Sunday, November 23, 2008

Ierse Groete

1 November 2008





Saterdag





Liewe allemaal,

Om eerlik te wees wil ek nie juis oor die weer praat nie maar aangesien dit ons hele lewe beheer ,byna meer as die euwel van die wereld, naamlik geld, is dit nou een ding waar ons niks aan kan doen nie. Eienaardig Arnolda sê dit is 16 gr. by hulle en van duisende kilometres wes korrespondeer ek met ‘n vriendin van Sa wat nou ‘n hele paar jaar in Kanada woon en ek het ‘n foto van haar gekry waar alles spierwit is van die sneeu. Ek kyk gereeld wat die weer in SA inhou en beny julle die somer maar nie die droogte nie en ons hoop en bid dat goeie reen sal val veral op die Vrystaatse plaas!!!en ook in Australiee!



Hier gaan dit klopdisselboom, lekker koud ,vriesend met helder sonskyn maar geen hitte uit die vuurbol nie want dit is alles in ‘n suidelike rigting gemik.Soggens , gewapen met my bottel lou water gee ek eers die kar ‘n bad van die voorruit alom tot agter terwyl die enjin hardloop omteverhoed dat die water wat ek gooi nie weer dadelik vries nie.Ek het sulke deftige goed in ‘n spuitbottel maar ek gaan vreeslik aan die hoes as ek dit perongeluk inasem ,dus vermy ek dit waar ek kan, want om met ‘n toegetrekte bors die rit huistoe aantedurf is nie ‘n goeie idee nie ! Kortom dit is winter in volle gang die eerste sneeu het hier ook in Wicklow geval en selfs in die midland area waar on s woon het verskillende plekke gerapporteer dat die eerste sneeu Dinsdag geval het ons het wel ‘sleet’ gehad maar geen sneeu nie.

Soos oral hier in Europa en VSA Kanada en wie weet waar nog was die ‘pagan’ ding van Halloween hier hoog aangeskrewe tot my arme kat se ellende , hy is nog verward en sy oe is so groot soos pierings, hy le nie stil vir langer as ‘n paar minute nie vlieg op en kyk verward rond..die naaste bure het kinders en die het die hele aand klappers geskiet en lawaai gemaak , ek was by die werk en het gelukkig vrygeloop ons kon net die vuurwerke van die saal af sien maar het gelukkig nie ellendes ondervind nie.



Die laaaaang nagte word nou nog langer vanwee die feit dat ons nou net 3 nagte ‘n week werk maar 12 +1/2 uur skofte.Dit word nou vroeg donker en met die 2 ure verskil tussen SA en ons is alles nou eers vir ‘n wyle in die war.



5.15nm en dit is byna donker!elke dag word die lengte van daglig verminder met omtrent 5 minute.Die verskil tussen somer en winter is dat ons in die somer so baie verwag in die winter wee t ons wat op ons wag en verwag niks!



Nou ja die politieke turmoil het effe afgekoel maar die heersende Fianna Fail party het ‘n knak weg en ons sal die vrugte van hierdie begroting nog vir ‘n lang tyd pluk.

Ons kon dit nie weerstaan om ‘n besoek by die tuinplek af telê nie en kom toe terug met sogenaamde winter gesiggies en die is nou in my 2 hangmandjies wat ‘n mens van die pad af kan sien. Die laaste slierte van die kappertjies is nou finaal verwyder en al die oorgeblewe sand is nou gebruik om holtes op te vul en die res oor die gras gestrooi. Ons is vir eers klaar gebou!!!!!!



Ek het nog spinasie in die tuin , ewig oorlewend , ryp en al!



More is Sondag en altyd my beste dag! Alle Psalme en gesange goed geoefen en honger vir voedsel vir die gees! Nou praat ek byna elke dag Afrikaans. Die dokters by die werk wat mekaar afwissel en al die Afrikaners by die kerk!!!!dis tog alte lekker!



Ons stoof se glas het verlede Sondagaand gekraak – maar vrot glas en die moes inderhaas vervang word want ander kan ons nie vuur maak nie. Die olie is wel daar maar ons gebruik dit liewer net in nood. Maandag is ons toe Athlone toe bank vakansie dag en alles maak eers 2 nm oop maar ons het die glas gekry en ‘n laaaaang uur in B & Q rond geloop dit is daardie allemintige groot plek wat alles in he t wat jou hart begeer. En toe begin die soektog na GAnleys waar ons die glas moet koop .elke moonlike pad in die dorp geneem en uiteindelik vanaf die snelweg oppad Galway toe die winkel raakgesien .by ‘n afrit omgedraai en die glas gekoop ten duurste want dit is die deel van die stoof wat nie onder die 5 jaar waarborg val nie.!!!! So leer ‘n mens!



Nou ja die kos is op die stoof en soos altyd moet ek daar wees want die reukorgaan werk nie en as ek nie daar naby is nie en dinge elke nou en dan besigtig nie, brand dit.



In my verjaardag boekie het ek net een verjaardag en dit van Heidi. Veels geluk!

Volgende is Australiee aan die beurt!



Nou groet ek met ‘n warm hart en groot dankbaarheid dat ons almal gesond en wel is!



Baie dankie vir al die briefies!



Groete

Barry & Christina ( Stien…ens)



Wees altyd versigtig!!!!

No comments: