15 November 2008
Saterdag
Goeie dag allemaal,
Barry flip so deur die TV kanale en elke nou en dan land hy op die rugby maar die klomp stoelsitters in hul mooi groen baadjies het hul hande in die hare en Scotland loop voor.... ek wil nie kyk nie want ek word naar as ons verloor! Dit is nou SA.... daar is 2 onse in my pond! die ander ons is Ierland wat bietjie later teen New Zeeland speel.
Ons het buitegewone goeie weer gedurende die week gehad! 'n effense warboel van weer patrone wat hulle afspeel met winde wat vir niks skrik nie en as daai suidooste wind aangerol kom bring hy alles met hom saam die kaleidoskoop van blare gestroop van die boomtakke word voortgedryf soos grond voor 'n stootskaper...soms is die blare in die lug so dig en baie dat jy wonder waar jy ry ..die strate se flanke is dik tapyte van blare wat op sigself pragtig is maar dit gee 'n deurmekaar indruk en as die spul blare nat word begin jy gly en moet versigtig loop , baie gevaarlik vir die 80jariges en bo waarvan daar erg baie in ons eiland woon. Die son kom met tye so warm na vore dat dit meer na lente voel as die begin van winter..die koue is vereers vergete!!!! Dit is nou stik donker 5nm en soggens lig so naby 8vm die nagte laaaank en die dae kort maar dit is nog net 5 weke dan begin die dae weer langer word!!!Sommige van die blaarverwisselende struike het knoppe aan en begin nuwe blare kry ..tot die voels is verstom... die ongewone warm weer maak hulle onrustug ...ons het baie voeltjies wat ten beste gevoed word deur Barry en verwilder word deur die kat...maar die voels ken hom en waarsku gou as hy in die omgewing is hy het net een probleem ...hy kan nie vlieg nie...en poging om in die lug te bly wil luk nie.!
Barry het nou al die bolle geplant en ons hoop om in die volgende 12 weke oorstroom te wees met kleur en prag! Die tuin word so bietjie opgekikker met die paar winter gesiggies wat pragtig blom in die hangmandjies...ook totaal verward...want die warm weer en winde maak die lewe anders.! As die koue kom gaan ons bibber en beef!
O ja en toe breek die buurman se beeste uit en land in die groot pad wat voor die huis verby gaan en dit was omtrent chaos . Garde en al wat leef en beef het hul hande volgehad met die ellende , gelukkig het hulle so binne 'n uur weer alles op kamp gehad en geen ongelukke is geraporteer nie!
Ons het 'n nuwe 2de handse liefdadigheid winkel ontdek en ek het die boek rakke van al die goeie skrywers gestroop. Nou het ek weer leesstof..die boeke is relatief duur hier en ek koop maar meerendeels 2de hands. Die biblioteek in die dorp se boeke het ek klaar gelees!.
Ek leer uit die briewe dat ons 'n nuwe Dokter in ons familie het en bring ons hartlike gelukwensinge oor aan Attie Jnr en sy ouers...wat 'n prestasie!!!!
Een van menige om te kom!
Ek het 'n foto iewers wat ek sal stuur wat geneem was toe ouma 80 jaar oud geword het! sal bietjie soek dan kan pa en ma 'n meer op datum foto bysit!
Politiek in die eiland swaai van laag na hoog en die wat aan stuur staan se 'pole' uitslaee is maar laaaaag! tenspyte van die begrotings fiasco gaan die spul nog steeds aan...knoei so ver as hulle gaan!
Werk is lekker en met my oog op ons hemelse VAder mag daar uiteindelik erkenning my kant toe kom vir my jare se kennis wat ek opgedoen het . Die akkreditasie kritiek is uit en alles val presies in my sfeer, beroepsgesondheid en 'risk assassment' Hulle het gevra of ek bereid sou wees om te help en nou bestudeer ek die Ierse wet op 'Social Welfare Safety and Health in the Workplace Act 2003' met erns.!!!
More is die beste dag in die week en al die Psalme is goed geoefen en ons wag met honger en dorstige siele vir die geloofskos wat so brood nodig is in hierdie tyd.
Verjaardae volgens my boekie: Attie Snr op die plaas tussen die pampoene!!! geniet die dag! en Hannelie in Dar es Salaam wat nou nuwe huis soek ....en al die ander vna wie ek nie weet nie .. Pragtige dag jul toegewens!!
Soos altyd word elke bietjie nuus goed verorber en herkou ..dus laat weet hoe dit orals gaan . Alles van die beste aan die wat eksamen skryf ...!!!!
Ek groet met wense vir julle veiligheid en behoud!
Barry & Christina (Stien...ens)
Telling SA 14
Scotland 10 Hoooooeeeeeeera !!!!...dis nog nie verby nie maar lyk beter!
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment