Naweek
25-26 April
Liewe almal!
Soos dit vir my klink gaan SA tot stilstand kom oor die volgende 2 weke net lang naweke een na die ander hoe die ekonomie dit vol hou ….begryp ek nie!
Ek voel al soos ‘n krimineel omdat ek altyd vertel hoe tragies die weer in Ierland is maar as ek moet wag tot dit beter gaan mag julle dalk nooit weer van my hoor nie!!!
Nou moet ek ook se dat e k ‘n besoek aan Dublin gebring het en besef het dat ons in ‘n koue reen belt woon. Dit was ‘n goeie 5-6 grade warmer in Dublin as hier by ons al die bome het omtrent blare en die blomme is pragtig ..ek was so bevoorregt om op ‘n toer deur Phoenix park geneem te word waar dit pragtig was …Die Ierse President woon in die park… Finbarr het die hele middag na my omgesien ;;dit was baie dierbaar van hom…!
Ek moes vir ‘n scan gaan om te sien hoe flenters die knie is ..ek het die CD hier maar weet nie of ek dit gelees sal kan kry nie… sien wel die ortopeet Sondag oggend na werk en sal dan die uitslag offisieel kry. Ek is per bus Dublin toe en per trein terug regtig net ‘n heen en weertjie wou nog my vriendin bel maar dit was na 10 nm toe ek besef ek het nie gebel nie…ekskuus Rachelle dit was net do vreeslik besig en die verkeer ‘n nagmerrie….maar Finbarr ry deur die stad of hy daar gebore is .ek was naderhand so rigting bedingest dat e k nie geweet het waar noord of suid is nie…skoon vergeet dat Dublin by die see is en toe ek die magdom water sien ..was ek totaal verdwaas!
Hy het my ook na die Suid Afrikaanse winkel toe geneem waar ek het biltong gekoop en ‘n ‘grapetizer ‘ gedrink ..hier is nie sulke goed nie… ook Ouma beskuit en mielie meel gesien ..jy kan oor die internet bestel en dit word binne 2 dae by jou deur afgelaai…. “Jabula”…ag dit was lekker om al die bekende goed op die rak te sien ! tennis beskuitjies… Cross & Blackwell mayonnaise…!!!!
Tuis gaan dinge rustig ek is nou besig met my houtwerk leerlingskap Barry het die ‘nuwe’ slaap kamer se ingeboude kas self gebou…die mure is so skeef dat dit uiters moeilik is om iets reguit gedoen te kry maar ek is baie trots op hom …was ook by die groothandel vir matte en kan baie billik afsny stukke van goeie kwaliteit koop en dit sal dan deur hul mense ingesit word…die kamer is nie so groot nie en die stukke is baie groot.
As die kamer klaar is trek ons tydelik daarin sodat ons eie slaap kamer ‘n beurt kan kry!
Die weer is nog nie goed genoeg vir buite verf nie..te koud die verf hardloop net van die muur af!!!
Ek se dankie vir al die briefies en die oulike goed wat Gerhard uit Mazibuku aanstuur!!!. Ek hoop Nine dat jou stuitjie beter voel en moenie te hard werk vir die bazaar nie drink jy Glucosemine??? Ek kan nie daarsonder nie.. die kniee wil dit nie alleen doen nie…. en dat Gerlof se tand aan die gesond word is…hoop ook Sandra het lekker in SA gekuier! Haya se brief oor die nimmereindigende put …die plaas… klink baie bekend…jy moet dit vir die liefde daarvan doen en ‘n stewige bank rekening he anders word dit ‘n bekommernis. En die plesier is daaruit… dit is altyd goed om ‘n ekstra inkomste te he anders wil dit nie …
Ek het niks van Arnolda gehoor nie …lyk my sy is op pad SA toe?
Frik en Elmarie vra oor fotos van Oupa Gerrie maar ek het nie die fotos te sien gekry nie en kan dus nie help nie…stuur dit asb weer Frik!
Ons wag in spanning vir die groente om kop bo grond uittesteek maar ek dink die grond is bevrore en die arme saadjies verkluim! Effe later….Barry het my kom meedeel dat die ertjies en boontjies wel hul verskyning gemaak het.
Die vensterbank blom bakke lyk heel vrolik en hou goed tenspyte van die koue want hulle is effe beskermd teen die elemente van die natuur!
By die werk gaan dit vrot ..die hospitaal is in gelddelike nood en laaste in eerste uit …
Ek isgelukkig dat ek reeds ‘n paar jaar agter die blad het maar sommige van die ander wat verlede jaar daar begin werk het is nou oppad weet nie waarheen nie want dit gaan maar beroerd orals!!!Die Nonne veg vir hul behoud en die besigheidsmense van die dorp wil hulle uit he en dan die plek oorneem ,,,ek luister maar net ..en is dankbaar dat e k nog werk het!
Ek werk die naweek en sal nie kerk toe kan gaan nie ..en vind dit erg sielig maar ons maak wel op daarvoor die volgende Sondag! Verlede Sondag het ons ‘n besoekende prediker gehad ..en ‘n paar eksta mense en mans wat goed kon sing en dit was wonderlik …die akoestiek van die kerk is baie goed en ons het behoorlik die dak gelig!!! Die boodskap was ook na aan die hart!!! En die kern van I Johannes 4:7-12
Was die onvoorwaardelike liefde van God!
Nou ja my nuus is op en ek hoop dat dit met julle almal goed sal gaan tot volgende keer!
Liefde groete
Barry en Christina(Stien + Sr Dunne)
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment