Sunday, August 5, 2012

Groete vanuit 'n deurmekaar Cranleymore

Sondag 5 Augustus’12 Goeie dag aan almal tuis en met vakansie, Finbarr het my ‘wireless’ ingestel en ek kan ongestoord nou op my skoot die briefie skryf en stuur. Die weer is gevaarlik verkeerd- die koudste Julie in dekades. Dit reen nog steeds-so nou en dan is daar ‘n breek in die wolke en die son maak ‘n verskyning en ‘n mens is so honger vir die son dat jy elke druppel indrink soos iemand wat by ‘n oases in die woestyn kom! Ek dink die weer buro het ‘n klap van die windmeule weg want hulle kan nie die weer voorspelling reg kry nie- Haas Das se weervoorspelling is werklik hier van toepassing! Ons eet en leef Olimpiese spele en ek moet sê, ons harte bars van trots elke keer as ‘n SAfrikaner ‘n medalje kry- was doods benoud dat Chad se pa ‘n hartaanval gaan kry! Die Iere het nie genoeg disipline om iewers te kom en dit met respek gesê- deursettingsvermoeë is skaars! Usain Bolt is ‘n buitegewone atleet en hy vlieg deur die lug so gemaklik as wat kan kom. Nou het ons gister ons eerste 2 knie vervangings gehad- vir ons as ‘n klein privaat hospitaaltjie ‘n groot prestasie, die ortopeet, die teater personeel en natuurlik die splinternuwe ‘clean air laminaflow’ teater. Die heup vervanging is al reeds ou nuus! Vir ons as verpleeg personeel uiteraard ‘n uitdading en soos met die heup vervanging was dit weer my beskore om te werk die nag na die operasies! Tuinwaarts – die ellendige slakke –dis nou nie dat ek die werk van ons liewe Vader wil kritiseer nie maar ek kan met die beste wil in die wêreld , nie ‘n goeie rede vind vir hulle bestaan nie. Hulle verwoes alles maar alles! Onderdood wil Barry nie bier koop om in pierinkies uittesit en hulle te laat verdrink nie-dus hou hulle elke nag ‘n fees in my tuin. Ons eet nou gereeld uit die groente tuin aartappels, uie, wortels en rubarber. Die voëls verorber al die appeliefies en ek glo nie ek gaan kans kry om hulle eens te pluk nie. Daar sit een misrable peer aan die boom en 11 appels aan die ander boom, ons is so teleurgesteld-het regtig gehoop dat ons die jaar bietjie vrugte gaan pluk maar helaas begin ek glo dat ons maar die goed moet koop! Die enigste ding wat goed gaan is my pit plantery- maak nie saak wat ek in die grond druk nie, 6 weke later kom die plantjie deur die grond! Pomelos, lemoene en naartjies. My orgideë, gegroei van stiggies begin nou blom en is ‘n mooi gesig!.Die rose hou nog koers en lyk redelik ten spyte van die baie reen. Blackie kom ander oggend vir sy ontbyt en terwyl hy aan sy Whiskas smul en ons hou hom dop om te sien of hy begin beter lyk, kyk hy skielik op, ons volg die rigting waarin hy staar.Skielik hardloop die kat na die heining en Barry wat in die rigting gestaar het sien die beweging en roep die kat terug die kat verwilderd, stop sy aantog en gee ons die kans om die krimpvarkie raak te sien en te beskerm , nie dat hy homself kan beskerm nie maar omdat ons hom nog nooit so naby kon sien nie- die pratige diertjie was besig om vir wurms te grawe en het nie eers besef dat ons daar is nie- teen die tyd dat ek terug is met die kamera is hy in ‘n bolletjie – ons het hom veilig onder ‘n bos geplaas en later gaan kyk en hy was weg,gisteraand toe ek werktoe ry kry Barry ‘n baba krimpvarkie by die hek- 2 gesien in 24 uur! Ek weet nie of krimpvarkie die regte benaming in Afr is vir ‘hedgehog’ nie? DIE ‘FOXIES’ blink in hul mooi jassies en verorber alles elke nag maak nie saak of dit droeë brood of bene is nie. Was kerk toe van môre en het gesing en nie gespeel nie-was moeg na die nag en die eerste gesang totaal onbekend –teen vers 3 het ek die wysie en toe gaan ons aan! Predikant van Belfast en ‘n wonderlike preek gelewer Ps 84- ‘n openbaring! Verjaardae: Die boekie is baie ver en ek het vanmôre vergeet om te kyk wie verjaar vandag – aan almal wat die volgende week ‘n jaar ouer gaan word-. Baie Geluk! Ons dink aan almal wat heerlik met vakansie is- aan die wat gereed maak om ‘n egpaar te word en die wat kinders gaan bykry! Mag die voorbereidings goed gaan! Die politici hou vakansie en is vir die oomblik rustig- Banana Republiek is ‘n mooi ding! Die Quinn saga gaan aan- sommige vir hulle en ander teen hulle, sal maar sien of die waarheid eendag na vore sal kom. Ek groet vanuit ‘n deurmekaar Cranleymore met die hoop dat die wat reis dit voorspoedig sal doen en die wat tuis bly altyd versigtig sal wees. Ons dink ook aan die wat nie gesond is nie en hoop dat hulle beter sal voel en dat babatjie Christiaan goed vorder Liefde groete Barry en Christina

No comments: