Wednesday, June 24, 2009

Bibberende Somer in Ierland

9 Mei 2009

Saterdag.

Goeie dag amal

Ek het ‘n heerlike eraring gehad gisteraand, Vertrek vanaf die huis in stort reen en toe ek by die hek uitry stop die reen en voor my is, so naby dat jy byna daaraan kon raak, is die reenboog, perfek! Sover as wat ek ry beweeg hierdie reenboog van oos na wees en terug na suide. Natuurlik soos ek draai en ander rigtings ingaan maar skielik is die reen boog reg voor my en die begin punt ,wat ek nog nooit gesien het nie, reg voor my in die teerpad en soos die kar voor my deur die reenboog ry kon ek die prisma kleure oor die kar sien speel maar toe ek daardeur moes , is die reenboog weg! Ek het wel teen 100km/u my hand in gietende reen by die venster uitgehou en ‘n foto met my foon geneem ! Wat ‘n wonderlike gesig!
Soos in Exeter het ons op ‘n glybaan geland en ons id terug in winter temperature 6-10 miskien haal ons 12 teen 3nm as dit nie reen nie maar ander brand die vuur nou weer elke dag. Ek hou boek van die temperature en verlede jaar die tyd was die temperature tussen 14 en 23. Ek hoop en bid dat dit verbeter want ons het juis die tyd van die jaar vir Isabel se besoek gekies omdat dit altyd goed is en kyk nou wat moet ons deur gaan !
Julle president is ingehuldig teen miljoene R se koste daar in SA en ek dra die land in erns aan ons liewe Vader op vir behoud en orde,geregtgheid en vooruitgang!
Hier was dit maar ‘n stress volle week, baie daaarvan self opgele maar so is ons maar mense van min geloof! Ek moes my finale praktiese eksamen op Woendag doen en in stede van vroeg dag word dit toe ‘n aand eksamen en my stres vlakke was buite die ruimte, het ‘n klein foutjie gemaak , en wetende dat alles 100% moet wees val ek toe in diep ellende en was seker dat ek dit die keer nie gehaal het nie. Het net voor 23h0 tuis gekom en Barry lees my soos ‘n boek is besef elende is op hande , geen simpatie nie net woede date k myself deur sulke stress sit en nie eers daarvoor betaal word nie,,,en die hele ellende van hoe hulle my gebruik word weer van voor af benadruk, kon glad nie slaap nie en het in die vroee more ure langs die kombuis tafel die bedrag sit en uitwerk wat ek weekliks sal moet terugbetaal as ek gesak het. Die aand van te vore, toe ek ingekom het ,het dit erg gereen en my foon was in die jas se sak op ‘silent’ en ek het total en al van die foon vergeet. 11uur Donderdag oggend begin en na verskeie huil buie ,van hoe kan ek nou die hospital inloop en ek het dit nie gemaak nie, begin ek die foon soek , Uiteinedelike die ding opgespoor en sien ‘n boodskap , byna ate bang om te kyk sien ek toe ‘n boodskap die vorige aand gestuur net na 23h30 met gelukwensige dat e k baie goed geslaag het en toe huil ek eers, nou van verligting en skaamte dat e k so min geloof in myself en my Skepper, wat my altyd bystaan, gehad het.
Die uiteinde hiervan is nou dat e k nou ‘n volwaardige ‘Basic Life Support’ Instrukstriese in American / Irish Heart Foundation CPR is.Ek het myself belowe dis nou genoeg , niks meer studie werk vir hierdie ou dame nie, maar toe voel ek so sleg Donderdagnag en daar is ‘n stil uurtjie date k toe maar weer deur ‘e learning ‘n nuwe kursus begin het, ek kan dit in my eie tyd doen en ken die vak goed en vlieg daardeur!
Van wee al die reen kan ons nie die gras sny nie want jy staan in poele water op die grasperk. Die groentes groei goed en ons sal hopelik ‘n goeie drag pere en appels he die jaar. Die tulpe is klaar geblom en sal nou afgesny word en seisoen blommetjies in dieselfde potte geplant word. Die Rhododendrens is in volle blom en pragtig die azalea het ook begin blom daar is baie roos knoppe aan die groei en ek hoop dat dit mooi sal lyk as Isabel arriveer, moet nou net gou die somer hier kry!
More , soos altyd die beste dag van die week en ek kies die Psalme en Gesange want groot Stephen preek(KleinStephen is ons eie predikant en groot Stephen die evangelisasie prediker) dus alles is reeds goed ge-oefen en wag in opgewondenheid op ons geestelike voedsel vir die week!
Werk is ons altyd naby en Barry het die teels buite die voordeur gele, ‘non slip’ maar niemand het gewaarsku dat jy nie weer die sement kan afkry nie en die hele week het ons met allemoontlike produkte en sure prober om die kolle wegtekry van die teel sement maar niks gebeur nie en dit kos elke keer geweldige ‘elbow’gries en ons is moedeloos en besluit dit moet nou maar so bly, tot on seen dag ;n produk vind wat dit sal skoon maak of ons le ander teels bo-oor!
Die riool stelsel stam uit 1928 en met al die reen vloei al die water direk in die riool sisteem in en toe gebeur die on herroeplike oorloop. Met die gevolg dat ons Barry met my in raadgewende irriterende kapasitiet ‘n sloot moes grawe om die water wegtelei, en nou si die onder veld weer toe onder die water van bo en van onder, jy wen net nooit nie. :n man met ‘n skop graf sal nou weer die French drain moet kom vergroot, ons het reeds van tevore gedoen maar dit is duidelik nie instaat om al die water massas te hanteer nie. Gelukkig is die water wat oorloop heel skoon en reukloos , byna skoner as die water wat vir 4 jaar uit ons krane gekom het.
Jammer dat e k nie van Marylene?? en een van Haya se kinders se verjaardae geweet het nie. Beste wense vir julle! Geen verjaardae in my boekie nie!
Baie spesiale groete aan tant Poppie , een van haar seuns hoop ek sal ons opregte groete oordra!
Die Niggie wat in Vryheid woon , ek hoop dit gaan nog goed met julle- een van Annemaria (Haya se dogter Anneke ,wat Dr word, doen nou prakties in ‘n hospital naby julle.
Ek groet met beste wense aan almal wat eksamen skryf, vir goeie pryse op die mark, vir reen en goeie oeste!
Wees altyd versigtig,
Liefde groete van uit ‘n bibberende somer in Ierland!

No comments: