Saturday, December 28, 2013

Sonnige maar baie koue groete

‘n Voorspoedige Nuwe Jaar jul toegewens! 28 Desember 2013 Goeie dag aan allemaal ,familie en vriende! Net ‘n kort skrywe om seker te maak dat julle weet dat dit winter is in die Noordelike Halfrond en dat storm sterkte winde ons nou al geruime tyd teister! Die laaste sneeu wat geval het was Dinsdag en ons het ‘n heerlike sonnige Kers dag gehad- koud! Maar blou lug was aan die orde van die dag! Nou lê Nuwe Jaar voor en vandag skyn die son heerlik en daar is ‘n nuwe glans in die lig van die son strale maar die storms is alweer op pad! Arme Engeland! Die weste van die Eiland kry die swaarste en ons hier in die middel van eiland kry ‘n swiep van die storm se stert elke nou en dan! 140mm in minder as ‘n week in reenval! Gelukkig het ons nie krag onderbrekings gehad nie maar baie bome is omgewaai en oral sien jy boere besig om bome uit die klein paadjies te verwyder en optesaag! Ons is baie baie bevoorregt om heerlik beskut en warm in ons huisie te verkeer- Ek gaan alleen buite toe as die son skyn –gepantser teen die koue- en loop my loop anders bly ek binne! Die vuur brand elke dag van 1nm en ons is baie dankbaar vir al die seeninge! Die katte Spottie en Patches was baie stout vanmôre- hulle dink hulle kan vlieg en sit onder al die voel kos hangers en het toe tog dit reggekry om een voeltjie te vang Barry het hom gou gered! Ons kan dit nie stop nie en die katte is so deel van ons lewe nou ! Patches loop elke tree saam met my – as ek nie genoeg met hom praat nie begin hy tjank – Spottie is te lui hy loop so 3x saam en dan roep hy halt – dink seker ek is mal om so al in die rondte te loop! 20x 200meter is 4000 meter en dit is goed genoeg vir my! Ek kry dit nie leke dag gedoen nie maar loop dan binne – die draaie is net baie nader aan mekaar en ek moet elke nou en dan bietjie stop! Op politieke front is daar redelike stilte want alles het tot stilstand gekom oor Kers en hulle het nog nie mooi bygekom na die groot maaltye nie en volgende week het hul gelukkig net een dag af! Ons hoop dinge sal dan na normaal begin terug keer! Die arme man wat genooi is om die verskil punte in Noord Ierland optelos het net voor Kers byna deur die nag berading gehou met die klomp – afgevaardigers van elke party om die ellende van onmin en verskille op te klaar! Drie dinge bly ‘n doring in die vlees! Vlae wat sekere dae van die jaar waai, die parades wat plaas vind en om vrede te maak met die verlede! Hy is huis toe en het vanmôre weer terug gevlieg! Hy het werklik baie deursettingsvermoë! Niemand wil ingee nie en niemand wil iets verloor van hul oerstaande ordes nie- Plaas dat almal saam stem – laat die wat wil parades hou – gaan voort en loop net waar julle wil, laat alle vlae waai elke dag van die jaar en dit wil voorkom of hulle nooit van “reconciliation” gehoor het nie – net nou die dag het hulle weer ‘n bom laat ontplof in Belfast- Vir wat? Dit gaan my verstand te bowe! Hier maak hulle mekaar dood met messe – bendes wat veg – iemand wat ‘n ander te na gekom het word met ‘n mes dood gemaak sonder enige probleme- ek dink meer mense is dood aan steek wonde as op die paaie! Môre is weer die beste dag van my week en ek sit nog in die bank en sing heerlik terwyl Joy die orgel speel! My beurt sal kom –hopelik na my volgende besoek aan die Fisioterapeut- toestemming om te bestuur en om sonder krukke te loop – ek loop buite net met een –vir ingeval maar binne in die huis al lank nie meer nie! Oefeninge neem baie van my tyd in beslag en daar is byna geen tyd vir iets anders in my lewe nie! Die tuin is kaal en bruin, en tog staan die daisy bos reg om ooptebars in ‘n geel dos van blommetjies- die affodille groei verwoed! Die heide staan ook in volle blom! Ons dink baie spesiaal aan die wat alleen is- die wat miskien alleen voel, almal wat geliefdes gedurende die jaar verloor het, almal wat nog besig is om te herstel, die wat in diepe verdriet is oor dinge wat nie wou uitwerk nie! Ouers wat probleme het met kinders! Onthou dat daar versekering opgeskryf staan in die boek van God, jy is tot alles instaat met God aan jou sy! Ons dink ook aan almal wat kinders op besoek het! Geniet elke minuut! Baie dankie vir la die heerlik leesstof wat via die lug gearriveer het! Alles word verslind –waar dit ook al vandaan kom SA, Rusland Australia, Kanada, Engeland! Verjaardae! Ons onthou Br Mendel en al die kinders en klein kinders met Anke† wat die 30ste sou verjaar het! Wees altyd versigtig veral die wat op die pad gaan wees- onthou die gek om die hoek! Hou Veiligheid tuis en ook waar julle met vakansie is altyd in gedagte! Groete vanuit ‘n sonnige maar baie koue Cranleymore! Barry & Christina

No comments: