Tuesday, December 23, 2008

Groete vanuit 'n feestelike Ierland

'n Geseënde Kerfees en 'n Voorspoedige Nuwe Jaar aan almal!!



Maandag

22 Desember 2008


My briefie is laat want iewers het ek van die bus afgeval en moes skarrel om weer by die volgende stop opteklim...maar ek is weer veilig 'on board'

Soos Gerlof se dit is warm ..gister was dit 13 grade hier en geen reen wel bewolk maar eienaardig warm....dit kan net een ding voorspel ...ellende...die voëls sing indie middel van die nag en alles is in bollemakkisie ,tuimelde na wie weet waar...saam met die ekonomie en al die gruwelooslike dade wat deur bank bestuurders met vroom gesigte gepleeg word is daar maar min oor om aan vas te hou. Ek sou graag 'n kamp in die Sinai Woestyn wou oprig met wilde diere tussen die kamp en die woestyn sodat wanneer hulle probeer ontsnap die diere 'n goeie maal kan he...almal wat dood maak, almal wat verkrag en almal wat ou mense se geld steel en skotvry wegkom.

Gister was 'n baie geseënde dag want al wat goed is het gebeur.Eersten was dit Sondag ,die beste dag in die week gevul met Kersang en die kerk het weergalm want ons het besoekers van die Noorde gehad en ook van die omgewing en dit was majestieus om die kerkdak te lig met jubel sange!!Tee daarna en toe huis toe om vroeë Kersmaal op die tafel te kry...Finbarr en Amanda sou hier wees net na 1 nm...ek het 'n stuk bief..lyk na silverside in die oond gesit...gestop met knoffel stukkies en moes eintlik bietjie harde vet gehad het want ons eet vetvry en dit beteken die vleis droog effens uit in die oond..wou graag 'n potbraai gemaak het maar by gebrek aan 'n yster pot moes die stuk vleis die oond in. iewers uit die swak gedreineerde grysstof besluit ek toe om 'n groente soufflé te maak en daarvoor moes ek toe 'n deeg bedink...gelukkig het die een ou tannie by die kerk vir my eiers persent gegee( ons eet nie eiers nie en die 2 wat in die yskas was..het bo gedrywe toe ek hulle toets en moes toe voëls toe) en ek maak toe my skon deeg aan .Kook al die groente wat ek vars in die yskas gehad het..wit wortels, geel wortels rape blomkool, broccolli, uie sampioene ,vinnig op en met die deeg in 2 gedeel maak ek toe 'n bed vir die groete ,o ja vergeet byna van die witsous wat toe oor die groente gegooi is met vleisagtigepaprika speserye wat ons hier in LILD kry en die 2de deel van die deeg uitgerol bo-oor alles... en die toe ook in die oond.....suiker ertjies en gebakte aartappels....self Finbarr wie se neusvleuels sedert kinder jare wit word as hy moet groente sluk het 2x geskep aan die gebak!!!!!!
Poeding was heel eenvoudig appeltert met room...die 'triffle' sal daar wees vir Kersdag al is dit al wat ons eet!

Verder wil ek net almal veilige reise toewens en die wat tuis bly 'n gesellige feestyd. verjaardae is min in my boekie net Br Mendel se tweeling Paul en Jacob wat 24 ste verjaar!!! Ek onthou jul geboortedag soos gister!!!!

Ons bede is dat dat dit nie te warm sal wees in die suidelike halfrond nie en dat julle mooi reen sal kry en dat julle die geselligheid van Kers en Nuwe Jaar sal geniet!

Wie wee wat die weer inhou... dit is nou vir ons....???? vergeet Sonskyn dit is onwaarskynlik ..sneeu...miskien maar twyfel ...bewolk ja donker ja. nat..ja... my Amyrillas is oop bloed rooi en pragtig!!!!

Groete van ons
Barry en Christina( Stien...ens)
die langste nag is verby en die kortste dag word nou met minutes langer elke 24 uur WONDERLIK!!!!

Wou ook nog net sê...my kat Cheeky is oorlede...? hartaanval...ons het hom Woensag oggend voor die hek gekry ..lyk of hy aan die slaap geraak het...die dokter se diere kan hulle doodskrik...hy het nie 'n letsel of 'n druppel bloed aan hom gehad nie ..ons harte is baie seer...en 'n hele nuwe aanpassing vir Barry...sy getroue vriend is nie meer nie....

No comments: