11 Desember 2010
Goeie dag allemaal, familie en vriende!
Dit is met groot blydskap en dankbaarheid dat ons kan sê die temperatuur vanoggend was 6gr bo vriespunt. Van -11 verlede week tot hierdie wonderlike sagte wintersmôre! Die sneeu is nou byna oral gesmelt in Cranleymore en Edgeworthstown en toe ek Donderdag oggend uit Mullingar weg is was alles nog stok styf van die vriesende arktiese weer, Paaie was darem meer begaanbaar maar steeds het ons op dele van die hoofweg teen 40kpu beweeg, dit was vir my sieldodend!
Die ganse het weer gras om te eet en die voëltjies is altebly dat hulle weer sonder moeite goggatjies kan vang!
Die hangmandjies het verander in kanon koeëls en ons sou maklik ‘n oorlog met hulle kon wen! Hulle is nog steeds vereis.
Ek vind dit jammer dat ons nie meer voorbereid op die weersomstandighede in hierdie eiland is nie, hulle het darem nou sokkies vir die karbande uitgebring wat help maar volgens die kenners kan ons nie met Europese/Kanadese bande hier ry nie want ons teer is te sag en dit sal die paaie opvreet!
Ek is met vakansie en het ‘n gruwelike verkoue by die werk gekry en sukkel om dit uit my borskas te hou want ek weet as dit sak is ek in die moeilikheid!
Bly om te hoor dat die troue goed afgeloop het nou wag ons maar geduldig op ‘n foto!
Hessie, jy werk so hard aan die volgende troue ,ek wonder wat jy vir jou eie dogters gaan doen eendag! Baie trots op jou!
Behalwe vir die beroerde begroting en die geldelike ellende waarin ons , ons bevind gaan die lewe aan. Ons het net 1 gans verkoop 2 loop tot net voor Nuwejaar nog en die ander is nou pasêla, gedurende die koue en die sneeu het Barry oneindig tyd gespandeer om seker te maak dat die groot voëls goed versorg is en ek dink die plesier is nou daaruit en hy het nie meer lus daarvoor nie! Ons is ook baie beperk in ons bewegings want ons moet 4nm weer terug wees om die kinders in die bed te sit!
Ek soek naarstiglik na ‘n orrel, digitale een wat aangepas is vir ‘n kerk , kan een vanuit Duitsland, Italië, VSA en Uk kry en dan 1 in Cork, Nooit kon dink dat dit is so moeilik sou wees om so ‘n instrument te bekom nie! Speel maar nog steeds my klawerbord Sondae! Sondae is nog steedsmy beste dag van die week en ek sien so uit na die sielsvoeding!
Helene van Oubaas en Gerda verjaar en ek hoop sy geniet die dag!
Ons nuutse lid van die familie moet nou seker op die familie register geplaas word ,dus moet Georg alle besonderhede aan Gerda stuur!
Dit kom nou vinnig nader, die langste nag en die die kortste dag,dit is alreeds stik donker teen ½ 5 en eers lig teen 8vm dus wonder ek hoeveel daglig ure ons dan die 21ste sal hê maar gelukkig draai die spul dan en die dae word langer en die nagte korter, kan nie wag nie!
Het daaraan gedink om maar ‘n diesel te koop maar die pryse is byna onbereikbaar en dan dompel ek myself weer in karskuld vir 5 jaar en het nie regtig daar voor lus nie!
Lukas Liam Dunne ons kleinseun is die punt van onse harte en ons sal hom volgende Sondag sien,met sy doop! kry gereeld fotos en hy is regtig ‘n pragtige seuntjie!
Nou ja geniet die sonskyn die hitte en die somer!
Aan die wat gaan reis wees tog versigtig op die paaie! Gerlof en Sandra wat Kanada toe gaan, geniet die samesyn!
Aan die wat tuis bly wees altyd op jul hoede!
Liefde groete
Barry en Christina -waar daar geen wind waai nie en die son deur die wolke probeer breek en die sneeu gesmelt het!
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment