Goeie Dag aan almal,
By die gebrek aan my ou program maak ek nou maar 'n mooi briefie op....
Geluk wensinge aan Isabel wat 28ste verjaar het en in Natal kuier !
Elke brief wat inkom per kuber ruimte word hongerig verslind , alles word deeglik verorber! Daar is wel 'n paar wat lanklaas van hulle laat hoor het ...wonder nou of HAya plaas toegetrek het soos sy wou en daarom nie skrywe nie of is sy te besig met ander dinge? Ek het nie Nine se briefie gekry nie..hoor net uit die ander briewe van ??ellende -sal iemand asb vir my die briefie aan stuur.Arnolda se wedervaringe in Australie het lekker gelees omdat dit so bekend is en ek kon haar gewaarsku het dat om met vriende so dierbaar as wat hulle is nie 'n kar of vakansie te deel nie iewers word iets gekneus en net nou maar vrot die plekkie dus wees gewaarsku...enig iemand wat gou 'n sogenaamde vriedskap op die rotse wil stuur!
Hessie is ook maar lui..en sy skryf so aangenaam ! ek hou van plaas en perd stories!
Vandag was natuurlik die beste dag van die week!!! Die evangilis en hulp prediker van Mullingar het gepreek ...hy het ietwat van 'n spraak gebrek en die ou mense in die kerk vind dit moeilik om hom te volg maar sy boodskap is altyd besonders! en omdat ek gisteraand gewerk het,het Joy die orrel gespeel en ek het gesing ...op 'n stadium het ek solo gesing want ons was net 15 in die gebou en die wysie effe moeilik vir die ou stemme !hoe dit ook al sei ..ek het gesing tot eer van God !
In my vorige skrywe het ek gemeld dat ons na Castlecomer toe sou gaan op Paas maandag maar dit het toe nie uitgewerk nie want BArry het die datum verkeerd gehad tog het ons 'n heerlike ervaring gehad en na 'n ander antieke veiling toegegaan sowat 50 km van hier ...tussen Cloverhill en Butlersbridge ....dit is heng ver in hierdie klein landjie...kom toe daar in goeie tyd en was nog nooit so ver noord nie ..na besigtigingstyd was die res van die dag oop en omdat ons wel by die veiling wou wees en die eers 5.30nm sou begin vat ons toe die pad en ry noord!!! Middagete in 'n klein dorpie Belturbet ge-eet ...en toe oor die grens Noord Ierland in! Ons het wes van die massa mere opgery na Enniskillen ...'n plek wat in die ontstuimige oorlog erg daaronder gelei het baie geboue verwoes maar gelukkig weer reggemaak ..dit was 'n ervaring om in die geskiedinis volle dorp/stad rond teloop...die garnisoen en polisie stasie is agter 4 lae doringdraad bo-oor die gebou se dak en jy kan nie met die beste wil ter wereld daarin nie ....net 'n bom sal toelating gee en dit is ook dan die rede vir die barikade want baie bomme is daar gegooi gedurende die oorlog ...en nie eers so lank terug nie.... daar is geen doeane of kontrole punt by die grens nie... die enigste verskil is dat in Ierland is die afstand in kilometer aan gegee en in die noorde in myle... hulle het ook oral kameras en jy sal nie wegkom nie dit is seker! Die landskap is dieselfde en die huise se boustyl meer Engels as hier by ons...geen gekultiveerde lande nie net beeste en skape! teruggery na die veiling met die oostelike pad verby die mere in die provinsie Fermanagh...is nou vas beslote om met my volgende vakansiejtie die noorde plat te ry!
Die veiling was 'n belewenis ..sou bly om te sien hoe die pryse gaan en as dit hemelhoog is ry ons terug maar ons het wel 'n paar dinge kon koop BArry soek nou al lank vir wa-wiele en siedaar ons is nou die eienaars van 'n ponie-kar wat dateer uit 1870! 'n paar yster potte wat as blom potte gaan dien- die meubels het vir ongelooflike pryse gegaan en ons het maar net geluister ...my mat sou 11nm aan die beurt kom en ons het dit toe gemis ...want ons het teen lot no 320 die pad huistoe aangedurf...met vakansie gangers wat terugkom na die naweeek..maar ons het geen probleme onder vind nie en ook geen verkeersman op die pad gesien nie....soveel vir die kontrolering van dronk bestuur!
Nou ja die weer is deurmekaar voorwaar! sonskyn reen hael en sneeu alles in 2 ure met stormsterkte winde!!!! ons is deur nat!!!!
VAndag was die eerste dag in 10 dae wat dit nie gereen het nie en ook ons eerste dag van somertyd en natuurlik moes die ouens 1 uur korter slaap en ons 1 uur korter werk! die aand is nou lank en soggens kom die son nou 10 na 7 op en nie 10 na 6 nie en ek het soos 'n krimineel gevoel toe ek die pasiente vanmore moes wakker maak met daglig ..gewoonlik skyn die son al sterk maar vanoggend was dit net rooi in die ooste!
Plante is pragtig-orals skyn die bome groen deur en die bloeisels is lieflik..affodille en tulpe in massas!
Die voeltjies baljaar vroeg soggens en verdwyn dan nessies toe -ons wag in spanning vir die eerste swaeltjies!
My nuus is op en ek hoop dat dit julle goed sal gaan in die komende week!!!
Liefde groete
Barry & Stien(Christina , Sr Dunne)
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment