Friday, April 10, 2009

Ierland terug in Winter

Goeie dag familie en vriende,

Ek het nou byna 'n uur gespandeer om julle adresse intetik en ek is kapoet, Barry wag geduldig dat ek die brieg klaar skryf en dit duur gewoonlik 'n uur maar nou is daardie uur lang verby. Dit is bitter koud en verlede week se heerlike weer is iets van die verlede..en ons bibber en beef behoorlik .Ons het 1vm vanoggend na somer tyd aangeskuif en nou is die dae nog langer as wat dit gister was,insigself heerlik maar sou lekkerder gewees het as die wind wil gaan le en die hitte van die son 'n kans kry om ons warm te bak .
Ek het gisteraand teruggekeer van die 2daagse instruktriese kursus,waarvan ek die eerste deel 3 weke gelede geslaag het en nou met vrymoediheid my ou grys kop kan lig met trots dat ek die oudste onder die spul jonges die kursus met lof geslaag het! Ek ondervind wel pyne in spiere wat ek nie besef het ek het nie van 20 ure op my kniee(ekskuus Gerlof se hulp om umlaut en kappie te vind wil nie werk nie) met 100 kompressies op 'n dummie se sternum neerbuig en 2 asemteue tegee,verg nogal akrobatiese bewegings ,veral as jy dit 30:2 x5 moet doen en elke keer iets by, nou ja dit het wel vrugte afgewerp en ek moet nou nog net my eie praktiese klas voor 'n eksaminator afle dan is ek ten volle gekwalifiseerd vir 2 jaar om onderrig te gee in BLS vir 5 verskillende groepe.
Ons ,ek en die ander nurse het oorgebly in B & B baie deftig, splinternuut!!!
Die tuin begin nou weer leef,tenspyte van die koue ,Die affodille is al aan die dood gaan op ander plekke maar by ons kom hulle nou eeers in blom! My tulpe wat eers later moet blom staan helder en kiertsregop in die blom bakke te pragtig!
Die bloeisels val nou en die bome kry blare,'n nuwe groen lemmetjie kleur verskyn nou orals langs die pad waar die heinings begin blare kry, moet erken dat dit seker een van die moeiste dinge in die natuur is, die nuwe groei!
Die predikant het saam gespeel en baie bekende Psalme en Gesange opgegee vir die diens vandag wetende dat ek min tyd vir oefen gehad het maar alles het wonderbaarlik goed gegaan! Ryklik geseend die diens verlaat!
Die roei kompetisie op die Thems is aan die gang en die emosies loop hoog!
Isable ek hoop jy het lekker verjaar en More is dit Anette, Paul sal jy haar laat weet ,dat ons haar goeie wense stuur!
Twee jongelinge verjaar volgende Saterdag Devlin in PMB en Kayla in JHB hulle is 'n paar uur namekaar gebore!
'n Drukkie aan julle en lekker verjaar! 'n Kaartjie volg wel later oor die lug!
Hierdie week was ook troue week in Australia en ek hoop dat dit alles baie goed afgeloop het Joy!
Ek is moeg en my skouers brand nou .
Hoop en bid dat Haya se operasie 'n groot sukses gaan wees,dat Nine die beste verpleegster medalje sal verwerf!
Wees altyd versigtig op die pad, in die straat en tuis!
Hoop dit reen goed waar daar droogte is en dat al die oeste rykliks hul opbrengs sal gee!
Ek groet
Liefde
Ons in Cranleymore

No comments: