11 April
Saterdag
Goeie dag allemaal, familie en vriende!
Sopas terug na ‘n besoek aan die County wat ons skei van die noorde ,Cavan. Op ons terug reis verlede Sondag van die noorde het ons ‘n Woodies langs die pad opgemerk DIY winkel met allles in behalwe kos!
30 Gesiggie plantjies, 4 tamatie plante, 2 Dendrobium plante, a variant van dieselfde spesie as die orgideё kleiner weergawe helder pink met wit binne en ook omtrent 10 blomme aan elke stingel baie mooi, my pa sou dit so geniet het om daarna te kyk!
Ek wil ook vertel van ons tog na die noorde verlede Sondag na kerk!
Pragtige dag en besluit as ons dit nie dan doen nie kom ons nie weer daarby uit nie.
Ons ry noord deur County Cavan, die suide maak ‘n soot van ‘n bree bergtop in die noordelike rigting, ons hou wes van die ‘cone’ ry verby Butlersbridge na Belturbet, ‘n plekkie wat ons alreeds ‘n paar maal besoek het , oor die grens na Teemore,Derrylin,Mackan,Ballanaleck tot in Enniskillen, Die grootste dorp in die noorde naby genoeg aan die grens om lekker inkopies te doen. Die suide beweeg in 100de oor die grens om daar te gaan koop BTV is laer en die pryse in sommige gevalle baie laer as in die suide . Volg die rigting aanwysings wat ek by die werk gekry het noukeurig en land voor die deur van ASDA die groot algemene handelaar waar ongeveer 300 mense voor die deure staan en wag om integaan Sondagoggend word die rake volgepak en maak die winkel eers 1nm oop.
Ons het rustig gewag tot almal in was en toe rustig deur die winkel gewandel en gekyk ,na ½ uur uitgeloop en nie by die kasiere gestop nie want ons het niks gekoop nie. Sigarette en drank is die groot aantrekkings krag, sou jy in groot maat koop sal dit van waarde wees maar vir ons 2 maak dit nie juis ‘n verskil nie en ons het niks nodig gehad nie,kos of klere gewys nie. Oorkant die pad is ‘n pragtige inkopie sentrum klein maar baie nuut ,daar wel Glucucemien vir helfte van die prys gekoop as ook Omega 3.Vra die deurwag toe of daar ‘n Homebase, B& Q of so ‘n soort winkel daar is. Nee ons moet Omagh toe ry daarvoor.
Net na 2nm en ons is weer oppad verder die noorde in. Hou regs van Lower Loch Erne deur Irvinestown toe direk oos na Dromore en weer noord tot in Omagh, erg bekend vir die IRA bom wat daar ontplof het in 1998.Maklik op Homebase afgery en daar na grassnyers gekyk want dit was die eintlike rede vir die besoek aan die noorde, pragtige winkel maar niks anders as die een 12km van ons nie en die pryse presies dieselfde!!!!! Ons noem dit ‘n ondervinding in leertegnieke en neem die pad terug aan maar soos altyd neem ons nie maklik dieselde roete nie en ry suidoos op ‘n pragtige hoofweg na Achneclay wat op die grens is en ons is terug in die suide, County Monoghan,vandaar suidwes na Clones nog ‘n dorp op die grens. Net die buite die dorp sien ons ‘n rook wolk en skileik kom 2 ‘quadbikes op ons afgejaag dit was nogal skrikwekkend en sowat 300meter verder sien ons toe die kar wat op sy agterwile ‘wheelies’ doen al in die rondte en die teer op brand en die rubber van die bande 2 karre wat mekaar afwissel ons moes noodgedwonge wag tot die vertoning oor was voor ons kon deur ry. ‘n Wilde spul ek was banger as wat ek in Soweto se strate was. Dit blyk by navraag die volgende dag dat dit die jong spul is van die noorde wat tussen die grense wat zigzag vir 500m die toertjies uithaal op ‘n Sondag , niemand durf hulle aan nie en as die polisie van die noorde kom ry hulle 200meter verder in die suide in en anders om. Die polisie waarsku ons toe dat ons baie versigtig moet wees as ons op die grens ry want sulke gedrag is algemeen. Vandaar het ons sonder problem deur pragtige landskap terug tot in Cavan gery verby 3 groot mere en windmeule vir krag ‘n hele plaas wat toe is van die meulens.
So kom ons toe tuis sonder enige verdure ellendes net na 5nm en het die uitsappie ,behalwe vir die wilde ouens, baie geniet, die nuwe groen is so vars en glinsterend . Miskien sal julle dink ‘hulle is maar snaakse mense ,hulle raak lieries oor sonskyn , nuwe groen en lang dae ‘ maar as jy vir 5 maande aan kort en korter dae blootgestel was met wind, koue, sneeu, ryp en donkerte dan waardeer ‘n mens al die dinge soveeltemeer as wanneer jy dit eke dag as vanselfsprekend aanvaar.
Dit was woede, ongeloof,teleurstelling en ‘union’ vergaderings die week by die hospital. Die hoёr lui besluit toe om die minus 10% in ons slalrisse terugwerkend te maak na die vorige 2 weke. Ons word hier elke 2 weke betaal, vir werk gedoen week1 +week2 betaal week 3.effe Grieks maar dit is hoe dit werk . Die teater personeel staak to summier gister oggend met 52 gevalle op die lys want hulle werk baie hard en kannie verstaan hoekom ons 10% van ons salaries in die 1ste plek moet afstaan nie. Die gevalle in teater het weer begin toeneem sedert die begin van April .. die CEO moes glo mooi praat voor hulle weer gaan skrop het. Hulle neem nou net 5% van hulle vir die 2 weke wat verby is en dan 10%, ons het geen keuse nie want daar is net nie genoeg pasiente wat oornag nie. Dit kom van die mediese assuransie wat nou net betaal vir ‘n dag in die hospitaal. Groot operasies mag nou 4 dae bly en kinders 1 nag na tonsillektomie.
Die voortuin (meer langs die huis) lyk pragtig 5 hangmandjies met gesiggies, tulpe in blombakke en pragtige rooi nuwe blaar van een van die struike. Ek kan die eerste kooksel van die rubarber reeds pluk . Ons hoop dat die tamatie plante hierdie keer die paal sal haal!Die rose het pragtig uitgeloop en die rose teen die voormuur gaan pragtig wees, kan nie wag nie!
Ons het inmiddels die grasmasjien van die ‘mechanic’ teruggekry en hy werk weer en kos ons toe net €65 wat baie redelik is!
Verjaardae vir die week volgens my boekie wat nie volledig is nie , en dit is nie my skuld nie, want ek lees dat Paul van Haya ‘n verjaardag gehad het maar weet nie wanneer nie? Is my broer Mendel!
Paul laat jou pa asb weet dat ons baie spesiaal aan hom dink!
Leopold, ek verstaan jou frustrasie oor die nuwe visum besigheid baie goed en die korrupsie wat daartoe gelei het maar miskien moes jy nie stem nie, wie weet!
Hulle sal opmerk dat ek wel die simbole reggekry het maar alleen deur die brief in ‘Word’ te tik dan te’ copy’ en’ paste’ na my epos toe.
Ek groet, Almal SA toe gaan of alreeds daar is , geniet dit baie, die wat daarna uitsien, ie tyd word minder!
Wees altyd versigtig.
Onthou die gek om die hoek
‘n Baie Geseёnde Paas tyd vir julle almal!
Môre is nagmaal en alle Psalme is goed geoefen !
Liefde groete
Van ons 2 hier in Cranleymore! Ierland
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment