Goeie dag allemaal,
Die fotos het per ongeluk almal deurgegaan en die wat ek gekies het was tussenin ,,dus het julle nou die plesier van al die fotos wat vandag geneem is voor kerk en na kerk!
Soos julle kan sien , dit is droee sneeu wat heelwat meer verdraagsaam is as die slush wat ons die hele week beleef het...dit is nat en as dit daarop ys dan gly gly jy tot by jou bestemming.
Ek kla nie ek geniet elke oomblik, spring uit die bed en eerste ding is ,ek kyk of daar sneeu geval het. Hier is geen probleme nie maar elders het dit veel erger ge sneeu en soos Gerlof beskryf ellende op paaie en veral die aanloopbane van die vliegtuie bedinges en baie vlugte moes gekanselleer word.
Ek kan nie sien hoe die tulpe en affodille vorder nie want hulle is toe onder die sneeu al die hele week...Vrydag oggend egter het die son helder geskyn en Barry het ewe goedmoedig aangekondig dat lente gearriveer het tot 1/2 4 toe dit weer begin sneeu het! en die temperatuur met 4 grade in 10 minute gesak het...die temperatuur meter is voor die agterdeur en ek hou die ding baie goed dop!
Donderdag was ek op kursus en word toe goeder trou ingesleep om nog 'n kursus te doen more in Tullamore...maar ter voorbereiding moet ek op die komper registreer en deur 5 modules werk wat hulle se 4 ure sal neem maar vir iemand waarvan die grysstof alreeds aan die afneem is en nie meer so aktief is nie het dit meer na 12 ure gevoel..die komputer gee my toe baie probleme en ek moes op Finbarr se knoppie druk ,hy het toegang tot my komputer vanuit Dublin om my te help maar gee toe ook op na 2 ure en moes ek van die video's ens maar laat verby slip en daarom moes ek nog harder studeer! Gisteraand is ek uiteindelik na 2 dae se BArry verwaarlosing en my boude deurgesit op die komputer stoeltjie wat defenetief nie gemaak is vir ure se sit nie, kom ek toe by die eksamen uit...doen dit kry 96% en dag ek doen dit nie oor nie ,klink goed genoeg vir my en sal die sertifikaat druk...maar nee se hierdie komputer ek het geen een van die modules gedoen nie en moet van vooraf begin om 'n sertifikaat te druk....dit is toe net daar wat ek moed opgee... het byna in trane uitgebars maar besluit toe ek is te moeg om te huil sal maar net die kursus leier kontak en vertel wat gebeur het, hier 9nm maak ek toe kontak met haar en sy glo my en se dat alles reg is , ek hoef dit nie weer oor t edoen nie...dankie tog!!!!
More moet ek 5vm uit die vere, bietjie van 'n ompad wat ek moet ry..eers Kaap toe dan Durban toe of so-iets en hoop dat dit nie te veel sneeu deur die nag nie en moet die pad aandurf na Tullemore waar ek 'n 10 ure Paediatric Life Support kursus gaan bywoon...weet werklik nie waarom ek my altyd in die ellendes laat verval nie..maar die koeel is deur die kerk en sal ewe dapper my deel gaan doen..en hoop vir die beste...2 jaar gelede het ek ook onder druk die Adult life Support kursus gedoen en Donderdag gehoor dat net 3 van die 20 die kursus geslaag het en dat die kursus leier my nog steeds onthou! Wow , ek moes seker of deur my lawigheid of onbegryplike deursettingsvermoee 'n indruk op haar gemaak het!
Nou ja die film gaan begin en my tee is koud. kerk was uiters goed 20 min preek want die predikant moet 40 km terug in die sneeu!
Heerlik gesing...tot eer en verheerliking van God! Sondag is my beste dag van die week.!!!!
Hoop van harte dat daar waar die brande erg in Australiee is dit onderbeheer gebring sal word en ook in Stellenbosh!
dat dit sal reen waar dit
droog is en dat die aangeplante gewasse mooi sal groei op al die plase en dat dit met JAco daar in Reitz ook goed sal gaan!
Hoop almal het lekker verjaar!!!!!
Kyk mooi waar jy jou voet neersit, wees versigtig op die paaie
Liefde groete
Die Dunnes in Cranleymore!
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment