Saturday, December 7, 2013
Lekker winter groete
7 Desember ‘13
GOEIE DAG AAN ALMAL FAMILIE EN Vriende!
Ek sit met ‘n handdoek om my nek om die sweet druppels aftevee na my kilometer loop op die krukke wat net regtig daar is om my balans te behou en te verhoed dat ek struikel! Ek moet baie aandag gee aan die buig van die knie en die manier waarop ek my voet neer sit en dit verg deksels baie!
Dit is blikskottles koud 4°-6, daarbuite maar na so ‘n sessie hardloop die sweet my af!
Eintlik het ons die hele week goeie weer gehad –dit is bewolkd maar ons kan nog alles verdra want dit is droog ! Die son kom so nou en dan deur en dan skrik jy byna!
Gister was dit 14 dae en die Dr en Fisioterapeut dink ek is ‘n briljante pasient! Ek doen alles reg en genoeg van en nou het ek sedert gister my kilometer loop opgeskuif na 1.5 per dag vir 3 dae en dan word dit 2km per dag.
Ek moes die afstand mooi afmeet –liewer verder loop as minder. Dus elke keer wat my regtervoet vorentoe gaan is dit ‘n telling en so het ek ‘n roete uitgewerk al om die parkeer area en voor die huis om! Barry was woendend vir my vanmore want ek het besluit ek kan nie ndie vuil huis meer aanskou nie!
Hy is baie goed en vee elke dag – die enigste mens wat ek ken wat net met een hand die besem vas hou en so die huis gougou elke oggend vee! Alles word in ‘n spesiale hoekie in gevee en as dit te hoog raak sal hy dit met die skoppie weg neem! Ongelukkig maak dit nie die matte skoon nie en waar ek nou in die gaste kamer ingetrek het omdat alles daar gerieflik is en die bed die regte hoogte is, word daardie mat ontsettend vuil! Ons het klippies regom die huis –gruis en dit kom in met ons dik rubber sole!
Die katte is mal oor die gelopery en as ek ophou tel begin hulle mieau tot ek weer begin tel! Hulle hardloop saam tot vervelens toe! Op n stadium roep hulle halt en begin wegkruipertjie met mekaar speel!
Die tuin is dood en , leeg en lelik, die enigste ding wat nog mooi lyk is die pers en donker rooi krissante – hulle verdra die koue en ryp baie goed!
Nou ja die afsterwe van Nelson Mandela het die hele wêreld in ‘n greep Ek weet nou meer van die man as wat ek ooit geweet het –van soggens vroeg tot laat aand is daar deurentyd hulde blyke en lewens programme- sommige laat jou tjank en ander maak jou boos!
Ons harte is tog seer oor die ‘great and gentle giant’ en so jammer dat die verandering wat hy in gedagte gehad nie tot werklikheid gekom het nie- sommige wel maar ander het byna gedegenereer!
Van hier gaan ons Taneaste Mr Gilmore vir die gedenk diens en dan die President( Lepricorn) D Higgins sal na die begrafnis gaan!
Ander aand luister ons een of ander BBC program en die man met wie hulle die onderhoud voer beweer toe dat die Sjimpanzee nou as ‘mens’ verklaar gaan word- ongelooflik ( wat van die mens geskape na die ewe beeld van God) maar as hy so dink wonder ek of ons in die toekoms ‘n chimp gaan hê wat vir ons die nuus gaan lees! Ek weet hulle is baie slim –dit is nie te berwyfel nie maar om ‘n onderhoud te voer is darem regtig iets anders.
Môre is soos altyd die beste dag van my week! Ons sal sake heroorweeg in die oggend , ek wil bitter graag kerk toe gaan maar sal ek kan stil sit vir so lank?- wat doen ek as ek MOET opstaan? Barry sterf liewer van skaamte as om my bietjie te laast regop staan terwyl die predikant preek!
Baie dankie vir die 2 stelle fotos van die meneer gebore in Melbourne – pragtige kind!- die opvolg fotos van Evie en die fopspeen was te pragtig!
Waar is klein Otto dan?
Verjaardae!: My boekie is leeg tot en met volgende Saterdag – sou iemand wel verjaardag hou – geniet dit en alles van die beste vir die volgende jaar!
Marie Reynecke is jarig op die 14de Veels Geluk! Goeie gesondheid en vele mooi dae jou toegewens!
Daar is ‘n paar mense wat baie stil geraak het – ek hoop dit is nog wel daar? Nanette?? Martie Redelinhuys??? Ek Het darem vir Leandra opgespoor!
Baie dankie vir al die briefies – geniet elke stukkie nuus! Ons bid steeds vir Attie en Hessie en Nine en Stefan!
Ons sien ontsettend uit na ons Niggie Anette en haar man Michael se besoek Donderdag! Heerlik ook om weer van Hillie te gehoor het terwyl sy op die Euro-trein op pad Parys toe was! Seker al lankal daar!
Nou moet ek sê ons dae is bitter kort en as dit bewolkt is ,nog korter as dae wanneer die son skyn dus met die gedagte dat dit net nou donker gaan wees wens ek julle almal ‘n goeie week toe – onthou veiligheid! Ry asb versigtig!
Die vuur brand en my knie skree!
Lekker winter groete vanuit Cranleymore
Barry en Christina
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment