Saterdag 6 Junie 09
Goeie dag allemaal,
Weer berig:
Na ‘n volle week se uitmuntende weersomstandighede,temperature wat selfs 30 bereik het in die koelte ,is ons diep in die donker kant van die weer gedompel. Geen donderweer of weerlig nie maar wel aan houdende sagte reen,en teenoorgesteld met winter omstandighede ervaar ons koue gepaard met looiende winde vanuit die pole.
Arme Isabel is aangetrek of sy die Noordpool besoek en ons besef dat ons al goed geakklimatiseer het in die byna 6 jaar wat ons hier woon.Ek loop kaal arms buite rond en sy is goed gepantser. Moet sê
sy het darem lekker warm gekry toe die temperatuur daar by 30 gaan draai het.
Die boere het natuurlik gou gekla dat hulle reёn nodig het,maar kon darem baie lande stroop van gras om kuilvoer temaak. Die beeste word dan in die land toegelaat om te eet wat oorbly. Die nat weer van vroeёr het groot tekort aan voer veroorsaak,terwyl die koeie opstal moes staan.
Blom tuin! Min het ons geweet dat ons ‘n slawe drywer op besoek het waar dit by die tuin kom en alhoewel meeste dinge darem haar goedkeuring weg dra moes ons deksels hard werk om die rose in ere te herstel. On sweet ook nou dat ‘slugs’ vrek van bietjie sout en ons het ‘n geweldige oorlog gevoer teen die mislike goed in my rubbarber.
Ek het darem altyd ‘n dapper stryd geveg teen die luise gepantser met seepwater in ‘n spuit bottel net om elke ondersoek tog nog ‘n spesie van luis te ontdek. Nou is alle peste byna onder beheer met gif spuitgoed, blaar voeding en roes behandeling. Dit was nie al nie ,gewapen met vurk is al die grond om die rose losgespit deur hierdie dapper skoonsuster van my en ek op my flenter knieё agterna om walletjies te maak en te sorg dat al die vuilgoed uitgetrek is,sodat die water wanneer dit hulle beurt is kan intrek in die vrot grond , of klei of sandering, of turf! Mense ek was lanklaas so moeg van tuin werk!
Ek is seker as iemand haar dienste benodig,en julle haar kaartjie betaal, met ‘n handlanger wat die harde werk sal doen,sal sy haar kennis met julle deel! Dit is wonderlik om deur die onderveld te loop in ieder geval maar om saam met Isabel te loop is soos op ‘n ontdekkingsreis te gaan en ervaar die skepping intensief, met die oplet van grassade en die stuifmeel, die blom samestelling en voortplanting in die natuur, baie bevoorregt!
Ons het ook heelparty maratonne geloop tussen dorpe van een kant na die ander, heuwels op en heuwels af, ook ‘n rit op die Moon River plesier boot. Monster veiling van enorme groot trekkers en allerlei hout pakette, en ‘n besonderse maaltyd in ‘n hotel met poeding en heerlike koffie. Gelukkig het ons soveel myle geloop dat ons die lekker kos weer afgeloop het!
Isabel se besoek het ons na plekke gebring waar ons net van gehoor het maar nooit by uitgekom het nie,soos gister se ‘Midlands Home and Garden Festival’ en dit was omtrent ‘n fees, Blomme en blomme so mooi jy snak na jou asem, en alles wat jy moontlik om die huis, in die huis, nodig mag kry. Ook die ou herehuis wat in 1792? Met Jealous Wall wat die man opgerig het sodat mense nie sy huis kon sien nie, ‘n enorme muur ! Die uitsig van die huis is oor die Ennell meer, ongelooflik mooi! Die bome in die tuin is baie honderde jare oud!
Vandag het ons tuisgebly behalwe vir ons besoek aan die dorp vir koerant ens. Hier is geen kremetart te koop nie ons wou koeksisters maak en die resep wat ek van www.boerekos.com gekry het het allerhande dinge ingehad wat nie hier beskikbaar is nie ,ons het nogtans voortgegaan en gehoop vir die beste. Helaas was die deeg nie reg nie(klaar gemaakte deeg gekoop) en die stroop kwantitiete moes verkeerd gewees het want dit was dikker as ghries. Isabel en ek het maar die proef stukke verorber en Barry het syne byna uitgespoeg en ons goed laat weet dat dit nie koeksisters is nie en dat ons alles moet weg maak!.
Dit was op sy aandrang dat ek dit prober het, onthouende dat dit ‘n groot en delikate taak is en dat almal nie koeksisters kan maak nie ,en ek moes maar onthou wat my ma gedoen het! Dit het effens beter gegaan met die maak van broodkrummels om die hoender mee te stop. ‘n Oulike ‘contraption’ wat kaas rasper ,koekies krummel en brood krummels maak, en ons gister op die uitstalling gekoop het. Ek het eers vors gebruik want ons het gedink dat droeё brood makliker sal krummel, maar dit het meer gevoel soos borskas spier oefeninge en ek het die slappe lag gekry- later besef dat sagte brood met byna geen moeite wonderlik krummel!Ek het laas so lekker gelag saam met Karin in ons kantoor oorkant Parklane Kliniek!
Ons beplan nog ‘n paar groot uittogte in die volgende 13 dae. Noord Ierland, Sligo en noordelike deel van die Republiek, Kilkenny en dan natuurlik Dublin. Ons gaan Barry tuis laat bly as ons Dublin toe gaan want ons soek nie probleme nie!
Daar is nog geen verjaardae in my boekie vir hierdie week nie. Almal wat eksamen skryf, alles van die beste!
Verkiesing verslae is op die oomblik aan die gang na munisipale verkiesings en die Europese Parlement verkiesing. Die huidige party aan bewind Fianna Fàil,kry maar baie swaar en het geweldige verliese in stemme ervaar. Die Iere stem vir die party omdat hul voorvaders vir die party gestem het en nie omdat dit hul oortuiging is nie. Verlede jaar en vroeg in die jaar het almal in duisende opgetrek na die Parlements gebou om te betoog maar kom dit by stem ,vergeet hulle dat hulle woedend was ‘n rukkie gelede en hul stem die ellendinge weer in!
Mag almal wat môre die Woord van God sal hoor dit as siele voedsel inneem!
Dit is die beste dag van die week en Psalme en Gesange klaar geoefen en ek geniet my nuwe kerk Lied boek wat Isabel gebring het baie! Het reeds laas Somdag hom in gebruik geneem vir tussen spel en na diens.
Nou ja baie van julle kry breedvoerige skrywe van gebeure en ek laat dit aan Isabel oor vir die fynere punte.
Enig iemand wat nie familie is nie en graag die skrywe wil ontvang laat weet en ek stuur dit aan!
Pas julle almal mooi op, trek warm aan wanneer dit koud is, wees altyd versigtig, vir die wat uitsien na SA besoeke mag die tyd vlieg!
Liefde groete
Vanuit ‘n afkoelende Ierland
Die Dunnes.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment