Friday, April 10, 2009

Groete vanuit Ierland

8 Maart 2009

Goeie dag allemaal,

In die afgelope 15 minute het ons die volgende ervaar. 'n Sterk wind en binne -in die wind was daar bondels van sneeu wat wild oor die Ierse velde gewaai het en net toe dit 'n lagie begin vorm gaan le die wind en helder sonskyn kom na vore met net hier en daar 'n verdwaalde vlokkie sneeu.

O winter, O winter waar is jou einde
die herfs druk en beur tevergeefs
die pasgebore lammers lyende
soekende na warmte maar bly beef!

Die sneeu bly vir my pragtig en ek kan my daaraan verkyk net jammer dat dit ook ysige koue saambring en ons hoop op warmte ver in die toekoms in waai!
Die blommetjies gaan rustig voort met mooi lyk en is min gepla daar hulle elke nou en dan met 'n ysige kombersie oordek word...ander soort plante hierdie!!!
Dit was 'n deurmekaar week het 2 nagte gewerk en was gister na Killenard Heritage Golf Klub(sowat 100 km van hier) waar ek die eerste dag van BLS kursus bygewoon het eksamen met lof geslaag het en nou deur is na die volgende rondte van studies. Daar le nog omtrent 18 uur van tuis studie voor, wat ek op die komputer moet doen en weer 'n eksamen skryf voor ek dan uiteindelik kan aangaan om instruktriese kursus te doen. Hulle maak goed seker jy weet waaroor dit gaan daar is geen afskeep in die voorbereiding nie, dit is seker!
Die Golf Club was uit die boonste rakke Miljoeners paradys, die huise om die baan kos gemiddeld €500,000 - 2 miljoen en die golf baan is pragtig, dit wat ek nou kon sien tussen die reen, sneeu ,sleet en seer kniee deur. Ek het sekerlik 6 ure altesaam op my flenter kniee moes deur bring hulle het op die ou end iewers vandaan 'n rubber matjie vir my gekry maar ek voel of ek deur 'n trein getrap is.elke siklus het 100 kompressies op die manikyn. 30/2 asemteue 5x agter mekaar ,ek was byna dood en ons het dit seker 'n honder keer gedoen elke keer met iets by. moes in die proses ook 'n aartjie verpletter het in die palm van my hand want die is nou potblou in die binnekant.
Ek kan skaar regop loop vanmore en daardie uur in kerk was werklik nie maklik en 2/3des daarvan voor die orrel!!!!maar dit bly die beste dag van die week.
Moenie sulke dinge aanpak as jy ouer as 60 is nie (ek dink mos ek is 35)
By die hospitaal gaan dit broekskeur, sommige nagte is daar geen pasiente nie en ons wat nagdiens doen word nou uitgedeel of dag diens of na die verpleeginrigting toe! Die mediese assuransie het alles gesny en meeste operasies moet nou as daggevalle gedoen word behalwe prostatektomies en historektomies maar vir hulle word daar nou net 5-6 dae toegelaat!
Groot plastiese gevalle wat 2 nagte oorgebly betaal self dus dit gaan darem nog aan , net dat daar nou byna niemand meer €6000 het om hul magies te laat wegsny nie. Die boobies kos nie so baie nie en hulle bly darem 1 nag!
Geldelike ellende is nie op my menu nie en ek stuur regs verby- daar is soveel werkloos n ou dat die koffers vir werkloses een van die dae leeg gaan wees!
Die skietery in Antrum is 'n slegte teken - ek wonder of daar ooit vrede sal wees!
Zimbabwe maak elke dag die nuus hier as dit nie die Cholera is nie is dit die president en sy 1ste minister!baie jammer oor die dood van sy vrou!
Die klomp bank bestuurders hier wat lekker geld uit die bank geneem het op die skelmste wyses het ons land diep in die ellende gedryf, bo en behalwe die resessie, sal maar sien wat die toekoms op lewer.
Australiee loop sleg deur eers die brande en nou die weer wat in die Barrier Reef gebied ellende veroorsaak!
Ek hoop van harte dat die wat nie op my verjaardag lysie is nie, lekker verjaar het.
Opregte goeie en mooi wense aan Jaco van Gerhardus en Belinda met sy verjaardag die 14 wat eers Saterdag is en ek sal wel later vir hom 'n kaartjie stuur! Ek hoor van ander kinders wat ook verjaar maar weet niks van hulle af nie bv Paultjie in Dar????
Ons is albei gesond en baie bevoorregt om rustig hier in die platteland van Ierland te woon en tel ons seeninge elke dag!Barry gaan voort as of hy 'n jongman is. kap bome af en sny hulle op en kry hulle oor die heining, wat in sigself 'n wonder taak is! Die gras sal eersdaag gesny moet word anders verander die agterplaas in 'n oerwoud!
Ons dink aan almal op plase , dat die reen op die regte tyd val en genoeg, dat die wat siek is beter word,en die wat studeer dit goed doen !
Veels altyd versigtig.
Liefde groete
Vanuit 'n deurmekaar Ierland!
Barry & Christina( Stien..ens)

No comments: