ‘n huis vorder fluks, hulle is reeds dakhoogte en hoop om Feb intetrek en nou kan ons alles sien ontplooi voor ons oe!
Die inspeksie HIQA wat ouetehuise inspekteur het die nonne 3 jaar gegee om die ouetehuis optegradeer of hulle verloor hul lisensie!.
Verder gaan dit baie goed Ons Kleinseun Lukas groei ongelooflik vinnig , hy het ‘n lang rug en is ‘n regte seuntjie! Sit byna alleen hy het mooiste hande wat ek nog aan ‘n kind gesien het! Ek kry elke 2-3 dae ‘n foto en kan so sy groot word dop hou!
More is Sondag en ons sien uit na ‘n preek van ons eie predikant! Psalme en gesange goed ge-oefen. Die beste dag van die week!
Verjaardae is maar dun in my boek Michael Knight verjaar die 5de maar hy weet seker nie eers meer wie ons is nie! Hy is die man van Anette(Br Mendel se oudste dogter). Ons dink ook aan Maryke se kinders want sy sou die 5de haar verjaardag gevier het, miskien kan Paul ook ons gedagtes aan br Mendel en Anke laat weet.!
Ons lees van die die stakings in SA en die ellendes in Mozambiek! Dit was eens ons mees geliefde vakansie plek! Die Polana Hotel in Maputu!
Nou ja met Gerlof en Sandra terug in Exeter en Arnolda en Kie op toer deur die suide van Australie wens ons almal die aller beste toe vir die week! Dankie vir jou briefie Haya , jou sus Hessie het baie lank laas geskryf!
Wees altyd versigtig!
Groete
Barry en Christina vanuit Cranleymore
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment