Saturday, October 19, 2013
Nat herfs groete
19 Oktober’13
Goeie dag aan almal, familie en vriende,
Gelukkig is dit nog nie regtig koud nie –net as die wind van die noorde waai sukkel ons bietjie maaqr die temperature is baie gematig en alhoewel dit die afgelope baie gereen het ,(sommer 27mm oornag, Dinsdag tot Woensdag) lyk alles nog goed. Ek het die laaste van my druiwe gepluk en ek het dit baie geniet! Die arme pere hang nog en ten spyte van al die groei onderdrukkings , begin hulle darem nou soos pere lyk!
Die tuin is nog ‘n lushof en die kappertjies is orals teen die muur op en grondlangs- baie mooi- die krissante is ook nou is volle blom en vir my is dit baie spesiaal want Joy-by die kerk het hulle vir ons persent gegee!Die slakke was baie lief vir hulle en het die stingels tot op die grond afgevreet tot ons hulle verdrink het en toe kom die plante weer reg!
Elke nou en dan kom daar nog ‘n swaardlelie uit en die ligpers tussen die rooi en wit van die begonias maak dit ‘n veelkleurige tapeserie!
Barry het baie hard aan al die klein dingetjies gewerk in die huis hy het die insolasie(? Afrikaans?) bo in die plafon uitgelê om die hitte intehou!
Die ergste was waar hy op sy maag moes rondkruip want die dak was te laag en hy met ‘n lang stok alles in die hoeke ingedruk moes kry! Ek wou hê hy moet ‘n masker dra maar hy het byna versmoor en ons moes die toe maar los. Daar is nou nog die ander helfte oor maar dit sal makliker gaan want hy kan darem redelik regop staan!
Die katte is soos altyd ‘n groot vreugde- soggens kyk ek gou of albei nog daar is en as een nie op die vensterbank is nie –roep ek gou en tot groot verligting komdie ander een dan van iewers uit veld aangehardloop! Met die dat Spottie besoek gaan aflê het aan die veld oorkant die pad is ons nou maar baie benoud!
Hulle is nog nie 6mnde oud nie en ons kan hulle eers op 6mnde laat regmaak- hopelik sal die gerondjakker dan tot ‘n einde kom!
Hulle hardloop al agter ons aan en geniet ons daglikse rondte van die ‘estate’ hulle spring en hardloop klim en speel wegkruipertjie, te pragtig!
Die groot swart kat het die pad gevat want die twee het hom seker mooi laat verstaan dat hulle nou baas op die plaas is!
Die krimpvarkie is iewers maar ons kon hom nog nie opspoor nie! Ons kyk nou uit vir die fisante want dit is nou die tyd vir hulle om te begin rondloop!
Ek wil byna nie eers dink aan die week wat verby is nie want Dinsdag was BEGRTING! Vir baie was dit die breek van die laaste strooitjie!
Jare terug , om stemme te werf het die vorige regering die hemel en aarde aan die mense belowe- een van die dinge wat hier grootliks misbruik word is die Mediese kaart! Die kaart is aan mense oor 70 jr and vir mense met baie slegte diagnoses soos sistiese fibrose, motor neuron siekte ,genetiese afwykings en in sommige gevalle kanker gevalle gegee. Oor die jare het al hoe meer mense aansoek gedoen vir die mediese kaart al was hulle nie finansieel behoeftig nie en op die manier het die Gesondheids departement baie hoë onkostes gedra van mense wat behalwe goeie salarisse ontvang ook nog aan ‘n mediese assuransie skema behoort- 5 jr gelede wou die vorige regering die medies kaarte van die oor 70tigs wegneem en derduisende ou manse het by die parlement opgedaag en en hulle moes die plan laat vaar-
Hierdie keer is dit weer die ou mense en die baie siek kinders wat geraak is- die mediese kaart wat onbeskryflik baie geld van die regering vereis moet nou opgeskort word in sekere gevalle en daarmee saam het die mense op medies kaarte ook vry medisyne ontvang van die staat- vir die afggelope 2 jaar betaal die medies kaart houers nou ‘n bedrag vir elke voorskrif 10 verskillende tablette op ‘n voorskrif kos nou iets soos €15 en die is nou opgestoot n €2.50 PER MEDIAKSIE- kinders onder 5 kry gratis huisdokter besoeke i.p.v net sekere mense wat dit werklik nodig het!
Sommige van die ou mense kry net ‘n staatspensioen en leef regtig nie spandabelrig nie en hulle moet nou uit hulle klein pensioentjie soveel meer vir hul medisyne betaal.
Die ou manse –bo 70 het ook bylaag gekry op telefoon en TV lisensie en die is nou geskraap!
Toentertyd was al die dinge vir hulle gegee om stemme te kry en nou verbeur hulle dit – ek stem saam dat die hele Ierland erg verwen is – hulle kry tot ‘n begrafnis toelaag-die is ook geskraap!
Die jongmense wat uit die skool kom gaan direk op die Dole of op werksoeker toelaag( ek is ook daarop omdat ek nie pensioen kry tot ek 66yr is nie- idiote besigheid- hoekom nie die aftree ouderdom verander na 66 of 70 toe nie en laat mense wat nog kan werk –werk – maar nee nou kos ek wat nog niks makeer nie –dank die Vader -nie meer werk nie en is nou ‘n las vir die staat) Hulle is veronderstel om opleiding te kry en dan in werkposisie geplaas te word wat net nie daar is nie en daarom het duisende onopgeleide en universiteit gegradueerdes reeds die land verlaat. Finbarr het in die afgelope 3 maande seker vir 40 onderhoude gegaan – of hy is te goed gekwalifiseerd en hulle kan hom nie betaal nie of hulle soek iemand wat ander kwalifikasies het – absoluut ‘n gekke spul! Die bevoorregte studente –waarvan die ouers dit kan bekostig gaan universiteit toe- of op eie onkoste of met beurse!
Intussen wil die onderwysers nie meer Oueraande hou nie want hulle word kwansuis nie daarvoor betaal nie en die kinders kry nou dag af uit die skool sodat die onderwysers nou ouerdae kan hou gedurende skool ure!
Klein Lukas en Eli het nou ‘n Aupaire want Amanda moet teruggaan werk toe en ‘n creche en kleuterskool kos veels te veel – sy woon in en dit beteken sy hoef nie so baie betaal te word nie! En die kinders is in goeie hande!
Genoeg gekla oor die politieke toestand van die klein bevolkingtjie waar moord en doodslag aan die orde van die dag is- Om by iemand verby te ry en hom dood te skiet is niks-veral as jy met ‘drugs’ deurgrmekaar is. Ander maak dood omdat dit hulle behaag wat skrikwekkend is! Ons is dankbaar dat ons omtrent net die mense by die kerk ken en die S Afikaners – my ou kennise by die werk wat ek darem kan vertrou! Nou nie dat ons met verkeerde dinge deurmekaar is nie maar ......
Verjaardae! 20ste Marthie Potgieter, 24ste Erna(mevr Scholtz)! Veels geluk aan julle twee- enig iemand anders wat verjaar Lieflike dag aan julle almal!
Maandag word Hanlie ge-opereer en ons dink baie spesiaal aan haar. Georg vertrek More Na die verre bibberde deel van die wêreld –alles van die beste vir jou!
Aan almal wat aan die beter word is – Attie ons is dankbaar! Rina en Wessel Herbst-dankbaar om te hoor dat dit beter gaan met julle twee.
Arnolda en Garth – hoop die pak en berging gaan vlot en dat julle ‘n goeie trek sal hê.
Baie dankie ook aan almal wat sulke lekker briewe vir ons geskryf het – vir al die fotos- julle sal nooit weet wat dit vir ons beteken nie!
Ons dink ook aan Sue en haar sang prestasies! Baie trots op jou Sue! Ander begin voorberei vir eind eksamens – hoop dit gaan goed!
Fluit –fluit my storie is uit!
Ry versigtig, sluit die deure en wees altyd gereed vir die ongekende!
Nat herfs groete
Barry en Christina
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment