12 Desember 2008
Vrydag
Goeie dag aan almal,
Hier reen dit nie net 'n bietjie nie maar ons is stadig besig om te verdrink. Die agterplaas, dit behels nou 'n goeie 1/2 akker staan onder water,die dreineeringspyp vloei so sterk dat 'n rivier vorm daar waar dit val op die parkeer area 1 meter laer en die kar, behalwe vir sy/haar gewig sou weggedryf het as dit enigsins ligter was.Dit is altyd warmer as dit reen maar dit is darem regtig nou nat verby..Die kat gee nie om vir die reen nie en hardloop ewe gemaklik daarin rond tot die nattigheid deur die vag van kathare gesypel het en dan kom vra hy ewe mooi om afgedroog te word en laat jou dan toe sonder murmerering dat die spesiale handdoek oor hom gegooi word en hy dan met wonder vryf weer droog anderkant uitkom.
Die komputer kamer se verhitting is reg langs die stoel so dit is regtig knus en snoesig hier waar ek sit en tik, Die vuur is al aan van 2nm goed aan die gang en Barry het 'n duidelikke duik in die turf gemaak....gedink dit sal 'n ewigheid hou maar die skuur is halfpad leeg! gelukkig is die olie effe goedkoper nou en ons kan die tenk vir 1/2 van verlede jaar se prys laat vol maak. dit maak wel die huis lekker warm maar die geselligheid van die vuur is dan daarmee heen.
So gaan ons almal deur die seisoene en ek kla nie ek se maar net ...want ek verkies die winter op die stadium meer as die somer...julle dink seker ek is bietjie af...maar ten minste weet jy wat jy kry in die winter, reen, koue, sneeu, hael, wind en soms sonskyn...in die somer verwag jy tog die teenoorgestelde maar vir 2 jaar agtermekaar het ons nou 4 winter seisoene gehad....herfs en lente kom nog steed voor maar ook net net...!
Eintlik sou ek graag in detail my nagtelike ervaring wou vertel maar miskien is almal wat die brief lees nou nie geintreseerd in mediese ellendes nie en ek sal maar net se dit het woes gegaan...'n man wat 'n TURP (TRANS URETHRAL PROSTATECTOMY) gister gahad het, gaan toe aan die bloeie. Die laboratoriums in hierdie 1ste wereldse eiland is betreurigwaardig en fibrinogeen klottings 'screens' moet weggestuur word en die man het nie sy Aspirine gestop 14 dae voor die operasie......en sjirurg Uroloog, moes terug kom vanuit Dublin om die ellende te probeer oplos ...maar ek het in my lewensdag nog nooit so-iets ervaar nie ...net erg dankbaar dat ek 'n vrou is...die arme man is 5x deur die hel sonder verdowing of enigiets...kon dit nie glo nie...maar 3 ure later het ons toe alles onder beheer en ek met voorskoot en al onder die bloed. In SA sou dit 'n groot pelava gewees het want ek was dan bloot gestel aan 'n nader se liggaams vloeistof en sou moes bloedtoetse ens ondergaan hier gaan haal jy net 'n 'scrubb' pakkie trek jou eie klere uit en trek die scrubb pakkie aan...en siedaar alles is weer reg!!!! Die simpel man het nie eers handskoene aangehad nie ..ek bring die grootste paar vir hom in die stoor kamer maar hy wuif die weg en gaan net aan....ek het maar saggies langs die bed gebid vir leiding en genade...en dit was nie eers my pasient nie maar die arme nurse het haar boeglam geskrik en het maar skiwi gespeel...en tussendeur moet bloed getrek word en sy probeer maar die man is in skok en geen aar te vinde nie maar ek is bekend vir'''kan bloed uit 'n klip kry' trek toe gou die Hb en wonder boven wonder het hy nie 'n oortapping nodig gehad nie
Ek was dood moeg vanmore en het met moeite my oe kon oophou op pad terug huis toe....dit is nie so seer die bloeding nie maar die intensitiet van die verantwoordelikheid wat swaar op jou skouers rus.... maar dankbaar met die genade van Bo is ons almal daardeur en James bleek baie moeg,erg dankbaar dat hy nog leef ...!!!
Nou ja tuin nuus is daar nie want alles is besig om te verdrink...die Amyrilla is byna oop en ek sal die orgidee moet skuif na 'n warmer hoekie met genoeg lig en sonskyn wanneer dit na vore kom, want die se blomme het nog nie oopgegaan nie en Kersfees is om die draai!
Oubaas al jou pos kom terug kan iemand vir my hulle yahoo adres stuur asb!
Verjaardae in my boekie is skaars,,,net die van Heleen (Zam)17de- Lekker verjaar!!!
My nuus is op en ek sien uit na Sondag...voedsel vir my siel ...meer poeding want ons word daagliks gevoed deur God's woord.
Ry asb versigtig ,
beskou veiligheid as 'n prioriteit
BAie liefde groete
Barry& Christina ( Stien....)
TER AANVULLING!!!
Goeie dag allemaal,
Net om te se dat ons byna gister verdrink het om vandag die meest stralende dag te ervaar..2 grade met helder son skyn die blouste lug en geen wind nie...dit is net eenvoudig briljant!!!
Het bietjie vergeet van die varkvleis fiasko...verlede Saterdag aand begin hierdie spul Iere toe hul yskaste leeg maak want daar is glo iewers in die brood krummel mengsel wat in vark kos gebruik word hoee vlakke van 'dioxins' gevind en die mense hier het vergeet wat dit is om honger te wees want hulle gooi alles weg as die verval datum vandag is al makeer dit absoluut niks nie honderde houers Yougurt word daagliks in die asblik gegooi in die hospitaal ,praat van geld mors...niemand kan dit beter doen as die Iere nie ...terug by die varkvleis ...al die winkels en supermarkte moes toe inderhaas al hul vark produkte van die rak haal en verwoes....jy het in jou lewensdag nie so iets beleef nie ( dan bygese die Ierse se stapel vleis is vark) dit het natuurlik 'n ketting reaksie gehad want nou kon geen vark geslag word nie en met 4000 varkplase in die land word daar elke dag varke gebore en elke dag varke geslag...en nou is dit nie moontlik om vir die sog te se jy mag nie kraam ie en jy moet ook die groter varke wat moes mark toe gaan nog steeds kos gee maar ook versigtig wees want jy verloor baie as die vet gehalte van die vark te hoog is ...en al die tyd vra ek myself waar is die toxicolgy dept en die toxicologists wat die graad van besmetting kan uitwys .(alles owrd weggestuur iewers anders heen Frankryk, Holland Belgiee Engeland...maar hier kan hul niks)nadat al die vark vleis verwoes is kom hulle na vore en se sat jy nie in 40 jaar genoeg vark sou kon eet om kanker te kry nie....ons klein stukkie vark gerook en reg vir kook is nog steeds in my yskas veilig !!!! Vinnig na die aankondiging word die varke toe weer geslag en is daar weer vandag rakke vol vark vleis en worsies!!!! en dit in 'n tyd van erge resessie!!! Moes dit glo doen vanwee die Europses standaarde kommittee wat oog hou oor voedsel vervaardiging in Europa!!!!!
Vanoggend terwyl ons scrabble speel hoor ek water loop, vra Barry so ewe,' waar loop die water?' en hy spring op , hy het die kraan in die kombuis aan ge los ,was besig om die hoender te ontdooi en het vergeet van die kraan... nou is die vloer skoon, die kaste gewas en al wat handdoek is in die was masjien!!! So bly ons besig met nietige dinge....
Hoop van harte dat julle die naweek sal geniet
Baie liefde groete
Barry en Christina
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment