Wednesday, December 3, 2008

Groete vanuit 'n bibberende Ierland

30 November 2008





Vroeg Sondag oggend



Goeie more almal,



Die dag het al ver gevorder in die suidelike halfrond maar hier is dit nog stikdonker en goed 5 grade onder vriespunt.Ek kyk uit op die parkeer area en probeer my kar herken maar al die karre is spierwit, die ryp le dik . Gisteroggend 8h55 was die kar nog so geys dat die deur slot nie wou werk nie…het effe laat gewerk gister oggend.



Nou ja ,om ‘n lang storie kort te maak ….dit is winter!!!! Die dae is briljant met blou lug en heerlike sonskyn vriesend koud tussen 2-5 grade en snag verander alles in ‘n sprokies wereld.Die winter gesiggies het erge knou gekry en lyk nou maar beteuterd….was darem mooi vir so 8 weke….het opgemaak daarvoor en ‘n orgidiee gekoop waarvan die blomme ,10 in ‘n rits sit maar nog nie oop gegaan het nie , hoop dit sal oop wees vir kersdag,ook 2 potte amorillas, elk met 2 blomme.alles natuurlik binnenshuis!





Werk is effe rustiger van daar die skrywe…die nag kom tot ‘n stilte net voor jy die pasiente moet wakker maak .vir oggend observasies en medikasie en alles wat 6 vm gebeur soos kateters wat verwyder moet word…of blaas uitspoelings, intraveneuse inspuitings en nog wat. Ons het geen kosmetiese operasies gehad gister nie dus word daar geen vroee saal rondtes verwag nie….ook maar goed so want ek kry tog so maklik koud en alhoewel die hopsitaal goed verhit is kom daar tog ‘n uur of wat waar die temp skielik daal en jy verkluim .veral as jy jou trui moet uittrek!



Genoeg gekla, baie bly ek woon nie in Kanada nie veral nie in die winter nie.



Die wereld se geld sake bring groot ellendes mee en dis met seer harte wat ons bekende winkels sien wat moet toemaak …Woolworths in die noorde.. Harvey Norman ,groot elektriese ware winkel van Britse herkoms wat heel waarskynlik ook gaan toemaak in Ierland …en elke dag is daar ‘n maatskappy wat sy deure toemaak. En meer en meer mense sit sonder werk…dit is met groot dankbaarheid dat ek sonder klae elke nag aandurf sonder klae.



Florrie, die vroutjie in die kerk wat so siek was Mei.. op sterwe na dood ..weer beter ge word het huis toegaan het en Augustus 50 jr getroude lewe herdenk het , uit die huis waar hulle 65 jaar gewoon het getrek het na ‘n bungalow tussen die 2 dogters het Vrydag oggend vroeg gesterf…hulle vra toe of ek die orrel sal speel maar ek moes nee se want ek werk die hele naweek speel reeds vanmore die orrel na die nag se werk moet dan bed toe ½ 12 en weer op wees vir 2nm , en weer werk vanaand en kan dit nie doen nie…maar Barry sal na die diens toe gaan.Ek het by haar oorgeneem as orelliste van die kerk. Hulle is seker die enigste mense by wie ons gereeld besoek afgele het.. en hier begrawe hulle op ‘n Sondag net soos op enige ander dag. Ek sal haar mis!

Anders gaan dit goed met ons. Ek verwonder my aan hoe Nine altyd aan die gang is gereeld op die pad dan hier dan daar, le sieke besoek af en werk vir die kerk bazaar doen mee aan alles, dit is so wonderlik ! en dit met seer gewrigte!!! Jy kry ‘n medalje!Nine!

Dankie ook dat jy gereeld met Tant Poppie praat dit is vir my ‘n riem onder die hart.

Ek hoor niks van enige van haar seuns nie. Kry ook nie meer ‘n brief van Leopold nie dus is jy nou my enigste ‘link’



Maandag 1 Desember



Nou ja 24 uur later bring my terug na die komputer. Die ryp van die vorige nag het nooit kans gekry om te smelt nie en toe ek gisteraand werk toe ry was dit reeds weer wit geryp



Was soos gewoonlik kerk toe en het ‘n sielvolle preek gehad , ons was net 10 mense. Baie van die ouer mense is bang om op die geysde paaie te ry en ek moet se dit was maar glibberig op plekke gister oggend toe ek teen tyd moes huis ry om betyds vir kerk te wees.. Die agter paaidjies word nie met sout bestrooi nie en kan erg gevaarlik wees. Die begrafnis was om 2 uur en Barry het ons verteenwoordig en daar was net plek omte staan. ,gelukkig was dit helder sonskyn 2 grade Cel buite maar dit het het nie gereen nie en seker 100 mense moes buite staan. Sy is in die kerk begrafplaas langs die kerk begrawe.



Nou ja altyd lekker om van almal te hoor.



Baie later in die dag.



Nou net na 'n wonderlike program gekyk die semi finale vir 'The search for an Egg head' Die 'egg heads' is 'n groep van 5 wat verskeie 'quizzes' gewen het en daar is daagliks 'n vrae kompetisie waar 'n ander groep die eggheads konfronteer. elke dag is £1000 op die spel. More is die finaal en dit is twee swart mans wat teen mekaar gaan antwoord. Uitstekende program!!!!



Buite sit die 1ste kwartier van die maan met Venus naby aan 5uur en Jupiter net skuins bo. OOO my wens vir 'n goeie kamera met teleskopiese lens was nog nooit so groot nie. Wat 'n wonderlike gesig en ek moes baie versigtig wees want alles is geys selfs net buite die agterdeur en jy kan maklik gly en op ons ouderdom is 'n val op ys nie aangewese nie... dus baie versigtig het ek toe na die hoogste punt in die tuin beweeg maar my kamera se zoom is nie goed genoeg nie Hoop iemand anders het 'n foto geneem!!!

Nou ja dit is benede vriespunt buite maar dit is heerlik warm in die huis , wat is ons bevoorregt om goed daaraan toe te wees en nie vanaand op 'n karton in 'n hoekie hoef te slaap nie menige straat bewoners sal seker vanaand omkom van die koue!!!

Ek groet met beste wense aan Elmarie wat more verjaar Veels geluk!!!



Ek het geen ander verjaardae in my boekie nie en wonder net omtrent Alfred?

verjaar hy nie 6 Desember nie Retha as ek reg is dra my beste wense veral nou aan hom oor en hoop die operasie gaan goed!!!!





Vanuit 'n bibberende Ierland

Kyk mooi na julle self wees altyd versigtig!!!

Barry & Christina(Stien...ens)

No comments: