Goeie middag allemaal,
Ek het nou so paar hul mening gevra oor 'n 'blog' wat opgestel is vir my om briewe en dies meer op die net te publiseer......Die naam is effe 'dubious' en verwys alleenlik na my en my briewe ...maar laat maar weet as julle liewer eposse wil ontvang..die adres word heelbo in die adres lyn van die komputer neergeskryf en siedaar -dadelik sien jy al my skrywe...
Ons het erg wispelturige weer erger as in 'kamma land' ons staan vanmore op met glinsterende sonskyn ...net 'n ligte briesie en maak al wat venster is oop en selfs die voordeur sodat die son kan inbak wat heerlik was vir so 2 ure en toe begin die weste wind weer die wolke van die see af inwaai en ons kan dit vanaf die kombuis venster sien inrol een na die ander...grou dik watergevulde wolke.... gou weer al die vensters toe en die voordeur op knip sodat die son hitte bietjie kan bly voor ons weer die vuur aanpak.temperature wissel van sonskyn en lae grade tussen 3-6 en reen met warmer grade 12-15...ek kla nie die misreen is heerlik solank die wind netnie teen orkaan sterkte spoed waai soos gister nie ...dankie tog die dak is swaar en goed aan die mure geanker anders was ons weg soos Mary Poppins met haar sambreel......jy moes behoortlik vashou aan iets as jy buite toe moes gaan!
Orals is bloeisels en dit is pragtig maar nou voorspel hulle sneeu vir more en Maandag dan kry die bloeisels maar swaar... die veelkleurige 'primroses'(kan net nie die afrikaanse woord onthou nie ..sal wel later opduik)lyk vrolik in die venster bokse.....Ons het 2 peer bome geplant en 2 appel bome oortrek met botte...hoop dit word iets.
eERGISTER WAS 'N PRAGTIGE DAG EN DAAR DIT TOE NOU 3 DAE DROOG WAS HET ONS ALLES LAAT LE EN DIE GRAS GESNY DIT WAS 'N MAGTIGE WERK BYNA 5 MAANDE SE GROEI EN TENSPYTE VAN SONSKYN EN DROEE WEER STEEDS SOPNAT ELKE 2DE DRAAI MOET DIE GRASSNYER OP SY KANT LE EN DIE MASSA GROEN UITGEGRAWE WORD ...NATUURLIK OORVLOEI DIE MASJIENTJIE DAN EN JY MOET OF WEGLOOP EN TERUGKOM OF JY TREK DAARDIE TOUTJIE 10X VOOR JY WEER AAN DIE GANG IS.....het nooit gesien alles is in hoofletters nie ekskuus......maar die plek lyk nou weer beskaafd en pragtig!!!!
.Heerlik om te lees van Hester en die plaas en Isabel en haar prag tuin.en die ,kinders...... Arnolda wat Australie toe vlieg -geniet elke oomblik ...as ek nou ryk was ..en nie bekommernis oor geld gehad het nie was ek lankal daar....maar ons leef uiters goed en die euro vertoon goed dus ...ek bly lekker in die nattigheid.....en geniet elke oomblik van stressvrye lewe ...speel scrabble ...doen navorsing werk op die komper weet regtig nie vir wie nie maar solank die brein net besig bly is ek gelukkig..Haya is stil ..en natuurlik Gerlof 'n baas skrywer...dankie vir die fotos van die kinder in Dar es .... Renate het 'n pragtige kop vol golwende hare!!!!! Paul lyk baie bekend.....nie 'n vreemde gesiggie nie....... Agnes(Aggie) in Heidelberg met Elsje en Hurter... hoor ek maar min van. Jammer om te hoor van Heleen se seer oe hoe vreeslik ..ek kon nooit kontak lense dra nie want ek is allergies vir alles die vreemde stukkies plastiek in my oe wou net nie werk nie! Word gou beter Heleen. Bly om te hoordat ons nou weer met Georg kan kontak maak....Ek het geen verjaardae vir die eerste paar dae van Maart nie net Nicola in Dublin die 11de en Jaco die 14de maar ek stuur wel 'n kaartjie nader aan die tyd.
Soos julle kan agterkom is nuus maar min ..ek werk vanaand en more aand en mis dus kerk op Sondag wat 'n groot jammerte is maar ek kry dit net nie reg om kerktoe te gaan en eers 12middag in die bed te klim en weer 5nm optestaan en 'n volle nag agter jongvroue met nuwe borsies aan te hardloop nie....en moenie die kaak vergrotings en verkleinings vergeet nie - die arme kinders se kake is met elastieke aanmekaar en hulle kan byna nie asemhaal nie en die sjirurg waarsku hulle nie vooraf nie want dan sal hy geen pasiente he nie---boef!
In die hoop om nog van al die ander ook briefies te kry sluit ek af en hoop dat die elektrisiteit besparings program in SA nie te erg sal uitwerk nie...en daardie studente in Reitz koshuis moet geteer en veer word en 3 dae teen lampale vasgemaak word!
Mooi bly
Groete
Barry en Christina(Stien) ens...................
Leopold se briewe lees soos 'n boek en ek geniet dit terdee!
No comments:
Post a Comment