Saturday, December 24, 2011

KERSGROETE VANUIT CRANLAGHMORE

24 Desember’11
‘n Geseënde Kersfees en ‘n baie Voorspoedige Nuwejaar aan almal!

Goeie dag ook aan jul almal familie en vriende!
Ons is ryklik geseën met wonderlike gematigde winter temperature van 7° vandag –die wind waai met mening en die skaam sonnejie van gister is nog besig om wegkruipertjie met ons te speel! Môre beloof om by 12° ‘n draai te gaan maak, ongelooflik in vergelyking met verlede jaar met sneeu orals om ons maar ons moet nie in die verlede lewe nie want dan het ons vir elke minuut ‘n uur in die toekoms verloor.
Laat gistermiddag het die hospitaal my laat weet dat die laaste pasient huis toe is en ek hoef nie te werk nie, dit was goeie nuus en nou is ek hopelik tuis tot en met Oujaarsdagaand- intussen gaan soveel gebeur.Omdat Kersdag op Sondag val het ons ‘n diens in ons klein gemeentetjie- ander jare gaan ons Mullingar toe vir die diens. Ek sit in die kerkbanke môre en kan my hart uitsing!
‘n Dubbele geskenk ,die beste dag van die week en dan ook nog die herdenking van ons Verlosser se Geboorte!
Ons dink baie spesiaal aan Werner wat onverwags baie siek geword het maar ook innig dankbaar vir vinnige optrede van sy mediese span en waar hy hom ookal môre bevind Werner ons bid vir ‘n spoedige herstel, en tenspyte van ellende, naar wees en die gedagte dat al jou hare gaan uitval,(dit sal weer groei) wens ons jou en Hester en die hele gesin ‘n baie spesiale Kerstyd toe- Ons weet wie jou Geneesheer is en ons vertrou tenvolle op HOM!
Vandag is dit ook Die tweeling van Br Mendel en Anke se verjaardae. Paul dra asb ons beste wense ook aan Jacob oor. Mag die jaar wat voorlê vir julle albei voorspoedig verloop!
Tjaart miskien kan jy vir Br Mendel die brief laat kry!
Almal wat iewers kuier soos bv in Kanada – ook hoop ons dat julle die ervaring van Kerstyd in ‘n ander land –die Noordelike Halfrond met groot blydskap sal ervaar. Aan alle Oumas en Oupa en groot Ouma’s geniet jul kleinkinders.
Onse Lukas kom die 26ste ‘n 2de Kersdag saam met ons vier, môre is dit die Dublin se familie se beurt en dan kom ons aan die beurt! Nie goed vir die figuur om 2 Kersdae te hê nie maar dit is ons plesier in die lewe!
Vir die wat wag vir uitslae- mag dit belowend wees, die wat herstel geestelik en liggamlik van gebeure of ongelukke, mag julle Die Genesende Hand van onse Vader oor julle voel!
Die Parlement het sy deure gesluit vir ‘n paar dae en ek dink die Euro mense rus ook want ek hoor nie baie murmereringe nie.
Dit lyk nie asof dit daar ‘n resessie in die land is as jy na die winkel sentrums kyk nie maar tog is daar baie mense wat baie swaar kry en ons dink ook baie spesiaal aan almal wat in die Philipyne deurgeloop het. Aardbewings in New Zealand. Wat het ons tog baie om voor dankbaar te wees!
Iraq wat op die drumpel van oorlog staan en Iran wat hul mense doodmaak net om dood te maak! Hongersnood en droogte. Tel jul seëninge!
Ons groet hier vanuit Cranleymore waar die voëltjies uit volle bors sing,die bolplante al 6” hoog staan en die dae reeds besig is om langer te word.
Moenie teveel eet nie, ‘n minuut in jou mond ‘n uur in jou maag en vir ewig op jou heupe!
Baie liefde groete
Barry & Christina

No comments: