Saterdag
15 Maart 2008
Goeie dag almal ,
Ek glo as dit nog meer reen dan dryf ons in die Atlantiese oseaan weg …hopelik suid en as julle dan op Google Earth kyk lê ons net so neffens Kaapstad in die oseaan!!! Wishful thinking!!!!
Jy kan jou dit nie indink nie dat daar nie dag omgaan dat dit nie reen of storm nie….hoe dit ook al sei (sy? Weet nooit hoe om die sy/sei te spel nie) ons leef en dit gaan goed ons moet net erg versigitg oor die gras loop want op die oomblik is dit soos Quick sand en suig jou totaal in ..as jy jou voet wat agter was vorentoe bring bly jou skoen of wellie byna agter……..die wind praat met ons in kwaai taal en ruk die bome heen en weer …sommige oues kan die harde behandeling nie weerstaan nie en val dan maar om…dus is daar baie gevaar op die kleiner paaidjies in die platteland waar bome net dood eenvoudig nie die storm sterkte winde kan trotseer nie…ons het ‘n paar op die grens tussen ons en Jimmy O Shaughnesey…maar ons durf nie die boom opsaag tot ons met hom gepraat het nie want …good fences makes good neighbours …maar nou is Jimmy erg skaars…hy stop nie meer en kritiseer soos vroeer nie want Barry het hom mos nou vertel dat dit wat ons hier doen niks met hom te doen het nie as as hy nie iets goeds kan se nie moet hy maar liewer nie kom nie …nou neem ons aan dat hy nog niks goeds kon kry om oor te praat nie want ons het hom nog nooit weer gesien nie!
Ek wonder so of die liewe Vader nie met ons mense hier op aarde praat nie…alles word wetenskaplik ontleed en ons laat God total uit die berekening van ‘Global warming’ …ja ek glo dit is waar maar iewers voel dit vir my asof ons as mense nie meer luister nie en lankal die waarskuwinge van ons Heer en Meester verontagsaam …ons hoor nie… ons sien nie en ons wil nie weet nie…as voorbeeld kan ek hierdie ou klein eilandjie wat net so groot soos die Vrystaat is of die populasie van Manchester het, gebruik …dwelm middles is verantwoordelik vir meeste van die moorde…die jongmense weet van jou liggaam heilig hou vir God …niks nie…hulle eksperimenteer met seks vanaf 10 jaar oud! En die ouderdom vir toestemming word nou bespreek ..en mense wil dit nou verlaag na 16…hier leef die mense soos die tribal bewoners van Afrika…jy moet eers bewys dat jy kan kinders he voor jy man of vrou word deur die huwelik…Dit is nie net hier nie maar oral oor Europa die geval…die “sexs offenders register” groei daagliks…nou weet ek nie of ons mense al net so vrot soos die stamme van Juda en Benjamen en die stad Jerusalem was toe die Here hulle in ballingskap na Babilon toe gestuur het nie maar ons staan naby aan die randjie dit is verseker!
Hier heers groot vakansie gees en natuurlik is dit rugby vandag ek hoor net die gedruis in die agtergrond Ierland teen Engeland en ons is 6 punte agter…dus die trane gaan loop vanaand en alle moontlike verskonings gaan gemaak word vir die gebrek aan ordentlike spel!(ietwat later ..ons verloor toe met 23 punte wat ‘n vernedering!) Italie wen toe in die wedstryd teen Skotland!!!!
Dit was ook resies perd fanatika met die ‘Cheltenham Festival’ in Engeland ..die Ierse perde hardloop daar ook en is groot gunstelinge… gister op ‘n einde …die mense raak total en al mal …nou moet ek se dit is wel pragtig om die perde so oor die versperrings te sien spring …maar dan mag die jokkie nie sy strêp uit haal en hulle wiks nie en hulle moet ook nie struikel nie…gister het ‘n perd geval en sy nek gebreek en moes dadelik van kant gemaak word …dit is baie erg…die joggie het ook ‘n goeie val agter die rug!
Met St Patrick’s Day en Paas alles in in week …iets wat glo oor 2000 jaar weer sal gebeur ..het konsternasie veroorsaak met die parade wat elke St Patricks Day gehou word …Paas en die parade kan nou nie in dieselfde week plaas vind nie …dit hinder niemand niks deur die jaar dat elke Sondag hier die grootste sportdag van alle dae is nie maar nou skielik moet alles verskuif word…nou ja …gelukkig neem ons nou nie deel aan die parade nie en ek is dood gelukkig hier in my huise op die ligte heuweltjie…omring met reen en wind!
Die Robbins is weg! Hulle het sekerlik hul nessies in orde en sit nou op die eiers ….so binne 3 weke sal ons sien of hulle kom kos soek ook die ‘black birds’ het verdwyn..ons het gesien hoe hulle dons ens bymekaar maak vir die voering van die nessies …natuur is pragtig en die besoekende voeltjies is pragtig ons sien omtrent elke dag ‘n ander voeltjie by die saad en grondboontjie houers…nie lank nou nie en die swaeltjies gaan arriveer maar o wee Waar is die somer?
Ek is met verlof vir 10 dae en ons hoop dat die weer effe gaan verbeter ..ons beplan niks groots nie ..miskien ‘n dag hier en ‘n dag daar net om bietjie perspektief in die lewe te kry …ons is erg huisgebonde en dit word soms ‘n problem ..ek kom wel uit want ek werk soms…hahaha..maar Barry sien net die mense by die kerk op Sondae en ek dink nie dit is baie gesond vir die gees nie…dus ons gaan wel ‘n bietjie petrol mors en kyk hoe die res van die nat eiland lyk…onthouende dat ons nooit meer as 60 km ver van die huis af ry nie.
Arnolda op besoek in Australiee, verjaar die 19de en in haar afwesigheid stuur ons dan ons beste wense aan haar oor na Brisbane! Georg verjaar die dag van te vore en ons hoop dat hy ook ‘n goeie dag sal he en dat daar uiteindelik ‘n goeie werk vir hom sal opdaag!Lekker verjaar !!!!
Baie dankie aan alaml wat so gereeld laat weet hoe dit met hulle gaan ..dit word hoog op prys gestel!!!
More is die beste dag van die week en ek het reeds die Psalme en Gesange ge-oefen en wysies probeer kry wat die 20 mense in die kerk sal kan sing …ek het 4 boeke waaruit ek werk …heel interesant ..ou wysies en nuwe wysies..soms pragtig ..ander net soos die wereld deurmekaar…!!!Ons prediker Stephen voorsien ons altyd met die allerbeste geestelike voeding en ons is erg dankbaar daaroor …!
Leopold en Ingrid ..veels geluk met jul meubel arriveering en ons hoop dat julle nou goed gevestig sal wees en dat die problem van die taal eksamen oorkom is …ek moet se ..ek dink jy doen dit uitstekend….al die goed wat ons van Lidl koop het Nederlandse instruksies op dus lees ons dit gereeld!!! Die mense by die werk dink gereeld ek het die klits kwyt!!!
Die kat is net kort van mens wees ..as hy maar net kon praat ..hy kyk met groot interesse na die TV en geniet dit baie as ons ‘n rondte buite loop (as dit nie reen nie) ‘Hy kom soms sopnat in van buite en vra dan so mooi om droog gemaak te word…Barry het nie tyd vir nonsense nie en jaag hom dan weg en gisteroggend besluit hy toe ..ek kry julle wel en rol die hele kombuis-paperhandoek rol af en skeur dit in stukkies …gelukkig was daar nie veel op die rol oor nie maar hy weet so goed dat hy stout was en dan kruip hy onder die tafel weg…. Kom later te voorskyn ewe skynheilig ..met ‘n gesigsuitdrukking van “wê” ek het julle tog gekry!!!!.
Nou ja dit is genoeg vir nou…onthou julle kan ook na die vorige skrywes kyk op ‘diemalmense.blogspot.com’
Ry veilig..onthou die gek om die hoek…het oupa Gerrie altyd gesê!
Groete vanuit ‘n groen , groen eiland bekend as Ierland
Barry en Christina(Stien, Sr Dunne)
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment