Saturday, March 5, 2011

Groete vanuit 'n wakker wordende Ierland

5 Maart’11

Goeie dag allemaal, familie en vriende,

My binneste tril nog van die klank van die orrel, ons is net terug van die kerk waar ek vir ‘n goeie uur die nuwe orrel bestudeer het en môre se Psalms en Gesange ge-oefen het! Dit was ‘n majestieuse klank en het my binne geruk! Die klanke van ‘n groot pyp orrel so goed geweergee in die digitale orrel is ongelooflik!
Vandag is nou effe grou en effe koeler as wat ons die hele week beleef het ons kan ook nie te gulsug wees nie en moet elke bietjie erg waardeer! Die wilde pruim met dubble blaardrag groen en pers is oortrek met klein blaartjies en duisende knoppies wat net wil oop bars om ons dan wit en pink bloeisel prag te gee.
7 Geel en rooi tulpe is oop en lyk pragtig 1 affodilletjie oop en nog ‘n goed 30 op die nippertjie,as die son vandag geskyn het sou hulle oop gewees het maar die hitte is net nie daar nie! ‘n Vinnige skatting gee ons omtrent 200 affodille om in die volgende paar weke ooptegaan, kan nie wag nie, alles is baie laat vanjaar,ek is seker die grond is nog gevries!
Ek het siklames op my vensterbank in die kombuis en die groot een blom nou sedert Oktober en word mooier en mooier soos ons die jaar ingaan! Het tans 14 blomme wat kiertsregop staan helder pienk!
As alles volgens plan verloop hoop ons om Maandag middag na die Blomme man te gaan Larry in Abbeylara. Uit ondervinding weet ons dat vandag en more nie goeie dae is nie want elke mens met ‘n tuin is daar en dis lank wag om te betaal ,dus word dit Maandag, al die mandjies is leeg 13 en al, 10 blom bakke,6 wat op die vensterbanke voor die huis moet kom en die res gaan op die perdekar in die tuin, Barry het ‘n vloer ingesit sodat ons die oppervlakte sonder moeite kan volpak! Die gras is besig omtegroei en ons sal seker nie meer lank daarmee kan wegkom nie – moet glo wag tot St Patricks dag voor ons mag sny, die Ierse en hul gelowe!
Op die politieke front is die 2 grootste partye besig met onderhandelinge om ‘n weg ooptebreek vir ‘n nuwe regering,albei partye sal moet gee en neem en ons bid dat
Die regte belsuite geneem sal word!
Ons mis die ganse geweldig en is nou jammer dat ons hulle almal weggemaak het. Aan die ander kant gee dit ons ‘n geleentheid om hierdie jaar bietjie wegtegaan
Hoop om die ferrie te neem en iewers in Frankryk ‘n week of twee te gaan reis! Buite seisoen natuurlik maar met petrol wat die hoogte ingeskiet het weet ek nie of ons dit sal kan beredder nie! Ons petrol pryse varieer van garage tot garage en in ons nabyheid kos dit tussen €1.46 – 1.49 byna R15 ‘n liter!!!!!!!!!!!! Wanneer jy by ‘n vulstasie verby kom waar dit goedkoper is stop jy en maak vol net om ‘n paar sent te spaar!
Ek is terug by die werk en alhoewel jy niks van buite kan gewaar nie het daar al reeds groot veranderinge binne die staande gebou plaasgevind terwyl ek rustig met siek verlof was! Die nuwe eienaar verdra nie mense wat nie werk nie en hy hou sy oog op elke moontlike lui persoon.
2 waarskuwings en met die 3de trek jy die deur uit!
Almal is in hul oppasings- rook nou net wanneer dit tee tyd is en nie meer 10 minute elke uur nie, weet regtig nie hoe dulle dit reggekry het van te vore nie maar hulle het tog! Sy kantoor kyk uit oor die rook kiosk en hy kan goed sien wie gaan in en uit en hoe lank hulle daar binne bly en hy loop sommer buite toe en gaan vra of dit hulle tee tyd is of nie en later kontroleer hy of hulle die waarheid gepraat het! Ek weet nie wie van julle rook nie maar in Ierland rook elke lewendige wese omtrent en hulle dink hulle is baie spesiale mense- en hulle moet altyd in aanmerking geneem word!
Die hospitaal het altyd in Augustus vir ‘n week toegemaak en dit is nou verby= die hele jaar sal daar hard gewerk word. Dit pas my goed ‘n mens moes altyd verlof tyd oorhou om daardie week af te kon hê! Nou kan jy ten minste jou verlof neem wanneer dit jou pas!
Genoeg gekla, ek is die Vader dankbaar dat ek ‘n werk het en dat ek elke 2 weke ‘n bietjie geld in my rekening inbetaal kry al is die belasting bo normaal hoog! Daar is soveel mense wat op die kruin van die ‘Celtic Tiger ‘ huise gekoop het en nou sonder werk sit en kannie die huisverband byhou nie-veral jong families met kinders. Dit is baie treurig!
Met ons klein seun gaan dit baie goed, met sy pa vanmôre gepraat maar hy praat meer as sy pa, klim op alles ,sit nie vir ‘n oomblik stil nie, hou baie van musiek en beweeg op die maat van die musiek! Se abie woorde en wys na alles wat hy noem! Woensdag deur die dag het die laaaaaang verwagte tand sy verskyning gemaak! Ons het al begin moed opgee maar hy gebruik hierdie een tand om alles mee te verskeur en trek stukke van die biltong af!
More is die beste dag van my week en bo en behalwe die nuwe orrel is ons besig met ‘n pragtige reeks preke en ons het ‘n predikant met ‘n wonderlike gawe! Kos vir die siel! Verlede Sondag was ons bevoorregt om nuwe mense in die kerk te verwelkom van Zimbabwe. Hier geland verlede Julie en woon ook in ‘n klein plekkie Kenagh ‘n spoegie van die kerk af soos die kraai vlieg! Pad langs so 8 kilometer as dit so vér is en ons hoop dat hulle nou gereeld sal kerk toe kom! Die Suid Afrikaanse vriende wat in Ballymahon woon ken hulle en bring ‘n mens dadelik nader aanmekaar!
Al die agterkleinkinders en kleinkinders in die wording is wonderlik!!!! Veels geluk aan die ouers Kathleen en Tim wat wag op no.2 en dan Jaco en Stenelle op die plaas! Haya moet seker bars van trots! Welkom by die Grootouer klub!
Verjaardae is min in my boekie as daar iemand is wat wel ‘n verjaardag het en ek nie daarvan weet nie Veels Geluk! En geniet die dag!laat my ook weet asb!
Ons voëltjie lewe is uitbundig en die ‘house sparrows’ maak reeds nes- ons kat wat gereeld kom eet was nou 2 aande nie hier nie- hy loop nie meer kreupel nie - mens bly wonder aan wie hy behoort en of hy wild is.
Marthie Potgieter my dierbare vriendin hier in Longford se ma is gedurende die week met bors kanker gediagnoseer en sal volgende week ‘n radikale mastektomie moet ondergaan! Ons gebede is met haar en die familie en veral met Marthie wat nou inderhaas moet SA toe, Dra ons beste wense aan jou ma oor en ons bid dat die operasie goed sal verloop en dat haar herstel sonder probleme sal verloop! Hou ons op hoogte van sake asseblief Marthie! Marthie het ook haar oom verloor, ek dink dis haar ma se enigste broer oor, nog ‘n ekstra verdriet!
Nou ja die nuus van ons jong nefie met die brein bloeding is goed Hy sterk tans by die huis aan en vorder goed, normale verskynsels na ‘n brein operasie is wel daar en ons praat maar moed in en dra hulle in gebed dat alles uiteindelik goed sal genees! Die spanne Drs by die hospitaal is in elke geval tevrede en dit beteken baie!
Die wolke het digter en donkerder geword in die uur wat ek hier sit en ek gaan nou halt roep! Dit is nou stikdonker hier waar ek sit en tik! Die lig aanskakel sal help! Ons dae is nou heerlik lank en dit maak op vir alles wat nie altyd so goed gaan nie!
Nine van Arnolda en Garth, ek hoop dat jy gou gevestig sal wees en ‘n goeie werk sal kry- nie geweet jy beplan om terug SA toe te gaan nie maar ook bly dat jy by die familie is! O ja en ek geniet die trou fotos elke keer wat ek kyk! Sam en Emma julle is ‘n pragtige paartjie!
Liefde groete van ons in Cranleymore waar die natuur aan die wakker word is!
Barry & Christina

1 comment:

Anna F said...

Halo Christina, het heeltemal perongeluk op jou blog afgekom en vind dit interessant aangesien my suster ook in Ierland bly. Ek kan nie agterkom watter beroepe julle daar beoefen , hoe oud julle is en hoekom julle daar is? sal vir my interessant wees om te weet..! As jy die inligting wil deel natuurlik. Groete , A