Sunday, May 13, 2012

Groete vanuit 'n bibberende Cranleymore


Sondag 13 Mei ‘12

Goeie dag allemaal, familie en vriende,
Hier beleef ons ongure weersomstandighede temperature van 7-9°
Die wind huil met ‘n  dringende boodskap van ysige aanraking,’bly uit my pad want ek sal jou murg vries’ en ek beleef dit toe persoonlik toe Barry dink ek glo hom nie .Ek word ½ 3 wakker gemaak en na ‘n koppie tee lok hy my buite toe en sedertdien het ek nog nie weer warm kon word nie-ek weet nie wat ek aan hom gedoen het om so gepynnig te word nie ek dink hy kon nie verdra dat ek heerlik warm is na my slapie nie en wou my laat ervaar wat die voëltjies en ander lewende wesens daar buite beleef.
Nou is die verwarmers aan en ek sit onder my warm kombers 4 dubble gevou in die hoop om weer warm te word. Ek het meer klere aan as in die middel van winter!
Genoeg van die weer. Van vroeg vanmore het ‘n Chaffinch mannetjie met homself teen die kombuis venster geveg- dat hy nie moeg geword het nie was ongelooflik – teen 5uur vanmiddag kom ‘n ysige vlaag reen en hy besluit toe om die aftog te blaas. Die venster is nou smutzsig en die vensterbank vol voëlmis. Hoop hy het genoeg gehad en begin nie weer in die vroeë oggend ure met die ritueel nie. Ons get baba ‘Blue Tits’ en die Starlings het die nes verlaat. Iets anders wat eienaardig is dat die swaeltjies gekom het en het weer die pas gevat want dit is te koud- hulle is seker terug na mid Europa in die hoop dat dinge hier sal verbeter.
As dit nie vir die Rhododendrons was nie het ons maar min kleur in die tuin gehad. Die tulpe is weg gewaai die daisies probeer hard om bietjie kleur te bring maar dit was nog te koud om selfs somer plantjies in te sit want ons het gister oggend nog ryp gehad. Die rose wil nie oop gaan nie want daar is nie genoeg hitte nie. Die aartappels en uie staan gesond en regop in die groente tuin, die ertjies het hul verskyning gemaak en daar is vrugte aan die peer en appelbome en ons hoop dit bly sit!
Ons kleinseun Lukas en sy ouers het verlede Sondag ons harte verheug. Hy hardloop na die heining toe hy die beeste sien en skree aahouded luidkeels ‘Hello Cows! Hy het nader al 20 beeste by die draad, ons was bang dat hulle hom sou storm maar hulle het met groot verbasing na die klein mensie gekyk en toegelaat dat hy hul neuse aanraak. Hy was in sy element! Vol streke en praat asof hy al jare op die aarde is! Hy bly ‘n kind met ‘n mooi geaardheid en huil en neul glad nie- hy word op ‘n nuwe manier groot gemaak en ken dissipline op ‘n ander manier as wat ons kinders mee groot geword het, tog werk dit wonderlik. Hy weet baie goed wanneer hy dinge gedoen het wat ongeoorloof is en probeer gou om sake reg te maak. Ons het hulle besoek terdeë geniet. Natuurlik totaal en al teveel ge-eet! Skaapboud, gebakte aartappels met 3 groentes en boordpoeding as nagereg!
Ek het sedert Donderdag gewerk en laas nag was dit baie besig en ek het eers na ½ 10 vanmore tuis gekom en het maar met ‘n swaar hart bed toegegaan want ek sou nie die kerk haal nie – nie tyds gewys nie ook nie met wakker bly nie-het tehard gewerk maar dis nag werk en alles is wel ek gee glad nie om nie. ‘n 90 Jarige non het gisteraand gesê dat sy heeldag gewag het dat ek moet kom, sy mis my gedurende die dag- en dit beteken vir my so baie!
Op die politieke front gaan die debat oor die ‘fiscal treaty’ steeds voort! Hulle maak jou siek! Die wat die ellendes veroorsaak loop die strate van vreemde stede ongehinderd en sonder ‘n gewete vir die wroeginge wat hulle in hul gierigheid om ryk te wees ,veroorsaak het.
Verjaardae- niks in my boekie nie maar sou daar iemand wees wat wel verjaar! Veels Geluk!
Aan die jong mense wat eksamen skryf wens ons net die beste toe. Daar mag natuurlik ook ouer mense wees wat nog studeer en ook aan hulle net die beste toegewens!
Ons besoekende wilde diere gee ons steeds groot plesier! Ons dink daar mag dalk meer as een klein jakkalsie wees –hulle kom baie laat want dit word nou baie laat donker 10min na 10 was dit nog skemer. Ek het ‘n pragtige foto van die sonsopkoms geneem net so teen 10min na 5 vanmôre. Ongelukkig was dit ook die einde van die mooiheid want ‘n uur later het die wolke begin inrol!
Ons dink aan almal wat nie gesond is nie en hoop van harte dat daar beterskap naby is . Ons dink ook baie spesiaal aan Jacomien Rohrs wat heel moontlik ‘n operasie sal moet ondergaan! Retha verseker asb vir Jacomien dat sy baie spesiaal in ons gebede en gedagtes is.
Die weervoorspelling net aan die gang en op die oomblik word dit beskryf as ‘pretty poor weather’ reen wind en koue! Hael en donderweer! Dit is kouer hier, in ons voor- somer, as in SA wat byna in die middel van hul winter is en waar die son heerlik skyn – tel jul seëninge! Intussen is die eiland emerald groen- te pragtig!
Wees altyd versigtig en onthou die gek om die hoek!
Groete van ons in Cranleymore waar ons bibber van die koue terwyl ons vir die somer wag!
Barry en Christina

No comments: