Saturday, May 26, 2012

Warm groete

Saterdag 26 Mei 2012 Gegroet, lesers en ander, Uiteindelik het ons somer ge-arriveer! Sommer hier in die middel van die week het ellende verander in vreugde! Dit was die eerste dag ‘n wonderwerk om die son te sien en dan boon-op vir die hele dag tot laat die aand! Ongelooflik- die bloue hemel en die helder sonskyn waarna ons met hart en siel gesmag het. Alles het skielik begin lewe, met vuur en vlam het al die knoppe oopgegaan –die mooi kleure van al die blommetjies wat ons so sorgvuldig geplant ‘n paar maande gelede is nou ‘n lus vir die oog- Die temperature het van ellendig koud na 25° opgeskuif oornag! Vandag waai die wind bietjie sterk wat dit effe onpleseirg maak as jy nou nie van die wind hou nie maar andersins is dit ‘n manjefieke dag, die 4 de van sy soort hierdie week! My groot jas hang nou aan die kapstok en ‘n ligte somer bloesie het die se plek ingeneem! Die pere sit nog aan die boom en die appels is ook aan die vorm! My druiwe stok groei vir ‘n vale – ons het hom/haar geplant waar die son altyd skyn(hahaha) in goeie weer! Die aartappels staan hoog en gesond –sal seker moet sprei in die nabye toekoms. Die wortel plantjies is opgevreet deur of ruspers of slakke en die ertjies kom op. Vir ‘n geruime tyd het ons hierdie plante dopgehou en kon nie uitwerk wat dit is nie daar ons nog nooit sukses gehad het met Iereses nie was dit die wonderlikste ding toe die blou iris vanmore ‘n verskeining maak! Die rose is oop en die Clematises blom met diep meroon blomme! Die grond bedekking wat ‘n blou blommetjie aan het is te pragtig en die miniatuur dahlias is vol in blom Die jasmyn ruik tog te heerlik! Die wonder van die natuur oorweldig my elke dag! Die ou voeltjies wat dood is, is seker maar deel van die natuur en so moet ons dit aanvaar! Die swaeltjies se nessies lyk te pragtig, opgekikker vir die nuwe kleintjies , uitgevoer met sagte dons en noudat die hitte gekom het is daar hoop op nuwe lewe oral! Die groen velde en welige bome is byna oorweldigend sommige bome het eers in die laaste paar dae blare gekry want dit was steeds tekoud!. Die ‘May flower’ so genoem omdat gedurende Mei tot volle blom kom en dan later in bessies verander is baie laat maar het ook skielik binne 48 die heinings begin oorneem ! Kilometers van wit blommetjies! Nuut skoon ongeskonde! Die hanekamme wat ons geplant het die hoofmaal van die slakke geword en 12 plantjies is opgevreet en verwoes. Sal maar weer probeer noudat dit warmer is! Op die politieke front het die leier van Sinn Feinn nou net klaar sy TV toespraak gegee gedurende hulle jaar vergadering en natuurlik die ‘NO’ stemming aangepor het- Gerry Adams- ‘n uitstekende leier en spreker het die heersende gowerment goed in hul plek gesit. Ons stem vir die ‘Stability Treaty’ of wat jy dit ook al wil noem, Donderdag – sal nog sien of ek die moeite gaan doen! By die werk gaan dit woes- ek het die afgelope 2 weke harder gewerk as ‘n slaaf in oer tye en waardeer die tydjie wat voorle sonder werkstress geweldig!’n Volle 2 weke – ons hoop om die dak en huis te verf! Barry het reeds gese-‘ Just you wait- they will call you while on holiday” Hoop van harte hulle het hom nie gehoor nie! Verjaardae: Doodse stilte in my boekie! Sou ek iemand uitgelaat het Jammer maar hoop die jaar is goed! Siektes: ag ek was so jammer omtehoor van Sandra se ma en die Limfklier knoppe – klink nie goed nie maar ons dra haar in gebed aan die Here op. Nicholas – ons nefie in Cork het sy groot brein operasie Donderdag gehad en gaan goed aan- wou nie met my oor die foon praat nie want sy nek is te seer- as hy maar weet wat hulle met sy nek aangevang het tewyl hulle sy skedel oopgesaag het! So ver so goed en ons dank die Here daarvoor! Jacomien is tuis en die ellende iets van die verlede- net so dankbaar dat alles daar goed afgeloop het! Ons predikant is nie wel nie en ons mis hom maar bid en hoop dat hy gou weer terug by ons sal wees om sy gawe as herder en prediker teenoor sy gemeentelede kan vervul! Ons besoekende diere is van oneindige plesier en ons ontdek elke nou en dan iets buitengewoons . Die kripvarkie en familie bly in die hoop ou takke in die onderveld en ons het hul ingang in die lang gras gekry en waar hulle buite verkeer- ‘n hele familie! Vanoggend ook fisante gesien.die klein jakkalsies lyk besonder goed –uitstekend gevoed deur die Dunne’s- hul jassies blink en die sterte is wonder mooi! Die katte is te pragtig! Met meneer Lukas gaan dit uitstekend! Hy kry al die aandag en praat soos ‘n vierjaar oue kind! Onnutsig en met sy mooi geaardheid ‘n voortdurende plesier! Die wet hier het die klits kwyt geraak eeue gelede want sommige van die wette dateer uit 2 eeue terug- ander is onglooflik onprakties en enigiemand kan uit hul tronk oplegging uitkom as hy net slim genoeg is! As jy bv. Moord gepleeg het en as ongeskik of ‘mal’ verklaar is – word daar nie ‘n ‘skuldig’ teen jou geregistreer nie en sou jy dan ontsnap uit die geestelike inrigting is jy vry soos ‘n voel! Nou ja more is die beste dag van my week en ek sal die voorreg hĂȘ om voor die orrel te sit en het reeds al die psalme en gesange gekies! Sielsvoeding word deur Werner ‘n Hollander gelewer en is gewoonlik baie goed! Die debakel oor SA president se ongure skildery het die koerante hier getref so-ook die korrupsie in die polisie! Nou ja soos julle reeds weet word hierdie briefie nou net aan die gestuur wat daarvoor gevra het! Soos genoem die brief en ander skrywes sal nou op my blog verskyn! Heerlike sonnige groete uit ‘n skitterende Cranleymore Barry en Christina

No comments: