Saterdag
21 Maart 2009
Goeiedag familie en vriende,
Ek skryf hierdie briefie vanaf my nuwe ACER5920G skoot rekenaar. Dit is 'n wonderwerk dat ek so ver is want ek moes alles self laai en in werking stel en dit gaan maar met rukke en stote.Ek moet my hele adres boek oorskryf en vra dus dat almal net ontvangs van hierdie epos sal erken sodat ek almal se korrekte adresse kan invoer asook alternatiewe epos adresse asb.
Ek moet die 'printer'konnekteer maar is nognie sover nie probeer nog uitvind waar die port is vir die konneksie maar sal seker uitvind soos die dae aangaan. Finbarr sal wanneer hy kom vir my 'n paar dinge doen maar dit is in die toekoms. Intussen moet ek aangaan, die ou komputer se virus gevulde binnegoed gee toe verlede Sondag kennis en sterf toe terwyl ek nog eposse lees..nou ek weet daar was briewe wat ek nie oopgehad nie en wat nou vir ewig weg is ..die briewe wat na gmail of hotmail gestuur is het ek almal gekry maar die eircom adres wat aan die komputer gekoppel was het verlore gegaan.
Ons het die mees wonderlikste week met wonderlike weer agter die rug, Van Maandag het die son geskyn, daar was nie 'n wolk in die hemel nie,'n ligte brieise het soms gewaai maar dit was aangenaam.Omdat die lug wolkloos was het dit snag erg koud geword so koud dat dit Woensdag oggend geryp het. Gedurende die dag het temperature tot 17gr gestyg, mense het tot geswem in die see.idiote ..maar dis nou die Iere!
Vandag is effens koeler en ons het ook 'n buitjie reen gehad maar dit is nog steeds. Dit is ook heerlik om die son op jou vel te voel.Barry het die week sy eerste kleurtjie bygekry. Hy het 4 bome afgesaag en opgesaag en deur 'n 2de gat in die heining,spesiaal gemaak, die stompe hout per kruiwa op die hoop kom gooi hierdie kant.
Donderdag het tekens van erge vermoeienis begin wys en ek het erg bekommerd geraak maar met sy geaardheid moet alles vandag klaar. Gister het ek bietjie gehelp en al die klein hout opgetel en die area skoon gehark,maar min in vergelyking met die magtige taak wat hy die week verrig het.
Die goeie weer het dit makliker gemaak en die veld effe uitgedroog wat sake grootliks bevorder het.
Die tulpe is oop en die affodille staan kiertsregop met vrolike klokke, helder geel in die son!Op pad apteek toe vanmore stap ek by die een snuitery winkel verby ,die enigste ding wat hy nie verkoop nie bou materiaal en hy het net 'n besending van potplante en plantjies ontvang ek het dadelik die hele groep van primroses gekoop en die is reeds geplant en ons kothuisie begin weer na vrolike tuiste lyk.
Al die rose het pragtig uitgeloop en so-ook die vrugte bome.Die wit en pink bloeisels van die blom kersieboom lyk te pragtig en ons het Dinsdag,St Patrick Day, die gras gesny ...ons is dus goed op pad somer toe!!!!
By die werk gaan dit beroerd die 'credit crunch ' en resessie is besig om diep spore in ons werksgeleenthede te ploeg en baie mense is reeds afbetaal .Die hopsitaal is baie stil en ons is almal gevra om 'n dag 'n maand minder te werk. Ek werk reeds ure minder en het groot gedeelte van my nagdiens bylaag verbeur , omdat ek baie dae werk in die administratiewe afdeling en ook met die dae van onderrig vir die instruktriese kursus en om almal darem nog te laat werk gaan ons nou gereeld ook in die verpleeginrigting werk! Dit is nie speletjies nie!
Die dae is nou heerlik lank hier en dit maak alles meer draaglik!
Dit is Moedersdag hier by ons more en hoekom so vroeg weet ek nie maar die Iere is altyd anders. More is natuurlik die beste dag van die week en al die Psalme en Gesange is goed geoefen. Ek hoop almal wat Sondag as 'n dag van rus beskou en na die huis van die Here opgaan dit baie geseend sal vind
Verjaardae volgens my boekie, wat duidelik nie volledig is nie.meld dat Isabel die 28 ste verjaar en Anette die 30 ste. Ek sal nie volgende week vroeg genoeg kan skryf nie want ek is op kursus dus ons beste wense vir 'n pragtige dag aan albei
Daar is familie lede soos Hessie wat ek niks van hoor nie hoop alles gaan goed op die plaas!Ek wonder ook wanneer Haya haar operasie gaan he sal graag wil weet, ek dink nie jy kry my eposse nie Haya want jy antwoord nooit! Nine ek wens jou alles van die beste toe met die verpleging! Bly jy gaan dit tuis waarneem!
Ons het die hele week nie vuur gemaak nie maar vandag is dit wel kouer en Barry het sopas die vuur aangesteek en die rook alarm met mening laat afgaan, seker 'n teken dat ek moet ophou!
Ek groet
Wees altyd versigtig
Mag dit reen waar dit nodig is,
Liefde
Barry en Christina(Stien...ens)
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment