Saterdag!15 Mei ‘10
Goeie dag allemaal, familie en vriende!
Temperature is misleidend, 14 grade buite maar met die wind faktor in ag genome is dit seer sekerlik nie meer as 9-10 grade nie ,na ‘n stappie buite is jou ore verkluim, jy bibber en beef as jy nie jou dik jas aangetrek voor jy uit is nie en selfs die ‘ash’ bome het nog nie blare nie! Dit is net nie warm genoeg nie en die son, alhoewel hoog in die hemel en net ‘n paar weke weg van omruil tyd, moet somer nog haar opwagting maak! Die dae is laaaaank en die nagte kort, maar die mooi warm weer wat ons beleef het die 3 weke vroeg in April is lank vergete!
Die tuin is effe bleek op die oomblik, die rhododendrons staan in volle blom en lyk wel pragtig,die een pot vol met geel gesiggies maak op vir ‘n mooi gesig maar anders is dit maar kaal! Die tulpe is klaar geblom en die rose kom nog aan, die pronkertjie saadjies het almal opgekom maar selfs hulle groei stadig. Die enigste plante wat nou werklik gegroei het is my 2 tamatie plante wat nou goed ‘n meter hoog staan in die ou voorportaal waar daar geen wind of weer dit kan verniel nie en dit lekker warm word as die son skyn! Ek het die malvas van verlede jaar wat wild begin lyk het opgesnipper en 9 nuwe plante gemaak wat almal mooi uitloop en ek sal kort voor lank weer my vensterbanke vol blomme hê!
Buite kom die aarbeie vinnig aan sommige het alreeds vrugte aan en ander staan in volle blom!. Appels gaan hopelik in oorvloed wees maar geen elke peer insig nie! Ek wag nog op ‘n antwoord van die ‘agricultural ‘ mense om te verduidelik hoekom daar geen bloeisels was nie!
Appelliefie, raspberries en blou berries lyk goed en ons het reeds 2x rubarber gekook en alle bottletjies volgemaak ,sal more ‘n paar kerk toe neem!
Ek hou die rose soos ‘n valk dop sodat niks met hulle verkeerd gaan nie , geen roes of luise so vêr nie!
Ons het vanoggend ‘n hasie oorkant die pad in die veld gesien, ons het heellaas geen hasies nie net voёltjies wat kleintjies voer dat dit gons! Ons is omring met voёl nessies en almal is baie besig, die swaeltjies het uiteindelik so 3 weke gelede gearriveer en dadelik begin werk aan die ou nessies! Hulle rus in die garage net soos van tevore ,darem wonderlik hoe die natuur werk!
Met die inwoners van die ‘estate’ gaan dit goed en is daar geen klagtes nie, het wel uitgevind waarom ek nie kan sien Sondae as ek my bril verruil nie, die lens het die elastisiteit begin verloor vanwee katerakt en daar ek direk in die familie lyn is ,is dit ook geen wonder dat e k ook daarmee opgesaal is nie, gelukkig is dit nou se dae so ‘n algemene operasietjie dat dit in ‘n dag gedoen word en jy saans tuis is,! In 1955 toe mamma se oё geopereer was moes sy met donker bril vir weke loop en toe kom die dikglasbrille lees en kyk, later jare is die glas met plastiek vervang en nie meer so swaar op die neus nie en nou loop baie mense sonde bril rond na die operasie! Ook wonderlik!
Ons wag op ‘n datum vir Barry se angiogram seker ook in die volgende 2 weke en die sal in Dublin plaas vind!
Met ons kleinkind gaan dit volgens ouers goed, Lukas gee Amanda bietjie opdraande snag met voeding maar andersins ‘n wonderlike baba! Ek werk so ongereeld dat ons nog nie weer ‘n kans gehad het om Dublin toe te ry nie maar hoop tog dat dit gou sal wees!
Ons dink aan al die jongmense wat hard leer vir eksamens veral hier in die noordelikie halfrond! Dit is hul eind eksamens en ons dink spesiaal aan Jeannie en Christiaan Potgieter in Longford, Marthie bring ons goeie wense aan die kinders oor, ons almal het dit oorleef!
Ander jongmense soos dokters in hul hospitaal jaar, vêr weg in Australiё en ook in SA ,dit sal darem baie lekker wees om van julle te hoor. Haya het jou Anneke nie ‘n epos adres nie en wil sy nie ook vir ons laat weet hoe sy die werk vind nie????Ons hoor so nou en dan van Thabo maar niks van Vetteman(Paul) nie, Kathleen wend darem so ‘n erge brawe poging elke nou en dan aan maar met haar op die nippertjie verwag ons nou nie te veel nie! Die Oubaas kinders op Universiteit is ook maar stil! Al ken hul ons nie , ‘n briefie is tog lekker om te lees!Pauli het een of twee briefies geskryf en so ook MarieJanke!
Die wat nie van die ganse wil weet nie, Hier is jul kans om te ‘Exit’!
Tussne die 5 veer wesens in die onderveld is Barry stadig maar seker besig om te leer van hierdie grasieuse dier wat eienaardige maniertjies het en hulle name goed ken! Die een wat op die eiers sit Ruthie , vandag is haar 32ste dag, sy het nog net 2 dae oor dan boender ons haar uit en kyk wat aangaan, ons het wel die gevoel dat alles vrot is , want sy het gister op ‘n eier getrap en gebreek en woes prober om dit uit die nest e verwyder, vandag het ons haar hekkie oop gemaak sodat sy buite toe kon gaan met die idée dat ons dan gou die eiers sal bekyk en skoon maak maar sy het wanhopig begin kekkel en hies, en Prins Scruffie het ons byna aangeval dus los ons dit toe maar weer eers, sal Maandag die bul by die horings pak! Ons het goeie, hopelik bevrugte eiers gereed om onder haar te sit as sy broois bly en dan so uiteindelik ‘n paar gansies op die werf te he, Alles is maar ‘n leer proses!
Die ander ganse is wonder ganse! Madam het nou 60 eiers gele , idioties wat my betref maar hoe laat ons haar weet dis nou genoeg, ons doen alles wat hulle in die boek aanbeveel en ook op die internet,maar sy hou aan lê!
Mary en Naomie gaan ook nog fluks voort! Mary het ‘n manier om rondom haar netjies te maak na sy ‘n eier gelê het ,alles is op sy plek as sy opstaan!
Sandra verjaar die 22ste en ons wens haar ‘n pragtige dag en jaar toe! Sy gaan ouma word en daar is seker nie ‘n beter geskenk nie!
Enige iemand anders wat verjaar Veels Geluk!
My nuus is op behalwe om te se dat ons dankbaar is dat die politiek in Engeland nou tot ‘n punt gekom het en dat die 2 hane die spul sal beredder tot ons voordeel!
Môre is die beste dag van die week en ek sal nie my bril ruil nie en net rustig voor die orrel bly sit tot die einde sodat die oё nie oorstelp raak nie en dat die gemeente darem die eertste 3 versies van die Psalm ook sal kan sing en nie eers die wysie herken ten die 4de een nie!”
Ons hoop en bid dat dit sal reen waar dit nog so droog is en dat al die oeste ingevorderd, goed sal betaal!
Groete van huis tot huis met ‘n laaste opdrag dat julle altyd versigtig moet wees!
Barry en Christina
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment