Friday, April 18, 2008

Groete van Ierland

18 April 2008


Goeie dag almal,


Ons het vriesende weer…die son skyn maar die wind faktor komende van Siberie maak dit bitter koud…. Dit reen gelukkig nie maar ons het nie so koud gekry in die winter nie….en nou vertel hulle ons die somer is naby ons is vinnig op pad na die langste dag en die kortste nag met al die verhitting volstoom aan die gang….

Soos gemeld as aanhangsel tot die laaste skrywe ..het ons besoek aan die tuin nywerheid goed afgeloop en ons het die vensterbank blom houers vol gesiggies en dit lyk wel baie vrolik…ons ponie kar he t ook al begin opvul met blom bakke van alles en nog wat….die tulpe is pragtig maar weereens eet ‘n snaakse soort vlieg die binne kant op voor hulle nog oop gaan dus pluk ek maar gou sodra dit in knop is en het darem dan die plesier daarvan in die huis.


Ons nuwe son/sitkamer is ‘n juweel en met die ysige weer en die sonskyn geniet ons dit baie…so bly ons het deurgedruk met die verbouings …daar was dae wat ons getwyfel het..maar die eindproduk is tog ‘n plesier!
Ons is nou binne besig …regstelling Barry is nou binne besig en ek help net …die nuwe slaap kamer is in wording ,,al die muur papier is sorgvuldig afgetrek die mure skoon gekrap en die onderlaag aangewend en wat ‘n verskil …skielik is die donker kamer ‘n bron van lig!..Gister die verf gekoop en na vandag se harde werk…die afhaal van die sentrale verwarmer wat die volgende behels

.water afsluit in die pad
.water afsluit in die huis
.alle water tenke laat leeg loop
.laat al die verwarmers leeg loop..gelukkig het Barry met die laast installering van die verwarmer ‘n spesiale uitlaat pyp aangebring wat nou direk na buite die water laat hardloop vantevore was ons elke keer oorstroom…
.nou die verwarmer van die muur af lig en buite toe dra.baie swaar want die is nog vol pik git swart water
.Tuinslang nader en die verwarmer van 5voet lang word nou skoon gespoel van swart water en vuiligheid
.Keer die verwarmer om sodat al die water kan uitloop
.dra die lee verwarmer nou terug…gelukkig minder swaar…
,trek die agtergeblewe muurpaier af maak die muur skoon .skraap alles af en verf met die onderlaag..dit is nie werklik nodig om die werklike verf kleur daar te he nie want jy kan dit nie sien nie en dit is maklik genoeg om die verf kwas so te menouver sodat dit wat jy wel kan sien die regte kleur sal het
.installeer verwarmer weer teen die muur… met uiterste vernuf moet jy die hakplekke nou bykom met die groot verwarmer sodat dit weer met sekerheid teen die muur hang
.konnekteer al die pype
. draai die water binne aan
.draai die water in die pad aan

EN WAG VIR LEK PLEKKE

.draai al die water weer af en maak die lek plekke reg
,laat dan al die oortolloge lugborrels uit met ‘n sekere skroefie en
.nou moet die spul weer getoets word vir lekke en dan natuurlik die verwarmer stelsesl wat ons elke keer geld kos want jy moet die man spesiaal laat kom
.gelukkig het Barry die laaste keer mooi opgelet wat hy doen en siedaar…. Die motor skakel aan en ons het weer verhitting !!!!!!!!!!!!!


Intussen is die huis in chaos gedompel die swart water druppels orals op die teels en stukkies muurpapier rondgetrap want dit sit onder aan ons skoene vas… gelukkig kan alles weer skoon kom met seep en water!!!

Soos Leopold steeds Ingrig se vernuf beskryf moet ek erken dat my ander helfte my in die skadu stel gelukkig kan ek al sy flenter vingers met ‘bandaids’ toemaak en versorg want die bly altyd in die slag .

By die werk gaan dit vrot …die Ameriakaanse ekonomie ellende tref ons volstoom…en die geweldige ekonomiese groei wat die eiland getoon het oor die laaste 15 jaar het nou erg geduik almal het bo hul vermoeëns geleef en nou maak die een fabriek na die ander toe en ellende staar baie mense in die gesig…. Huis pryse het geval en die boubedryf het byna tot stilstand gekom want skielik is die krediet opgedroog….so ook die fondse wat deur die Gesondheidsdepartement aan die mense belowe was…
Ons hospitaal het met die NTPF wat voorsorg gemaak het vir pasiente wat deur die staat ge-opereer moet word…goed gedoen maar nou is die ook opgedroog en daar is maar min werk vir privaat pasiente en mediese assuransie ..in elke geval nie genoeg om die hospitaal van sink te weerhou nie
Ons is almal gevra om minder ure te werk en dit het verskriklike reaksie uitgelok
Die Nonne wat oorspronklik die hospitaal gebou het en nog steed in 50% beheer is was erg geskok toe hulle meegedeel is dat die hospitaal in finansieele nood is…..
Laaste in …eerste uit en daar is reeds personeel wat 2 weke kennis gekry het…
Ek weet nie wat vir ons nagdiens mense voorle nie maar ek glo dat daar ‘n hoer hand sal beskik en ek hoop die Nonne glo ook so….ek kan enige plek werk kry ..nou nie altyd wat ek graag wil doen nie maar werk is daar wel…. betaling nou nie so goed soos nou nie maar ons sal wel kop bo water hou…daar is baie wat in ellendes gaan verval en baie moeilike tye in die oog staar,,,maar ons is geseend dat ons alles kontant gedoen het en nog steeds doen …..die mense wat op die krediet kaart leef is in groot pinnarie!!!!!

Ons eerste Minister Bertie Ahern loop uiteindelik na 6 Mei ..sy verlede het te warm begin word en die geraamtes in die kas het uitgetuimel teen ‘n spoed…nou wag ons op die nuwe eerste minister om sake reg te skud!!!!

Ons is erg bekommerd oor Mugabe se vasklou krag,,Mbeki se onvermoee om iets te doen en Zimbabwe se toekoms ..ongelooflik dat hy kan wegkom met alles….

Nou ja julle is nou seker terdeë moeg van al die werk …
Ek moet vir ‘n ‘scan’ gaan want die linker knie het die gees gegee…gaan in ‘n agterwaartse posisie in en bly daar en ek kannie vorentoe of agtertoe nie…bitter seer en dan kliek die lot weer uit/in maar intussen sterf ek omtrent van die pyn…het toe gister die ortopeet gesien en hy dink dit is ?’n mediale skeur …sal sien wat gebeur ‘’hier moet jy maar geduldig wag op ‘n afspraak hulle sou my vanoggend terug skakel met dag en tyd maar het nog niks gehoor nie…intussen wil hulle my nie by die werk hê nie want hulle was by toe die knie sy onverwagte vertoning gelewer het en hulle het nie daarvan gehou nie !! dus is ek tuis ….voel baie sleg daaroor maar dit is nou maar so….

Hoop dat dit met julle lamal goed sal gaan in die volgende week en dat Haya beter voel,,,Gerlof sy been beter sal oppas en dat Nine haar stuitjie rus sal gee…Isabel weer tuin sal begin maak en Hessie lekker perd ry….kinders lekker studeer en almal gesond sal bly! Al die briefies word hongerig verslind!!!!!!
Sondag speel ek DV die orrel en gaan nou oefen!!!

Baie groete van ons in Ierland
Barry & Christina (Stien + Sr Dunne)

No comments: