Saturday, February 15, 2014

Omgekeerde groete

15 Februarie’14 Saterdag! Goeie dag allemaal, Familie en vriende, Daar was ‘n studie gedoen hier in Ierland “Waaroor praat mense as hulle bymekaar kom?” > as 80% groet en bespreek die weer ,omtrent alles in een asem! Lanklaas was daar ‘n waarer word gepsreek. Ons maak ons oë oop en heeleerste kyk ons hoe dit buite lyk, reen of sonskyn, wind of rustig. Die storms was ons beleef het was regtig vreeslik en ek dink meeste mense het dit wel op TV gesien. ‘n Melkboer het besoek van die TV mense gehad en hy was erg bekommerd want daar is geen elektrisiteit nie en die koeie kan nie gemelk word nie en die pomp werk nie om water by hulle te kry nie en as die water nog 6” styg is die koeie ook in die water! Dit is werklik baie sielig! Ongelooflik is die temperatuur vandag 10°. Ek het my stap gestap in heerlike warm son en skielik draai die wind en hy gaan haal elke wolk wat op die westerlike horison rustig in die lug gehang het en jaag hulle op ‘n hoop regbo my kop in Cranleymore en trek die Zip oop ,sommer alles hael,reen wind en sonskyn alles saam! Ek moes mooi koes en vinnig my pad terug vind na die agterdeur! Ek was net binne besig om my droog te vryf toe alles verby is, en die son skyn weer heerlik en geen wolk in sig nie! Die weervoorspelling gee ons bietjie hoop vir môre en miskien Maandag maar dan verwag hulle weer ‘n storm ,die keer sneeu en wat nog! So met die stap kom ek agter dat baie plante byna al hul nuwe blare het en dat die jasmyn stil stil haar blommetjies oopgemaak het .die affodille sal seker eersdaags regtig begin blom –ons verlustig ons maar in die krokusse, elke jaar is daar ‘n bietjie meer! Ek is baie opgewonde want gister deel ek Barry mee dat ek baie graag weer sou wou gaan werk, die vakansie was nou lank genoeg en my nuwe knie is nou myne ,ons is goed verenig en sommer daar maak ek kontak met die hospitaal –die het intussen byna toegemaak en is weer in die lewe geroep met ‘n nuwe CEO wat deur die bank aangestel is! Hulle het dadelik na my toe terug gekom en ek hoop om volgende week ‘n paar skofte te werk! Een rede vir my besluit is omdat ons ten spyte van goeie geloof besef het dat Barry nie sy pensioen gaan kry nie en aan die einde van April kry ek my laaste “jobseekers allowance” en dan moet ons op spaar geld lewe tot ek 66 is en hulle het geen ooghare vir ons by die Welsyn departement nie want ons sukkel nou byna 10 jaar met Barry se pensioen. Myna sal seker deur dieselfde proses gaan en wie weet hoe lank hulle gaan vat voor hulle vir my gaan pensioen gee! ‘n Werkie hier en daar sal darem b aie welkom wees! Baie dinge vertroebel die gees op die politieke front- die bankiers wat die land in ellende gedompel het- iemand wat die Garda Onbudsman se kantore miskien afgeluister het – en die ‘dieselfde geslag troue’ ding krap groot sere in die opregte Christen hart. Intussen speel ons rugby teen Engeland volgende week en die spanning laai op ! Baie dankie vir al die heelike briefies, Joy in Brisbane, Sue ,ek wag geduldig vir die CD, al die fotos van die Eloff kinders in Roodepoort! Pragtige kinders!!!Isabel, Nine, Haya, Gerlof Die klein kinders word groot en oulik! Eli is nege mnde oud en Lukas staan 4jr se kant toe! My hart begin sommer ruk om te dink hy moet September skool toe gaan! Die troue in Standerton kom nou vinnig nader en die bruid se ouers is op pad SA toe! Marthie ons hoop jy het ‘n veilige reis en geniet die voorbereiding! Ons het honderde voëltjies elke dag op besoek en hul gesang is uit die boonste rakke – die twee katte hoop nog steeds dat hulle een van die dae sal kan vlieg! Verjaardae!Garth verjaar die 21ste en Renate Rohrs ook Veels Geluk met jul verjaardae! Ons dink ook aan almal wat in hartseer gedompel is, almal wat swaar kry finansieel en op ander gebiede. Ons dink aan die wat siek is ,wat ge-opereer is of operasies moet ondergaan. Ons beste wense vir vinnige herstel en uitkoms! Môre is die beste dag van my week en dit is my beurt voor die orgel! Pragtige psalme en gesange –alles met betrekking op Ps 23 en wat is hierdie reeks preke ‘n wonderlike belewenis- ek wens so ek kon hulle almal in ons kerk hê elke Sondag om die gawe en talent te beleef wat aan ons predikant gegee is deur ons Hemelse Vader! Heerlik aan al die birefies gelees veral die baie eina episode in Calgary – hoop dat dit al heelwat beter beter gaan, Arnolda! En ook Mendel wat ‘n baie traumatiese ervaring gehad het! Ons is ook baie trots op Georg wat hom so goed van taak kwyt daar in Yakutsk- nie baie van ons kan spog dat hulle op lewende TV program verskyn het nie en dit in ‘n vreemde land! Ek gaan nou groet want my storie is uit! Wees versigtig ,tuis, op die pad, by die werk - julle is almal baie kosbaar! Sonnige groete vanuit ‘n omgekeerde Cranleymore! Barry & Christina

No comments: