Saturday, April 5, 2014

Lente gtoete

Goeie dag aan allemaal, familie en vriende, > Ek skryf op my iPad want my skoot rekenaar wil nie oop maak nie ek sit nou hier voor die ding en wag Maar die tyd gaan verby en die dag is al aan die aanstap. > Ek Moët se dit gaan al beter Maar my lyfhorlosie pas baie swaar aan by al hierdie somer en winter tyd zone. > Ek was nou net mooi aan die gang vir die winter tyd en nou Moët ons weer aanpas by somertyd,ongelooflike metode om deur die jaar getye te kom. > Daar was jou werklik waar 2 dae vol sonskyn van oggend tot laat aan.d Maar ons sal maar stil Bly oor die ander 5 dae. > Dit is gelukkig nie koud nie en so lank die wind nie waai nie kan jy nog die mis reen of die gietende reen verdra, dit wissel a- die reen patrone! Vandag is dit 12 grade gister was dit 15 met heerlike sonskyn gedurende die middag, ander dae begin ons met briljante sonskynmaar later word dit donker en die reen val asof die eiland in die vreeslikste droog verkeer. > Wat wel lekker is ,is die lang aande, dit is heerlik om nog soveel dag oor te hê om dinge in te doen. > Die rekenaar weier nog steeds om oop te maak ek het nou die battery uittehaal, soms help dit Maar bleikbaar nie vandag nie dus ek gaan 'n positive verander moet maak want dis effe kouerig in hierdie binne kamer! > Ek het aan sommige van julle 'n foto van my orgidee in volle blom , gestuur, as Daar nog is wat wil sien laat weet ek wys dit ook vir julle! Dit is nou as julle mooi vra! > Omdat ek Elke dag dieselfde pad werk toe ry sien ek dinge skielik raak. > Ek wag nou al so lank dat daar blaartjies aan die bome Moët kom,Eers isdaar net 'n groenerige skynsel en Maandag > Oggend dag ek ek sien bietjie meer as 'n groen skynsel en jou werklik waar Dinsdag sit honderde bome langs die pad vol nuwe Klein blaartjies ek was so opgewonde ek wou sommer sing en het toe sommer uit volle bors begin Oktober is die mooi ste mooi ste Maand ,ek weet dit moes April wees Maar dit wou nie regtig inpas nie Woensdag oggend is die hele ent pad se bome met ongelooflike skakerings van groen ingekleur, lig groen , geel groen, lemmetjie groen, gras groen, donker groen, olyf groen en tussen in staan rye affodille! Dit is werklik 'n voorreg om dit so stapsgewyse te beleef, > Ek maak nou seker dat ons Elke week vars affodille op kantoor het, dit ruik so heerlik en ek is Elke dag opgewonde oor nog iets in die natuur, die voeltjies sing vir 'n vale ,dit is soos'n simfonise, baie hoog op in 'n denne boom by die hospitaal groet die gesang van 'n black bird? (Afrikaanse naam asb) my, met groot entosiasme en se weer tot diens laat middag as ek ry, ek se Elke more Dankie en weer saans ,sou iemand my dop hou en hoor ek praat met die voels sluit hulle my dadelik op in die groen dakkies =St Lomans . > By ons in die tuin is dit 'n sprokies wereld , affodille by die honderde, tulpe ,blommende korente bos, die wit en geel daisies en ' n graspers met dik groen nat gras wat nou in 'n oerwoud verander. Die rekenaar het sopas besluit om oop temaak dus stuur ek die epos nou deur na die skoot rekenaar en ek kan dan van daarafn verder skryf dis net effe makliker! Kan julle dit glo die helfte van die brief het nou net verdwyn! Miskien moet ek op hou skryf.....? Ek het in die deel wat nou weg is vertel hoe Baryy gedurende die week terwyl die son geksyn het die groente tuin omgespit het en ons eie kompost ingewerk het, ek so trots om die kompost -dit het ons omtrent 5 jaar geneem om dit so ver te kry en nou groei ons aartappels reeds in ons eie gekomposte grond! By die werk gaan dit redelik goed . Na verlede week se kwaai teregwysinge het ek die hele spul Maaandag met rooi gesigte om die tafel gehad - al die base ook , dit was juis hulle wat die raps oor vingers gekry het! Ek wil die heletyd die spul inspuit met entosiasme, soos dit in my opborrel! Die baas dink ek is net die beste ding wat hulle oorgekom het! Hy het dit so aan my bevestig , nou werk ek nog harder! Ek moet so versigtig wees anders verloor ek weer alles , . ek het afspraak by die ortpeet gehad Donderdag oggend maar soos dit gaan loop dinge selde uit soos wat jy dit beplan en iemand rapporteer siek en die Direkteur van Verpleging wat 'n teater suster is moet daar gaan werk vir die dag en sy saal my toe op met haar werk ook, onder- andere die onderhoud met die Beroepsgesondheidsdokter wat ons genader het om ons bytestaan in ons nuut gestigte Beroepsgeosndheidskliniek! My afspraak by die ortopeet was vir 10vm ,ek bel die ontvangsdame en vra om sy my 1/2 later kan inpas . 10vm daag die Dr op Hy het ook jare in SA gewerk maar is nou hier! Hy hou nie op praat nie en gee ons daar en dan 'n lesing in hoe die kliniek beplanning moet gaan en wie wat moet doen en hoe asof ek nie weet nie! teen 1/2 11 raak ek opgewonde . 5 minute later maak ek verskoning en ,gelukkig het ek reeds vroeer die oggend my knie x-strale laat doen en die afspraak is by die kliniek langsaan, ek gryp die Xstrale en ek het letterlik gehardloop om nie my plek by die Dr te verloor nie. Die pasiente in die wagkamer kon my sien kom en toe ek die deur oop maak se een man 'wow but you can run' en ek se 'yes with my new knee' almal was stom van verbasing. 10 minute later is dit my beurt en so met die intrap vertel ek die Dr dat die pasient wat net uitgekom het, my getuie is dat ek gehardloop het, ja se die dokter hy het my ook sien hardloop, vra nie hoe gaan dit nie maar se met groot verbasing" I cannot believe how much weight you have lost" dit was die beste nuus wat hy my kon gee, en eers daarna het hy gevra hoe dit gaan. My knie is nou afgeneem 110 grade buig en met strekking 100% reguit! en ek kan hardloop! dit is met groot dankbaarheid eerste teenoor ons liewe Vader in die hemel wat my die sjirurg gegee het en die vermoee om so te kon herstel 4mnde en 10 dae later . Ek is nou met Cum Laude ontslaan! Liewe land dit word 'n boek , en miskien stel julle nie eers belang in my knie nie!groot ekskuus! More is die beste dag van die week en ek het reeds my Psalme en Gesange ontvang vir more se orgel spelery en natuurlik die skrifuitlegging van Ps 23! Verjaardae, ek het die ou kalender opgeskeur want ek was elke week 'n dag agter en so het ek nagelaat om verlede week vir die volgendes verjaardag wense toe te wens! Ek weet dit is laat maar die wense bly dieselfde! 4 April: Kayla en Devlin! Vandag 5de Gerda Vorster en Nine -Paula ! Veels geluk en mag dit 'n wonderlike jaar vol seeninge vir jul almal wees! Op die politieke front gaan die geveg tussen mense en politici steeds aan, die Kommissaris van die Garda het bedank en 'n mosie van wantroue is gewen deur die Min van Justisie want hy praat nie die waarheid nie en die hele Garda gemors is nou oop en bloot vir almal om te sien en te hoor en hy is soos 'n gans waarvan die water afhardloop - ongelooflik waarmee hulle wegkom! Die waarheid het hier 'n ander baadjie aan en elke nou en dan verander die kleur ook! Ons dink aan almal wat deur baie swaar persoonlike teisteringe gaan, aan die wat siek is, die wat in geestelike verdrukking verkeer, die wat alleen voel, en die wat sommer net moedeloos is ! In Filippense 4:13 Skryf Paulus " Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee" Mag dit met julle almal goed gaan , wees altyd versigtig, onthou veiligeheid, tuis , op die paaie en by die werk! Blye lente groete vanuit Cranleymore Barry & Christina > >

No comments: