Saterdag 20 Junie
Goeie dag alle familie en vriende,
Die huis is sommer leeg en anders, Isabel vlieg seker al oor Afrika teen die tyd.
Ons het vroeg bed toegegaan gisteraand en om 01h25 het die wekker afgegaan vir opstaan, almal gou uit die bed, aantrek, Koffie gedrink en om 02h15 was ons op pad lughawe toe . . Behalwe vir aankomende verkeer dink ek het 3 karre by my verby gery anders was die pad ons s’n, moet sê dit is heerlik om sonder verkeer die pad aan te durf.
Ons was goed betyds en Isabel is deur die VERTREK deure so teen 04h10 en ons weer terug in die kar en op pad teen 04h25. Barry hou nie van troues, begrafnisse en ‘totsiens’ sê nie dus was dit omtrent ‘n ‘push and a shove’ en weg is Isabel!.
Tuis gekom net so paar minute na 06h00 en na ‘n 2de koppie koffie is ons bed toe en heerlik weer geslaap tot 09h30.
Nou ja, meeste van julle het die vakansie gebeure goed kon volg met die opstelle wat Isabel geskryf het en die ander het maar sleg uitgemis.
Sy het haar uitstekend van haar taak gekwyt en dit was heerlik om haar op besoek te he, ek sal haar geselskap mis maar ons was vir jare alleen en sal seker weer gou daaraan gewoond raak! Ons het darem baie plesier van die natuur om ons en die weer het regtig goed saam gespeel. Dae wat Isabel gebibber het het ek met kort moue en kort broek rond geloop en dus was dit vir my goed genoeg!
My tuin het ‘n vereerde verwenning ondergaan en die rose is ‘n produk van 4 weke se liefde en versorging! Die voeltjies om ons se eiers is of klaar uitgebroei, of sy sit nog op die nessie of hulle het klaar gevlieg!
Die wilde roos tussen deur die heining is in volle blom en lyk pragtig,en die word afgewissel met ‘woodbine’ baie naby aan die ‘honey suckle’ maar effens wild, die ‘elder’ plant wat tot groot bome kan groei is ook vol in blom en op plekke maak hulle ‘elder’ wyn van die bessies, by ons is dit vir die voels ‘n lekkerny! Ons het 6 weke gewag vir die Peone om oop te maak en nou is dit een groot plesier en volgens ander ruik tog na iets, ek het byna moed opgegee,maar na ‘n uitplanting het daar lewe verskyn en gee ons nou ‘n mooi uitsig vanuit die een kombuis venster.Ek kan al jare nie ruik nie dus gaan al hierdie wonderlike geure my neus verby sonder date k dit weet!
Die voorkamer het 2 malvas in elke venster wat pragtig lyk en met groot opgewonderheid wag ons dat die tier lelies moet oop gaan. Die voorste deel van die huis wat nou effe beskermd is deur die muur het 3 halwe hout vate voor die trellis en daarin groei pronkertjies, rank rosie en ‘n ranker van format met pers blomme ,sal wel ‘n foto stuur as dit alles in blom is.Die hang mandjies is baie pragtig en vrolik!
Ek gaan weer volgende Donderdag terug werk toe en volgens die saal bestuurder is daar min nag werk en sal ons maar sien wat gaan gebeur, 5 mense moet afbetaal word op dagdiens en een van nagdiens. Ek is glo veilig want hulle het teveel aan my gespandeer en ek moet opleiding doen vir die wat oorbly, die verpleegsters wat swanger is of met kraam verlof is mag nie aangeraak word nie, hulle werk nie eers nie maar die wat wel werk en goeie verpleegsters is moet nou afbetaal word. Maar ‘n wrede lewe en soms tog onregverdig!
Dit is byna die langste dag en kortste nag hier by ons en dan gaan alles weer redelik vinnig terug na normal maar intussen geniet ons die lang dae en die somer wat regtig nie te sleg is nie!! Baie beter, so ver, as verlede jaar!
Gerlof ons was nooit wakker om na sterre te kyk nie want dit het eers na ½ 11 snags donker geword en ander nagte was dit bewolk – dus geen Noorder ster besigtig nie!
More is natuurlik my beste dag van die week en die Psalme en Gesange is reeds geoefen , môre is dit die Evangelisasie predikant wat die diens waarneem want ons predikant is met verlof!
Ek lees met groot entosiasme die briewe wat inkom maar het wel gemerk dat
ek nie Paul van TAnzanieё se brief gekry het nie, enige rede daarvoor?
Verjaardae is daar geen in my boekie!
Ek groet met beste wnese aan almal wat eksamen skryf, of hard leer, die wat gaan reis ‘n veilige landing en wees altyd versigtig.
Baie groete aan tante Poppie en ons hoop dat dit nog in haar 100ste jaar wat byna verby is nog goed gaan!
Annemaria ek hoop en bid dat jou voete wel reg sal kom!
Baie liefde groete
Vanuit ‘n lower groen, geurvolle,kleurgevlekte Ierland
Stien & Kie( Christina vir ander)
NS! Die stuur van fotos vir my ‘n taak wat ek nie maklik sal aandurf nie! Van Piccaso? weet ek niks!
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment